Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Te kwaad om te vergewe, getuig seun
Te kwaad om te vergewe, getuig seun [boodskap #119419] Do, 18 Maart 2010 16:45
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Te kwaad om te vergewe, getuig seun

2010-03-17 00:53

Mike van Rooyen

“EK het dit met my Skepper opgeneem. As dit die wil van God is om hom
te vergewe, laat dit so wees. Ek is egter nog heeltemal te kwaad en te
seer om dit te doen,” het supt. Leon Potgieter gister in die
Vrystaatse hooggeregshof getuig oor die man wat sy pa, André (72), op
sy Waterbron-hoewe by Bloemfontein vermoor het.

’n Emosionele Potgieter van die polisie in Welkom het ter
strafverswaring getuig mnr. Joseph Lechuti (38) het sy pa, wat ook sy
vriend en ’n goeie man was, vir geen rede nie, “weggevat”.

Lechuti is deur regter A. Kruger tot altesaam 35 jaar tronkstraf
gevonnis omdat hy op 13 Junie verlede jaar by mnr. Potgieter
ingebreek, hom beroof en vermoor het.

Hy moet 25 jaar van die vonnis uitdien voordat hy vir parool in
aanmerking kan kom, het regter Kruger gelas.

Potgieter het getuig as hy sy hande op Lechuti kan lê, “dink ek, sal
hy baie anders as nou lyk”.

“My pa is soos ’n insek doodgemaak deur iemand wat hy nie geken het
nie en vir wie hy niks aangedoen het nie.”

Hy het oor sy skrywer- en joernalis-pa getuig dat hy ’n liewe mens was
wat uit sy pad vir sy medemens sou gaan.

Hy was ’n saggeaarde mens wat goeie verhoudings met almal, ook die
werkers op die hoewe, gehandhaaf het.

Hy was nog baie aktief en het nog al sy huiswerk self gedoen en sy
hoewe bestuur. Alles is pynlik netjies gehou. Hy was ook ’n kranige
musikant, fotograaf, het nog vryskutjoernalistiek gedoen en het sy
vloot voertuie onderhou.

“Hy het nie ’n oomblik stil gesit nie.”

Potgieter het getuig die wyse waarop sy pa vermoor is, was vir hom ’n
groot skok wat hy nou nog nie kan verwerk nie.

Sy gesondheid ly daaronder. Hy kry behandeling en sukkel om
woedebeheer toe te pas. “Ek kry woede en aggressie wat dit vir die
mense om my moeilik maak.”

Dit was nie nodig om hom dood te maak om sy goed te steel nie. Hulle
kon hom net in sy kamer toegesluit het en alles wat hulle wou hê dan
uitdra.

Adv. Sophie Giorgi, namens die staat, het betoog die gemeenskap is
siek en sat vir hierdie soort misdade, veral teenoor bejaardes. “Dit
skreeu ten hemele dat hy op só ’n barbaarse wyse doodgeslaan is.”

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://tinyurl.com/yacm7xn )
Vorige onderwerp: Haatspraak is die lont vir volksmoord
Volgende onderwerp: Man shot on farm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 15:06:20 MGT 2024