Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Werker skiet glo op plaasvrou
Werker skiet glo op plaasvrou [boodskap #119617] Do, 22 April 2010 16:46
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Werker skiet glo op plaasvrou

2010-04-22 02:51
Vicüs Bürger

’n Plaaswerker het na bewering ’n vrou op ’n plaas in die Reddersburg-
distrik probeer doodskiet nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy
drentel.

Me. Heilie Labuschagne (38) van die plaas Erasmusfontein het
wonderbaarlik ongedeerd van die aanval afgekom.

Lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Labuschagne het
gisteroggend gereed gemaak om na Bloemfontein te vertrek.

Sy het haar handsak, waarin ’n .22-pistool was, in die Ford Ranger-
bakkie, asook die voertuig se sleutel in die aansluiter gelos, terwyl
sy gou iets in die huis gaan haal het.

Sy wou die agterdeur sluit toe ’n 18-jarige werknemer haar terug in
die huis gestoot het.

Hy het haar na bewering twee keer probeer skiet met die pistool wat hy
vermoedelik uit die bakkie gesteel het. Nie een skoot het egter
afgegaan nie.

’n Ander werknemer het gesien wat gebeur en Labuschagne gaan help. Die
jong man het na bewering toe ’n skoot op sy kollega afgevuur, maar hom
gemis.

Hy het uit die huis gehardloop en in die bakkie gevlug.

Die polisie is oor die aanval ingelig en het naburige boere ontbied.
Hulle is gevra om by alle uitgangsroetes wag te hou.

Sowat 10km van die plaas het ’n boer die vermeende aanvaller
vasgetrek. Die vuurwapen is in sy besit gevind.

Die jong man is in hegtenis geneem en sal vandag in die Reddersburg-
landdroshof op aanklagte van poging tot moord, asook diefstal van ’n
voertuig en vuurwapen en ammunisie verskyn.

Mbambo sê in die ondersoek is gevind dat die verdagte sy werkgewer
vermoedelik probeer skiet het omdat sy hom vroeër gekonfronteer het
omdat hy drentel en nie werk nie. Die man het vier maande lank op die
plaas gewerk.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://tinyurl.com/26ys5ac )
Vorige onderwerp: Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is
Volgende onderwerp: Gewonde boer jaag deur muur ná plaasaanval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:13:06 MGT 2024