Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Ander siening oor die Sharpeville-gebeure
Ander siening oor die Sharpeville-gebeure [boodskap #119463] Di, 30 Maart 2010 19:30
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
deur Buurman van Cato Manor

2010-03-27 11:57

Wat 50 jaar gelede by Sharpeville gebeur het, was ’n groot jammerte.
Maar die laaste paar dae is ons gepeper met berigte van hoe die
“apartheidspolisie” so wreed was om soveel mense dood te skiet wat
“vreedsaam” betoog het.

Vyftig jaar gelede het ek in Westville gewoon, reg langs Cato Manor,
waar nege polisiemanne (wit en swart) ’n week voor die Sharpe­ville-
tragedie met pangas in klein stukkies opgekap is.

In daardie tyd wou die meerderheid swart mense niks met die ANC/SAKP
te doene hê nie en hulle wou in vrede woon. Maar hulle het in vrees
gelewe omdat die opstokers sulke weerlose mense vermoor het as hulle
nie wou saamwerk nie.

Destyds het die polisie almal gehelp, ook swart mense, al was hulle
hóé gevaarlik. Maar dié keer het die polisie hulle in ’n lokval bevind
met tragiese gevolge.
Die optog na die polisiestasie in Sharpeville was lank voor die tyd
gereël. Op pad is almal gedwing om saam te loop, anders sou hulle
daarvoor moes boet.

Ons moenie vergeet nie dat die opstokers van daardie tyd meer as 300
van hul eie mense lewend met die barbaarse halssnoer-metode
doodgebrand het.

Hoe sou enigiemand gevoel het in die skoene van daardie polisiemanne
met net ’n draadheining tussen hulle en die aankomende massas wat al
hoe nader gebeur het, met ’n opruiende dreunsang van “Cato Manor, Cato
Manor”?

Met die wete van hul makkers se lot die vorige week in Cato Manor kan
’n mens verstaan dat die jong polisiemanne in Sharpeville daardie dag
paniekbevange geraak het. Vandag, in ons gemakstoele, is dit maklik
vir ons om hulle te veroordeel.

Oorsprong:Rapport
( http://tinyurl.com/yk8x8ca )
Vorige onderwerp: Wetstoepassers teister al meer, is baie aggressief
Volgende onderwerp: Bejaarde ‘dankbaar sy is nie ook verkrag’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:42:14 MGT 2024