Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is
Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is [boodskap #119616] Do, 22 April 2010 16:45
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is

2010-04-22 09:00
Hilda Fourie

Hy praat met haar en is seker dat sy hom hoor. “Maar mense, moet
asseblief net nie ophou om vir my vrou te bid nie.”

So het mnr. Jurie Steenberg (47) gister gepleit vir sy vrou, Suna
(43), wat Vrydag by hul huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos
van Pretoria, deur misdadigers in die kop geskiet is.

Sedert Steenberg op sy vrou afgekom het nadat sy geskiet is, waak hy
langs haar bed in die hoësorgeenheid van die Montana-hospitaal. Hy
gaan net huis toe om te bad en skoon aan te trek.

Volgens Steenberg is sy vrou se toestand bedenklik, maar stabiel. Al
is sy in ’n koma, haal sy op haar eie asem en haar hartklop en
bloeddruk is stabiel.

Oor die voorval kan Steenberg nie veel sê nie omdat hy nie tuis was
toe dit gebeur het nie.

Al wat hy weet, is dat daar baie skote was en op ’n kort afstand op sy
vrou geskiet is. Daarby moes die misdadigers mev. Steenberg ook erg
aangerand het, want benewens die beserings aan haar gesig is een van
haar voortande ook gebreek. Sy is in die kop, hand en been geskiet.
Niks is geroof nie.

Steenberg was eerste op die toneel nadat mev. Poppie Steenberg (75),
sy ma, om hulp geroep het.

Steenberg het die Kameeldrift-polisiekantoor, die Advanced Paramedic
Assist-nooddienste, lede van die Gebiedsbeskermingsaksie (GBA) in
Leeuwfontein, die res van die inwoners van die Kameeldrift-wyk en die
personeel van die Montana-hospitaal spesiaal bedank.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/2fjazgg )
Vorige onderwerp: Mandela was 'n MI6-agent
Volgende onderwerp: Werker skiet glo op plaasvrou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 12:32:18 MGT 2024