Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Plaasvrou koelbloedig vermoor
Plaasvrou koelbloedig vermoor [boodskap #119405] Ma, 15 Maart 2010 18:48
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Plaasvrou koelbloedig vermoor
2010-03-15 15:34

Durban – Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n soektog vir vier mans van
stapel gestuur nadat die vrou van ’n boer Sondagaand in Colenso
doodgeskiet is, het die polisie gesê.

Die boer (70) is twee keer geskiet, maar hy het die voorval oorleef en
sterk tans in die hospitaal aan, het supt. Jay Naicker gesê.

“Die boer was besig om die koeie saam met sy werkers te melk toe hulle
deur vier gewapende mans genader is. Die mans het geld geëis en sy
vrou (64) is doodgeskiet,” het hy gesê.

Naicker het gesê die aanvallers het niks gesteel nie.

Die georganiseerde misdaadeenheid is tans besig om die voorval te
ondersoek.

Die Demokratiese Alliansie (DA) beskryf die voorval as 'n voorbeeld
van intimidasie.

"Die sinnelose moord op ‘n bejaarde vrou en die aanval op haar man is
net nog ‘n tragedie vir ons land,” het Tom Stokes, ’n lid van die DA
in KwaZulu-Natal gesê.

Hy het gesê die plaasmoorde is deur die sing van die struggle-liedjies
aangehits wat die doodmaak van boere aanmoedig.

Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om
homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te
distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-
Afrikaners dood te maak”, het Sapa vroeër berig.

- Sapa
( http://tinyurl.com/yjz8qbw )
Vorige onderwerp: Hoor die boere se noodkreet, pres. Zuma
Volgende onderwerp: Boer in selle ná hy aanvaller ontwapen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 20:30:45 MGT 2024