Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ‘SA gaan agteruit weens ANC-beleid’
‘SA gaan agteruit weens ANC-beleid’ [boodskap #119686] Do, 13 Mei 2010 16:09
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
‘SA gaan agteruit weens ANC-beleid’

2010-05-11 22:46
Pieter du Toit

Kaapstad. – Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR)
sê in ’n verdoemende verslag oor die stand van demokrasie in Suid-
Afrika die ANC se sentrale beleidsrigting van ’n “nasionale
demokratiese revolusie” (NDR) is die oorsaak vir die agteruitgang van
die land se prestasie.

“Die ANC probeer deur middel van die NDR seker maak ideologie troef
pragmatisme,” skryf dr. Anthea Jeffery, SAIRR-hoof van spesiale
navorsing, in ’n boek wat later vanjaar verskyn.

Die NDR is die regerende alliansie se beleidsraamwerk waarbinne die
transformasie van die maatskaplike en ekonomiese orde moet plaasvind.

Die SAIRR beoordeel die land se vertoning sedert 1994 aan die hand van
tien “pilare van demokrasie”, asook 170 afsonderlike aanwysers en
skets ’n donker prentjie van die afgelope jaar.

Pres. Jacob Zuma word gekap. Benewens die feit dat hy nalaat om
duidelike leierskap te gee, bly sy kabinet verdeel en onbeholpe terwyl
faksiegevegte in die ANC die regering verlam.

Dit is egter die NDR, volgens Jeffery grootliks deur die media
geïgnoreer, wat die grootste bedreiging vir demokrasie inhou. “Die NDR
is verantwoordelik vir kaderontplooiing, die skadelike aandrang op
demografiese verteenwoordiging en faksieverdelings in die regering.”

Hoewel die ANC beweer “onrus” en “revolusie” dreig as NDR-
beleidsrigtings soos regstellende aksie en swart bemagtigingsplanne
nie deurgevoer word nie, is dit net ’n klein elite wat daaruit
voordeel trek.

Die NDR is niks anders nie as ’n vorm van maatskaplike ingenieurswese,
soos apartheid was.

Die telkaart

* Demokratiese regering: 45% (met verwysing na die nasionale
demokratiese revolusie, kaderontplooiing, die agter-die-skerms-invloed
van die SAKP en Cosatu);
* Die oppergesag van die reg: 37% (met verwysing na advv. Vusi Pikoli,
Menzi Simelane, Mokotedi Mpshe en regter John Hlophe);
* Die beskerming van individuele regte: 65% (met verwysing na verskeie
hofbeslissings);
* Mediavryheid en die burgerlike samelewing: 61% (met verwysing na die
SAUK- en ANC-verhouding, verskeie wetsontwerpe en intimidasie);
* Rasseverhoudinge: 55% (met verwysing na wette met raskomponente, die
Reitz-vier en elitebemagtiging).

pdu...@beeld.com

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/SA-gaan-agteruit-weens -ANCbeleid-20100511
Vorige onderwerp: Malema skuldig bevind op een van vier klagte
Volgende onderwerp: Bejaarde Upingtonner vermoor; vrou aangerand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 12:30:25 MGT 2024