Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boere woedend oor reserviste-kwessie
Boere woedend oor reserviste-kwessie [boodskap #119652] Do, 29 April 2010 21:25
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Boere woedend oor reserviste-kwessie

2010-04-28 23:50
Charles smith en Corné van Zyl

WELKOM. – Die moratorium op die aanstel van reserviste is op 1 April
opgehef, maar boere is omgekrap omdat hulle steeds deur die polisie in
die Vrystaat weggewys word.

Boere het woedend gereageer op stellings dat hulle nie hul kant vir
plaasbeveiliging bring nie en nie bereid is om hulle as reserviste aan
te sluit nie.

Polisiewoordvoerders in die Noord-Vrystaat het egter gister bevestig
dat geen aansoeke vir reserviste aanvaar word terwyl ’n nasionale
moratorium geld nie – terwyl daar géén moratorium is nie.

Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir
wet en orde, het gister bevestig die moratorium is reeds op 1 April
opgehef. Boere kan hulle gaan aansluit as hulle wil.

Hy is verbaas dat sommige polisiekantore nie weet die moratorium is
opgehef nie. Dit sal op VL se landelike beveiligingsplan-vergadering
met die polisie se hoofbestuur op 12 Mei geopper word.

As boere hulle vasloop, moet hulle VL hiervan in kennis stel.

VL het reeds vier jaar gelede boere aangemoedig om hulle aan te sluit,
maar daar was soveel probleme dat die meeste dit laat vaar het. Op
Bothaville het boere hulle tot vier keer vergeefs as reserviste
probeer aansluit.

VL het ’n landelike veiligheidsplan met plaaswagte wat in samewerking
met die polisie optree – ongeag of die boere reserviste is of nie. Die
enigste verskil is dat hulle nou nie die mag het om inhegtenisnemings
uit te voer nie.

Brig. Phuti Setati, die nasionale polisiewoordvoerder, het teenoor
Earl Coetzee ontken dat daar enige moratorium op aanstellings of
bevorderings van polisiereserviste is. Hy sê hy is ook nie bewus van
enige planne om so ’n moratorium in werking te stel of ’n ondersoek
wat aan die gang is nie.

Boere van Hennenman is egter “lelik omgekrap” oor die uitlatings wat
mnr. Patrick Chauke, ANC-LP, verlede week in die parlement gemaak het.
Hy het gesê dit is boere se skuld dat plase onveilig is.

Daar is ook aantygings gemaak dat boere traag is om polisiereserviste
te word en nie by gemeenskapspolisiëringsforums en sektorpolisiëring
betrokke wil raak nie.

“Ons is baie kwaad oor die uitlating wat gemaak is. Ons probeer al ’n
jaar lank om polisiereserviste te word,” het mnr. Jaco de Villiers,
boer van die Hennenman-distrik, gesê.

Hy en ander boere het selfs aangebied om twee werkers van elke plaas
beskikbaar te stel om as polisiereserviste opgelei te word. Die
polisie van Hennenman het hul aanbod van die hand gewys weens die
moratorium.

Ao. Malebo Khosana, woordvoerder, sê dié moratorium is ’n groot
probleem omdat Hennenman dringend reserviste benodig.
Volgens mnr. John Moodey, DA-leier in Gauteng, was daar inderdaad ’n
moratorium, maar dit is opgehef. Die aanstelling van reserviste kan
nog nie geskied nie weens ’n ondersoek wat ingestel word.

“Daar word tans ondersoek ingestel oor reserviste wat hul mag-nommers
koop en nie die nodige kursusse voltooi om dié nommer te kry nie,” het
Moodey gister gesê. Volgens hom sal die aanstelling van reserviste
eers in werking tree wanneer die ondersoek afgehandel is.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-woedend-oor- reservistekwessie-20100428
)
Vorige onderwerp: Mites van grondrestitusie
Volgende onderwerp: Vermeende swart babaslaners wil vrygelaat word
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:21:48 MGT 2024