Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Eersterust-man spring dood vry toe hy 3 rowers pak
Eersterust-man spring dood vry toe hy 3 rowers pak [boodskap #119310] So, 14 Februarie 2010 15:33
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-02-12 01:59

Virginia Keppler

’n Man van Eersterust in die ooste van Pretoria het ’n skietdood net-
net vrygespring kort nadat hy drie rowers met sy kaal hande by sy
tuinwoonstel uitgefoeter het.

Mnr. Weylon Moses se nekhare en sy linkeroor is liggies geskroei waar
’n koeël, wat deur ’n vierde rower afgevuur is, hom rakelings gemis
het.

Hy en me. Susan Rosenberg, sy verloofde, was omstreeks 02:30 in hul
tuinwoonstel in Staticelaan aan die slaap toe drie rowers hul voordeur
en venster oopgebreek het om toegang te verkry.

“Toe ek wakker skrik het twee mans in die kamer gestaan en in
gebaretaal met mekaar gepraat. Ek het gedink ek droom en het my oë ’n
paar keer uitgevee.

“Toe spring ek op, gryp die twee en begin hulle te slaan. Ek was so
bang hulle verkrag Susan of doen iets leliks aan haar.”

In dié stadium het die rowers toe reeds die paartjie se selfone onder
Rosenberg se kussing gesteel. Moses het die tweede rower tot in die
sitkamer geslaan waar ’n derde rower bygekom het. Hy het daarin
geslaag om al drie by die voordeur uit te slaan.

“Die ander twee het weggehardloop, maar ek het die derde een
vasgegryp. Ek het hom gevra wat hy daar soek en het hom al hoe harder
geslaan, want ek wou hê hy moes skreeu, maar hy het net met sy hande
gekeer.”

Rosenberg het gesê terwyl Moses die rowers geslaan het, het ’n vierde
rower nader gekom.

“Ek het vir Weylon geskreeu en die oomblik toe hy vir my kyk het ’n
skoot afgegaan.”

“Op daardie oomblik het ek skielik ’n vuurwapen teen my kop en toe
teen my nek gevoel en toe ek opkyk na waar Susan was, het hy my
geskiet,” het Moses vertel.

Dit is die tweede keer dat daar by die paartjie ingebreek is. ’n Paar
maande gelede het diewe hul klere deur hul slaapkamervenster gesteel.

Dit is die tweede gewapende rooftog in Eersterust dié week.
Maandagoggend is mnr. Marzine Paulse (34) in sy bed in die bors
geskiet toe hy wou keer dat rowers sy seun (3) skiet.

Supt. Karel Swanepoel, Eersterust-polisiekantoor se bevelvoerder, het
gesê die Mamelodi-trio-taakspan ondersoek die voorval.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/c13db229b 72740049d6997665fd12821/12-02-2010-01-59/Eersterust-man_spri ng_dood_vry_toe_hy_3_rowers_pak
Vorige onderwerp: Vrou geslaan, gebyt, verkrag
Volgende onderwerp: SA moet besin oor reputasie van sy president
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 14:15:24 MGT 2024