Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bejaarde ‘dankbaar sy is nie ook verkrag’
Bejaarde ‘dankbaar sy is nie ook verkrag’ [boodskap #119464] Di, 30 Maart 2010 19:53
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-25 14:59

Vicüs Bürger

Bloemfontein - “Ek is net bly hy het my nie verkrag nie,” sê Hester
Thomas (79) van Bloemfontein nadat haar aanvaller haar pimpel en pers
geslaan, gewurg en boonop op haar getrap het.

Dit is die derde wrede aanval in minder as ’n week in Bloemfontein en
omgewing waarin bejaardes wreed aangeval en beseer is.

Thomas is in die Pelonomi-hospitaal opgeneem.

Haar aanvaller het haar vermoedelik net vir kouevleis, kaas en
kledingstukke “verniel”.

Thomas van Lilaclaan in Gardeniapark het Dinsdag die
Dierebeskermingsvereniging (DBV) gebel om wilde katte uit haar tuin te
verwyder.

Die weduwee bly al twee jaar alleen in die huis.

Thomas het op die stoep gewag toe ’n lang man van tussen 25 en 30 jaar
opdaag.

Hy het werk gesoek, maar Thomas het gesê sy kan hom nie help nie.

Die man het weggeloop, maar later teruggekom en vir geld gevra. Thomas
het gesê sy het nie geld by haar nie.

Die man het haar toe aangeval en met ’n mes bokant haar linkeroog
gesteek. Hy het ook haar gordel afgesny en dit gebruik om haar te
wurg.

“Hy het my geslaan dat die bloed loop en om die huis gesleep,” sê sy.

Volgens haar het die aanvaller ook op haar bors getrap.

“Hy was sterk.”

Die man het die huis se sleutels wat aan ’n lint om haar nek was,
gevat en die huis oopgesluit.

Thomas is in die huis gedwing.

Die dapper vrou het terugbaklei. “Ek het hom al sy hel gegee.”

Van haar tone is blou van hoe sy haar aanvaller geskop het.

Sy het ook ornamente in die huis gegryp en hom daarmee geslaan.

Die aanvaller het in ’n hangkas gordels en ander artikels gekry
waarmee hy Thomas vasgebind het.

Sy is in die badkamer toegesluit en het eers ure later daarin geslaag
om haarself los te wikkel.

In die badkamer was ’n spaarsleutel en sy kon die deur oopsluit.
Thomas is toe na haar bure, wat die polisie ontbied het.

Dit blyk al wat die aanvaller gesteel het, was kouevleis, kaas en
vermoedelik kledingstukke.

Denis Thomas, ’n sakeman van Bloemfontein, sê dit is onaanvaarbaar wat
met sy stiefma gebeur het.

“Sy is ’n goeie mens.”

Volgens hom is sy ’n sterk vrou met ’n wil van haar eie en sal die
nagmerrie-ervaring kan verwerk.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die huisroof bevestig.
Volgens hom is niemand al in hegtenis geneem nie.

Dié aanval kom nadat ’n gesin Sondagaand in Jagersfontein deur ses
mans met grawe en messe aangeval is.

Onder die slagoffers is mev. Francina van Vuuren (77) wat met bloeding
op die brein in die Pelonomi-hospitaal in die stad opgeneem is.

– Volksblad

Oorsprong:Nuus24
( http://tinyurl.com/yjsxlq8 )
Vorige onderwerp: Ander siening oor die Sharpeville-gebeure
Volgende onderwerp: ANC gaan hof toe oor 'Skiet die boer'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:38:32 MGT 2024