Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Dienste: Minister dreig wittes
Dienste: Minister dreig wittes [boodskap #119381] Ma, 08 Maart 2010 15:16
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Mnr. Sicelo Shiceka Foto: Dudu Zitha

2010-03-03 23:16

Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Wit landsburgers wat hul dienstegeld weens swak
dienslewering weerhou, kan hulle regmaak vir “oorlog”.

As gesprekke met die nasionale belastingbetalersunie (NBU) wat vir
volgende maand beplan word, misluk, gaan die regering wanbetalers hof
toe sleep.
So het mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, gister
tydens ’n ministeriële inligtingsessie gewaarsku.

Hulle “ondermyn” munisipaliteite, het Shiceka gesê en gewaarsku sy
departement sal hom tot die hof wend as die voorgenome samesprekings
met die NBU nie vrugte afwerp nie.

“Ons het uitgevind daar is meer as 280 organisasies – ongelukkig almal
wit – wat ’n parallelle regering vorm deur die geld wat
munisipaliteite toekom, in ’n trust te betaal. Dit ondermyn
munisipaliteite se vermoë om dienste te lewer,” het Shiceka gesê.

Volgens hom moet gegriefde inwoners eerder met die regering praat.

“Kom ons tree in gesprek oor die slaggate en die gebrek aan
dienslewering.”

Inwoners van sowat 300 dorpe oor die land heen weerhou hul belasting
en dienstegeld onder leiding van die NBU. Dié geld word in
afsonderlike rekenings betaal en gebruik om dienste op eie houtjie reg
te ruk.

Die minister het aan Beeld gesê hy gaan in April met die NBU
vergader.

“Vir nou stem hulle deur hul geld (te weerhou). Maar wat hulle doen,
is onwettig. Dis hoekom ons eers wil praat.

“As dit misluk, sal ons regstappe doen. Ek het my departement klaar
opdrag gegee om die moontlikhede te ondersoek.”

Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die NBU, het by navraag ontken hul
optrede is onwettig.

Hy het gesê in al die dorpe waar belastingbetalers geld weerhou, is
daar vooraf eers ’n dispuut met die munisipaliteit verklaar.

Volgens hom het Shiceka nog nie ’n afspraak met die NBU gemaak nie.

“Uiteraard sal ons met die minister vergader, maar hy moet sy
munisipale bestuurders saambring. Een ding moet hy wéét: Dit gaan nie
net by praat ophou nie, ons wil aksie sien.”

Shiceka het gister toegegee net behoorlike dienslewering sal inwoners
oortuig om weer hul dienstegeld te betaal. Volgens hom wil die
regering juis wit gemeenskappe betrek, “want hulle het die vaardighede
en die hulpbronne” om ’n verskil te maak.

Shiceka sal vandag, wanneer hy met LUR’s vergader, ’n strategie
voorhou om gewelddadige protesoptogte te beperk.

Volgens hom ondermyn dit die departement se omkeerstrategie.
( http://tinyurl.com/ycwv2vm )
Vorige onderwerp: Gautrain: Govt faces R10bn lawsuit
Volgende onderwerp: Sakeman geskiet toe hy uit stort kom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 18:55:37 MGT 2024