Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Mugabe gaan Julius touwys maak
Mugabe gaan Julius touwys maak [boodskap #119456] Di, 30 Maart 2010 19:11
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-29 21:45

Cobus Coetzee

Mnr. Julius Malema, ANC-jeugliga-leier, is op pad na Zimbabwe om onder
meer te gaan kyk hoe nasionalisering daar werk.

Luidens ’n verklaring wat die jeugliga gister uitgereik het, gaan hy
en ’n afvaardiging van nog agt jeugliga-lede met pres. Robert Mugabe
vergader en jeugdiges van sy Zanu PF-party ontmoet.

Malema en sy gevolg sal op Goeie Vrydag na die buurland vertrek en
beoog om Maandag, op Gesinsdag, na Suid-Afrika terug te keer.

Die ANC-jeugliga wil later vanjaar ook na China, Chili, Venezuela,
Brasilië en Kuba toer om dié lande se “suksesse en mislukkings” in
nasionalisering te ondersoek.

Malema en die jeugliga eis sedert einde verlede jaar Suid-Afrika se
myne moet genasionaliseer word.

Die besoek kom te midde van struwelinge tussen Zimbabwe se
parlementslede en die land se minister van mynbou, mnr. Obert Mpofu,
asook ander ministers van Mugabe se party, oor ’n ondersoek na die
diamantmyn buite Chiadzwa in die Marange-
distrik van die Manicaland-provinsie.

Me. Venitia Govender, ’n koördineerder van die Zimbabwe Blood Diamond-
veldtog wat uit talle nie-regeringsorganisasies (NRO’s) bestaan, glo
daar is bewyse van menseregtevergrype deur die Zimbabwiese weermag en
smokkelhandel in ongeslypte diamante.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/ydb4ypg )
Vorige onderwerp: Edwill in sy huis oorval
Volgende onderwerp: Pa, seun koes vir koeëlreën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:02:29 MGT 2024