Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Sakeman geskiet toe hy uit stort kom
Sakeman geskiet toe hy uit stort kom [boodskap #119396] Ma, 15 Maart 2010 14:03
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Sakeman geskiet toe hy uit stort kom

2010-03-03 23:16

Wolfram Zwecker

’n Sakeman van Bedfordview, Johannesburg, is gisteroggend koelbloedig
voor sy vrou doodgeskiet toe hy vermoedelik in reaksie op haar gille
uit die stort hul slaapkamer binnegestorm het.

Mnr. Michael Palm (50) van Kingsweg is doodgeskiet nadat rowers eers
die huiswerker en tuinwerker (wie se name nie verstrek is nie) by die
agterdeur en daarna sy vrou, Mary-Lynn (48), oorval het nadat sy die
agterdeur oopgesluit het, het kapt. Roelien Marais,
polisiewoordvoerder, gister gesê.

Die vermoede bestaan dat die rowers op die een of ander manier die
kode vir die veiligheidshek bekom het en só toegang tot die erf verkry
het. Toe die huiswerker omstreeks 07:00 by die huis opdaag, het die
vrou se motor in die oprit gestaan met een insittende in.

Die huiswerker het vermoed dit is die gesin se motorbestuurder en dat
mev. Palm wou ry.

Twee rowers het haar op pad agterdeur toe met vuurwapens aangehou.
Hulle het toe reeds die tuinwerker oorrompel.

Mev. Palm het oudergewoonte die agterdeur vir die huiswerker
oopgesluit. Dis is toe dat sy ook oorval en aangehou is.

Van die vier rowers het die tuinwerker en huiswerker in die kombuis
aangehou terwyl die res mev. Palm na die hoofslaapkamer gedwing en
geld geëis het.

Die vermoede is dat mnr. Palm die rumoer buite die stort gehoor het en
die slaapkamer ingestorm het om sy vrou te help.

Hy is koelbloedig in die bors geskiet, al het hy kaal uit die stort
gekom en dus geen wapen by hom kon gehad het nie.

Die moordenaars het daarna met mev. Palm se handsak, haar man se
beursie en ’n bos sleutels gevlug.

Hulle het nie enige van die gesin se motors gesteel nie.

Dit is nie bekend hoe hulle gevlug het nie.

Die egpaar se seun, Brain, in sy 20’s, wat in ’n woonstel bo-op die
garage langs die huis woon, het na buite gegaan toe hy die skoot
gehoor het. Die moordenaars was al weg.

Die egpaar se dogter, Hailey, ook in haar 20’s, het gisteroggend van
Rustenburg gekom om haar ma by te staan.

Mnr. Palm het sy eie spysenieringsmaatskappy bedryf met kantore in
Steeldale en Alberton.

Verlede Woensdag is mnr. Donovan Smith (75) van Dowerglen uitbr. 2,
Bedfordview, in die sitkamer van sy huis doodgeskiet.

Die sleutel was nog in die slot van sy veiligheidshek en sy beursie
het op ’n tafel by die lyk gelê.

Net sy selfoon is gesteel.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/yed7agm )
Vorige onderwerp: Dienste: Minister dreig wittes
Volgende onderwerp: Stortvloed klagtes teen Malema
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 14:24:27 MGT 2024