Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Liewe Brenda
Liewe Brenda [boodskap #118692] So, 08 Februarie 2009 11:44
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Liewe Pieter

Ek hoop jy kan my help. 'n Paar dae gelede het ek werk toe gery terwyl
my man soos gewoonlik gesit en TV kyk het. Ek het nie meer as 2
kilometer gery toe my motor se enjin ingegee en die kar gaan staan
het.

Ek het terug huistoe gestap om my man se hulp te kry. Toe ek by die
huis aankom, kon ek my oë nie glo nie! Hy en die buurvrou was in die
slaapkamer weggevoer in 'n stomende liefdesessie.

Ek is 28 en my man is 30 en ons al 10 jaar getroud. Toe ek hom
konfronteer, het hy probeer wegkom met die storie dat hy in die
agterplaas was en 'n vrou hoor skree het. Toe hy nader hardloop om
haar te help, het hy haar bewusteloos gevind. Hy het die vrou in ons
kamer ingedra waar hy mond tot mond asemhaling toegepas het. Toe sy
bykom het sy onmiddellik begin om hom dankie te sê deur hom te soen, en
hy was besig om te probeer los breek van haar af, toe ek instap.
Maar toe ek vra waarom hulle albei geen klere aan gehad het nie, het
hy ingegee en erken dat hulle al vir ses maade in 'n verhouding is.

Ek het gedreig om hom te verlaat as hy hulle verhouding nie onmiddellik
tot 'n einde bring nie. Hy is ses maande gelede afgedank by sy werk en
hy sê dat hy toenemend teneurgedruk en waardeloos voel.

Ek is baie lief vir hom maar sedert ek 'n ultimatum gestel het, het
daar 'n kloof tussen ons ontstaan wat breër en breër word.

Ek dink nie ek kan deurdring tot hom nie. Wat stel jy voor?

Mev Brenda Groenewald

ººººººººººººººººººººººº

Liewe Brenda

Verskillende faktore kan aanleiding tot die staking van 'n voertuig se
enjin. Veral omdat dit gebeur het kort na jy vertrek het, stel ek voor
dat jy begin deur te kyk of daar nie opdrifsels is in die petrolpyp,
nie. Indien dit skoon is, kyk na die klampe wat die vakuum pype koppel
aan die inlaat-verdeelpyp. Indien geen van hierdie benaderings die
probleem oplos nie, kan die probleem ook by die petrolpomp
wees wat te lae drukking na die vergasser se dobberkamer bring.

Pieter
Vorige onderwerp: Vir Swart Simon...
Volgende onderwerp: Een van die 'ses anties' dink terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:50:54 MGT 2024