Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Rowers vermoor Pta-man by kind
Rowers vermoor Pta-man by kind [boodskap #119648] Do, 29 April 2010 21:18
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Rowers vermoor Pta-man by kind

2010-04-29 00:06
Hilda Fourie

’n Tweejarige seuntjie het rustig in sy bababedjie gestaan toe
gemeenskapslede van Boschkop, in die ooste van Pretoria, gister afkom
op sy bebloede pa, wat gruwelik deur rowers aangerand is.

Sy pa het in die aantrekkamer van dié vertrek gelê.

Kort daarna het die seuntjie se ma by die huis aangekom en terwyl
paramedici gespook het om haar man se lewe te red, het sy sy hand
vasgehou en hom gesmeek om by te kom.

Mnr. Dirk Human (41) het egter op die toneel gesterf.

Sy vrou, Yolanda, was ná die gebeure te getraumatiseerd om met Beeld
te praat. Sy kon ook nie ’n verklaring by die polisie aflê nie.

Terwyl gemeenskaps- en polisielede buite die huis op die hoewe in
Mooiplaats, in die Boschkop-omgewing, gestaan het, het me. Yolande
Barnard, ’n vriendin van die Human-egpaar, daar aangekom. Sy het
ineengestort en in trane uitgebars toe die nuus oor Human se dood aan
haar oorgedra is.
Barnard het drie nagte gelede by die egpaar oornag.

Gisteroggend se aanval op Human is uitgevoer minder as 24 uur nadat
byna 300 gemeenskapslede eergister saam met lede van die plaaslike
polisiekantoor deelgeneem het aan ’n teenmisdaad-operasie.

Ao. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal
mans het toegang tot Human se erf gekry. Hulle het die huishulp in
haar kamer toegesluit en Human in die huis aangehou.

Verskeie skote is geskiet in ’n struweling tussen hom en die rowers.
Hul ondersoek moet nog bepaal wie die skote geskiet het.

Dit is nie duidelik of Human getref is nie en die oorsaak van sy dood
moet nog bepaal word, het Stoltz gesê.

Beeld het verneem Human is ook met ’n skerp voorwerp in die gesig
gesteek, maar Stoltz kon dit nie bevestig nie.

Mnr. Johan van Wyk, ’n inwoner van dié gebied wat een van die eerste
mense op die toneel was, het gesê Human se buurvrou het die huishulp,
me. Lettie Lebina, se gille gehoor en omstreeks 07:20 gemeenskapslede
op die burgerbandradio in kennis gestel dat iets fout is.

Mev. Human en hul ander seun (8) het die huis omstreeks 06:50
verlaat.

Volgens Lebina het sy, terwyl sy in haar kamer toegesluit was, net ’n
“geraas” gehoor en iemand wat skree: “Skiet, skiet, skiet”.

Toe Van Wyk en nog twee buurtwaglede by die huis stilhou, het Lebina
vir hulle geskree die kind is in die huis. “Ons het in die huis
ingeloop en die seuntjie in die hoofslaapkamer gekry waar hy rustig in
sy bababedjie gestaan het,” het Van Wyk gesê.

“Hy het nie gehuil nie. Ons het sy pa in die aantrekkamer sien lê. Sy
pa was nét buite sy sig. Sy hande was met skoenveters vasgebind en sy
kop het in die kas gelê. Daar was baie bloed.

“Ons het met mond-tot-mond-asemhaling begin en gedoen wat ons kon
totdat die paramedici opgedaag het.”

Twee weke voordat Human vermoor is, het iemand ook probeer om by sy
huis in te breek.

Hy kon dit nie by die Boschkop-polisiekantoor aanmeld nie omdat dié
glo gesluit was, het Van Wyk beweer. Die huis is minder as 200 m van
dié polisiekantoor af.

Stoltz het by navraag gesê ’n polisiekantoor mag nie gesluit wees nie.
Volgens haar kon die deur toe gewees het weens die koue en het
beamptes moontlik in die kantoor agter in die aanklagkantoor gesit,
maar daar is altyd mense.

Human se Colt-bakkie wat geroof is, is ’n paar uur ná die voorval
verlate deur lede van die Pretoria-blitspatrollie in Mamelodi, in die
ooste van Pretoria, gekry.
’n Saak van moord en huisroof word deur die Bronkhorstspruit-trio-
taakspan ondersoek.

hfou...@beeld.com

Oorsprong:Beeld
( http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-vermoor-Ptaman- by-kind-20100428
)
Vorige onderwerp: Swartes-soek-n-wit-baas
Volgende onderwerp: Mites van grondrestitusie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 12:49:08 MGT 2024