Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Elke plaasaanval in SA ‘kos ekonomie R1, 9 miljoen per jaar'
Elke plaasaanval in SA ‘kos ekonomie R1, 9 miljoen per jaar' [boodskap #119417] Do, 18 Maart 2010 16:42
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-16 23:57

Sarel van der Walt

Pretoria

Elke plaasaanval wat tot gevolg het dat ’n plaas stilstaan, kos die
ekonomie konserwatief geraam sowat R1,9 miljoen per jaar.

Dit het ook ’n baie nadelige invloed op voedselsekerheid in die land,
asook op die herstel van die ekonomie ná die wêreldwye ekonomiese
krisis, het die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SAKHN)
gister gewaarsku.

As ’n plaas se produktiwiteit net tydelik beïnvloed word, beloop die
verlies aan die bruto nasionale produk (BNP) meer as R160 000 per
maand.

Die SAKHN het sy kommer uitgespreek oor die hoë vlak van plaasaanvalle
en -moorde en wil dit met die regering bespreek.

Minstens twee boere en ’n boervrou het die laaste paar dae in
plaasaanvalle gesterf.

Talle boere het die skuld vir die moorde voor die deur van mnr. Julius
Malema, ANC-jeugligaleier, gelê. Hy het verlede week op ’n byeenkoms
van die Universiteit van Johannesburg gesing: “Skiet die boere, hulle
is verkragters.”

Die SAKHN grond sy syfer van sowat ­R1 932 869 per plaasmoord op die
3,22% wat die landbou in 2009 tot die groeisyfer bygedra het en die 39
982 plase wat daar in 2007 in die land was.

Die organisasie sê dié syfers is ’n konserwatiewe benadering wat
betref die gevolge op die ekonomie. Die grootte van plase en hul
produksievermoë is uitgesluit.

Die invloed van plaasaanvalle op werksekerheid, die plaaslike
voedselbedryf, die sektor se vermoë om internasionaal mededingend te
wees en die verskillende soorte plase en boerderybedrywe is ook nie in
ag geneem nie.

Mnr. Henk van de Graaf, woordvoerder van TLU SA, het gesê uit hul
navorsing blyk dit dat nadat ’n boer in ’n plaasaanval dood is, dit
ongeveer 18 maande neem voordat die plaas weer op sy ou
produksievlakke is.

Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike
veiligheidskomitee, het gesê wat baie pla, is die feit dat daar in die
sewe plaasaanvalle sedert Malema se uitsprake verlede week in die
meeste gevalle niks gesteel is nie. “Dit laat ’n mens wonder wat die
motiewe dan was.”

Die polisie het verlede week aangekondig ’n hersiene
veiligheidstrategie waarin die klem op sogenaamde sektorpolisiëring en
die betrokkenheid van reserviste sal val, is van 1 April van krag.

Dit het ten doel om die polisie se dienslewering en sigbaarheid in
landelike gebiede te verbeter, reaksietye te verbeter en beter
kommunikasie en groter samewerking in landelike gebiede te
bewerkstellig.

- Die Burger

Oorsprong:Die Burger
( http://tinyurl.com/ybptu38 )
Vorige onderwerp: Boer met kopskoot vermoor
Volgende onderwerp: Haatspraak is die lont vir volksmoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 23:57:16 MGT 2024