Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ‘Malema mag sê: Skiet die Boere’
‘Malema mag sê: Skiet die Boere’ [boodskap #119399] Ma, 15 Maart 2010 14:11
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Malema eergister op die Doornfontein-kampus.

2010-03-10 22:08

Cobus Coetzee, Sarel van der Walt en Felix Dlangamandla

Die ANC staan by mnr. Julius Malema nadat die ANC-jeugligaleier in ’n
opruiende liedjie gesing het: “Skiet die Boere, hulle is verkragters!”

Die Menseregtekommissie (MRK) het tien klagte van haat­spraak teen
Malema ontvang nadat hy eergister oor en oor saam met 250 studente by
die Universiteit van Johannesburg se Doornfontein-kampus gesing het:
“Dubula ama-Bhunu baya raypha.”

Mnr. Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, meen die klagte is ongegrond
en Malema se optrede is nie haatspraak nie.

“’n Mens kan Ju­lius nie daar­voor kruisig nie, hy sing net ’n
bevrydingstrydlied. Beteken dit nou ons kan nie meer dié liedere sing
nie?”

Die ANC verstaan nie hoe Malema vir ’n rassis uitgekryt kan word nie.

“Soms sing ons dié lied, want ons herinner onsself aan waar ons
vandaan kom,” het Mthembu gesê.

Volgens hom verwys die amaBhunu nie na boere of wit mense in die
algemeen nie, maar na dié wat swart mense steeds onderdruk.

Mthembu het daarop gewys dat die lied wat Malema gesing het, nie die
slagspreuk “Kill the farmer, kill the Boer” is nie.

Mnr. Carl Niehaus, destyds die ANC se inligtingshoof, het in 1993 aan
Beeld gesê die party se nasionale uitvoerende komitee het besluit dié
slagspreuk is taboe.

Volgens Mthembu is albei egter deel van die land en die ANC se
geskiedenis en sal steeds gesing word.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier en adjunkminister van landbou, bosbou en
visserye, het gister ’n strafregtelike klag teen Malema by die polisie
ingedien.

Die Afrikanerbond het ’n klag by die MRK ingedien omdat Malema geweld
aangehits het.

“Dit is duidelik dat nóg die ANC-jeugliga nóg die ANC die politieke
wil of vermoë het om mnr. Malema tot orde te roep in sy daaglikse
tirades teen alles wat vir ons dierbaar is in Suid-Afrika,” het mnr.
Jan Bosman, bestuurshoof van die Afrikanerbond, gesê.

Mnr. Vincent Moaga, woordvoerder van die MRK, het bevestig hulle het
die klag, asook nog nege van individue, ontvang. “Ons verwag nog
meer,” het hy gesê.

Beeld verneem dat Zuma vanaand met verskeie Afrikaanse belangegroepe,
sakelui en sportmanne vergader.

Die sanger Steve Hofmeyr het gisteraand in ’n verklaring gesê hy het
sy uitnodiging van die hand gewys omdat hy ontnugter is met Malema se
optrede en ANC-leiers se stilswye.

Malema sal waarskynlik hoog op die agenda op die vergadering wees.

Dit word onder meer bygewoon deur prof. Piet Strauss, moderator van
die NG Kerk, AfriForum, TLU SA en die Springbok Victor Matfield.

Me. Helen Zille, DA-leier, gaan Malema dagvaar nadat hy haar ’n
satanis genoem het.

Oorsprong:Beeld

( http://tinyurl.com/ykaw3yg )
Vorige onderwerp: Stortvloed klagtes teen Malema
Volgende onderwerp: Hoor die boere se noodkreet, pres. Zuma
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 18:53:15 MGT 2024