Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Stortvloed klagtes teen Malema
Stortvloed klagtes teen Malema [boodskap #119398] Ma, 15 Maart 2010 14:09
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Stortvloed klagtes teen Malema

2010-03-10 12:23

ANC-jeugligaleier, mnr. Julius Malema, word deur 'n stortvloed klagtes
in die gesig gestaar nadat hy 'n rassistiese uitbarsting voor 'n
studentegehoor gehad het.

Malema het studente van die Universiteit van Johannesburg onder meer
aangehits om "Kill the boer" te sing.

Die Vryheidsfront+-leier en adjmin. van landbou, dr. Pieter Mulder,
beplan om 'n klag van haatspraak teen Malema in te dien.

"Spraakvryheid sluit nie in dat haat op grond van ras, geslag of
geloof aangeblaas kan word nie..."

Volgens die Sowetan het Malema onder meer gesê: Skiet die boere, hulle
is verkragters".

Oud-pres. Nelson Mandela het vergifnis bepleit, maar swart mense moet
nooit vergeet wat met hulle gebeur het nie, het Malema volgens die
koerant gesê.

Malema het glo ook die Kaapse premier, me. Helen Zille, daarvan
beskuldig dat sy 'n satanis is en kerke in die Wes-Kaap afbreek.

Oor me. Patricia de Lille sou hy glo onder meer gesê het dat geen
normale man met haar sou trou nie.

Malema het glo ook gesê dat rykdom van "mnr. Nicky Oppenheimer se
familie gevat moet word om aan die mense van Suid-Afrika te gee".

Mnr. Ernst Roets van Afriforum-jeug het gesê sy organisasie gaan 'n
klag by die Gelykheidshof indien. Dit is nie die eerste keer wat
Malema die Peter Mokaba-lied gesing het nie. Hy het dit verlede week
in Polokwane by sy verjaardagvieringe gesing - dis 'n provinsie waarin
ses boere die aflgelope maand vermoor is, het Roets gesê.

"Julius Malema is 'n verleentheid vir nie net die jeug nie, maar ook
vir die hele land."

Die Afrikanerbond het 'n klag by die Menseregtekommissie ingedien.

ANC-woordvoerder, mnr. Ishmael Mnisi, het vroeër gesê die party sal
met Malema praat oor sy uitlatings, maar later gese die ANC het nog
nie besluit of hulle met hom daaroor gaan praat nie. - Sapa

Oorsprong:Beeld

( http://tinyurl.com/ybola97 )
Vorige onderwerp: Sakeman geskiet toe hy uit stort kom
Volgende onderwerp: ‘Malema mag sê: Skiet die Boere’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:27:57 MGT 2024