Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vrou geslaan, gebyt, verkrag
Vrou geslaan, gebyt, verkrag [boodskap #119309] So, 14 Februarie 2010 15:23
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-02-12 01:59

Wolfram Zweckler

‘Hulle het haar stukkend geskeur. As my hond besig was om my kind te
byt, sal ek nie aan die hond kan doen wat hulle aan my vrou gedoen het
nie,” het die man van ’n verkragtingslagoffer gistermiddag vertel.

Die 34-jarige vrou van Witfield in Boksburg aan die Oos-Rand was
eergisteroggend alleen tuis toe vier werkers wat besig was om ’n
grasdak op te sit, haar glo oorval het.

Sy het hul apies in ’n hok langs die oprit van die huis gaan kos gee
en daarna weer die huis binnegegaan en haarself toegesluit. Die
werkers was buite langs die oprit besig om die dak op te sit.

“Die voorman van die vier het so 12:00 se kant kom klop en vra sy moet
iets kom kyk. Toe sy die deur oopmaak het al vier haar gegryp,” het
die slagoffer se tannie gister by die huis vertel.

“Hulle het haar met draadhangers vasgebind en met ’n afgebreekte mes
in die nek gesteek en geslaan. Hulle wou geld hê en dan druk hulle hul
vingers in haar mond en sleep haar aan haar wang en kakebeen deur die
huis. Van kamer na kamer.

“Hulle het haar arm stukkend gebyt soos sy haarself probeer beskerm
het. Haar bene is stukkend en blou, haar oor bloei en sy kan nie mooi
uit die een oog sien nie,” het sy vertel.

Die vier mans het haar glo in die badkamer verkrag en toe verder deur
die huis gesleep.

“In ’n stadium moes een van hulle die redial-knoppie op ons
huistelefoon gedruk het. Toe ek die oproep ontvang en niemand praat
nie, het ek geweet daar is groot fout by die huis. Ek het huis toe
gejaag en my bakkie voor die hek gekry.

“Hulle het probeer wegjaag, maar het die bakkie laat vrek,” vertel die
man.

Die “voorman” het glo uitgespring, waarna die man hom gejaag en om die
hoek vasgekeer het. Hy het hom terug huis toe geneem en aan ’n paal
vasgebind waar die polisie hom kom haal het.

“Ek het toe eers gesien wat hulle aan my vrou gedoen het, maar was net
dankbaar dat sy nog leef.”

Hy het 10111 gebel, ’n voorvalnommer gekry en meer as twee uur op die
polisie gewag.

Intussen is sy vrou na die Roseacres-kliniek in Primrose, Germiston,
geneem.

Lede van die Boksburg-Noord-polisie het die ander drie verdagtes
gister in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, het konst. Cathy
Meyer, polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans verskyn na verwagting vandag in die Boksburg-landdroshof.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/99abb33f6 d7140daae0e032ae7b75d85/12-02-2010-01-59/Vrou_geslaan,_gebyt ,_verkrag
Vorige onderwerp: Afrika-geregtigheid
Volgende onderwerp: Eersterust-man spring dood vry toe hy 3 rowers pak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:28:07 MGT 2024