Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Hier kom disinvestment ..............................
Hier kom disinvestment .............................. [boodskap #113547] Wo, 14 Maart 2007 17:16 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Staat kry eerste opsie op alle grond
Mar 13 2007 10:32:19:303PM - (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

Gert Coetzee

KAAPSTAD. - Enigiemand wat grond besit, van dorps- en stadsgrond tot
plase op die platteland, sal in die toekoms hul eiendom aan die staat
as eerste koper moet aanbied as deel van die regering se
grondhervormingsplan.

In dié nuwe poging om grondhervorming deur te voer, is wetgewing op
pad wat eiendomsverkopers gaan verplig om aan die staat die eerste
opsie as koper te gee.

Mnr. Glen Thomas, hoof van die departement van grondsake, het gister
aan die parlementêre portefeulje?komitee oor grondsake gesê die Wet op
Grondvoorsiening en -bystand (wet 126 van 1993) gaan gewysig word dat
die staat die reg op eerste weiering (van aankope) kry vir alle grond
wat verkoop word.

Hy het geen tydskaal vir die veranderings aan die wet gegee nie.

"Kanse vir grondverkryging gaan verlore omdat die staat nie proaktief
aan grondaankope deelneem nie. Die wetwysiging sal alle grondverkopers
binne en buite die staat verplig om grond eerste aan die staat te
bied," het Thomas aan Die Burger gesê.

As 'n prysooreenkoms dan nie bereik kan word nie, gaan die "gewone
roete" (onderhandeling en uiteindelik 'n hofbeslissing) gevolg word.

Hy het ook gesê die departement ondersoek maniere om die skerp styging
in eiendomspryse te stuit.

Hopelik sal die gewysigde beginsel van gewillige koper en verkoper,
grondbelasting en 'n voorgestelde perk op grondbesit hiervan korte
mette maak, het Thomas gesê.

In die komitee het hy verwys na dié planne en die moontlike wysiging
van die Grondwet hiervoor, wat in 2006 uitgelek en 'n groot media-
bohaai ontketen het.

"Nou is ons reg om die planne in die volgende twee tot drie maande te
openbaar," het hy gesê.

"Dit word vervat in twee dokumente - een oor die gewilligheidsbeginsel
en een oor grondbelasting.

"Onteiening kan ook ter sprake kom," het hy gesê.

Thomas het erken die departement van grondsake is weens 'n
kapasiteitsgebrek nie gerat om sy mandaat vir grondhervorming na te
kom nie.

Derhalwe ondergaan die departement 'n organisatoriese herstrukturering
wat in die boekjaar 2007-'08 afgehandel moet wees.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2083109 ,00.html
Re: Hier kom disinvestment .............................. [boodskap #113549 is 'n antwoord op boodskap #113547] Wo, 14 Maart 2007 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 14, 7:16 pm, "Vuur" wrote:
> Staat kry eerste opsie op alle grond
> Mar 13 2007 10:32:19:303PM - (SA)
>
> Druk artikel
> E-pos storie aan 'n vriend
>
> Gert Coetzee
>
> KAAPSTAD. - Enigiemand wat grond besit, van dorps- en stadsgrond tot
> plase op die platteland, sal in die toekoms hul eiendom aan die staat
> as eerste koper moet aanbied as deel van die regering se
> grondhervormingsplan.
>
> In dié nuwe poging om grondhervorming deur te voer, is wetgewing op
> pad wat eiendomsverkopers gaan verplig om aan die staat die eerste
> opsie as koper te gee.
>
> Mnr. Glen Thomas, hoof van die departement van grondsake, het gister
> aan die parlementêre portefeulje?komitee oor grondsake gesê die Wet op
> Grondvoorsiening en -bystand (wet 126 van 1993) gaan gewysig word dat
> die staat die reg op eerste weiering (van aankope) kry vir alle grond
> wat verkoop word.
>
> Hy het geen tydskaal vir die veranderings aan die wet gegee nie.
>
> "Kanse vir grondverkryging gaan verlore omdat die staat nie proaktief
> aan grondaankope deelneem nie. Die wetwysiging sal alle grondverkopers
> binne en buite die staat verplig om grond eerste aan die staat te
> bied," het Thomas aan Die Burger gesê.
>
> As 'n prysooreenkoms dan nie bereik kan word nie, gaan die "gewone
> roete" (onderhandeling en uiteindelik 'n hofbeslissing) gevolg word.
>
> Hy het ook gesê die departement ondersoek maniere om die skerp styging
> in eiendomspryse te stuit.
>
> Hopelik sal die gewysigde beginsel van gewillige koper en verkoper,
> grondbelasting en 'n voorgestelde perk op grondbesit hiervan korte
> mette maak, het Thomas gesê.
>
> In die komitee het hy verwys na dié planne en die moontlike wysiging
> van die Grondwet hiervoor, wat in 2006 uitgelek en 'n groot media-
> bohaai ontketen het.
>
> "Nou is ons reg om die planne in die volgende twee tot drie maande te
> openbaar," het hy gesê.
>
> "Dit word vervat in twee dokumente - een oor die gewilligheidsbeginsel
> en een oor grondbelasting.
>
> "Onteiening kan ook ter sprake kom," het hy gesê.
>
> Thomas het erken die departement van grondsake is weens 'n
> kapasiteitsgebrek nie gerat om sy mandaat vir grondhervorming na te
> kom nie.
>
> Derhalwe ondergaan die departement 'n organisatoriese herstrukturering
> wat in die boekjaar 2007-'08 afgehandel moet wees.
>
> http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2083109 ,00.html

die praag weergawe:

Radikale nuwe grondbeleid
Geskryf deur Dan Roodt
Woensdag, 14 Maart 2007


Glen ThomasDie direkteur-generaal van grondsake, mnr. Glen Thomas, het
gister 'n radikale nuwe grondbeleid aangekondig in terme waarvan die
staat eerste opsie op aankope van alle grond - ook in stedelike
gebiede - verkry. Die Wet op Grondvoorsiening en -bystand (wet 126 van
1993) gaan binnekort hiervoor gewysig word.

Alle eiendomsverkopers sal verplig word om eers hul eiendom aan die
staat aan te bied wat sal besluit of hy dit wil aankoop of nie.
Volgens Thomas ondersoek die departement maniere om die skerp styging
in eiendomspryse te stuit. Van die maatreëls sluit in die afwyking van
die beginsel van "gewillige verkoper, gewillige koper", asook
grondbelasting en perke op grondbesit.

Die staat wil voortaan grootskaalse grondhervorming begin toepas.
"Kanse vir grondverkryging gaan verlore omdat die staat nie proaktief
aan grondaankope deelneem nie. Die wetwysiging sal alle grondverkopers
binne en buite die staat verplig om grond eerste aan die staat te
bied," het Thomas gesê.

Ook die Suid-Afrikaanse grondwet mag vir die doeleindes van
grondhervorming gewysig word. Die radikale nuwe planne sal binne die
volgende twee tot drie maande geopenbaar word. "Twee dokumente sal
gepubliseer word, een oor die gewilligheidsbeginsel en een oor
grondbelasting. Onteiening kan ook ter sprake kom," aldus Thomas.

Tot dusver kon die departement van grondsake weens "'n
kapasiteitsgebrek" nie sy grondhervormingsplanne behoorlik deurvoer
nie. Daarom word die departement binne die huidige boekjaar
geherstruktureer.

Thomas is in 2005 as direkteur-generaal van die departement aangestel.
Hy beskik oor 'n B-graad in kommunikasie van die Fort Hare-
universiteit en het een jaar van 'n tweejaarhonneurskursus aan die
Rhodes voltooi.

Sover dit beleid betref, steun die departement van grondsake blykbaar
swaar op 'n publikasie van die RGN wat deur die Harold Wolpe-trust
gefinansier is, The land question in South Africa onder redaksie van
Lungisile Ntsebeza en Ruth Hall. Harold Wolpe was 'n lid van die Suid-
Afrikaanse Kommunisteparty wat tydens die Rivonia-verhoor landuit
gevlug het en in 1996 oorlede is.

In die voorwoord tot die boek noem mev. AnnMarie Wolpe, die weduwee
van die Suid-Afrikaanse kommunis, dat hul trust in 2004 'n grondberaad
georganiseer het waartydens die betrokke referate gelewer is. Ook die
huidige direkteur-generaal van grondsake, Glen Thomas, was daar
verteenwoordig en het tot die kongres en boek bygedra. Volgens mev.
Wolpe, "bestaan daar algemene konsensus oor die behoefte aan
grootskaalse herverspreiding van grond ná eeue van ontvreemding".

Die uitgangspunt van Glen Thomas, asook die res van die bydraers tot
die boek, is dat blankes en Afrikaners "setlaars" is wat hul eiendom
op onregmatige wyse verkry het. Die vraag is nie of hulle van hul
grond moet afstand doen nie, maar hoe.

Volgens 'n opname vir die Instituut vir Geregtigheid en Versoening
deur James Gibson het 85% van swart respondente "stem saam" geantwoord
toe hulle gevra is of hulle saamstem of nie saamstem met die volgende
stelling nie: "Die meeste grond in Suid-Afrika is onregverdig deur
blanke setlaars bekom en het hulle vandag geen reg tot daardie grond
nie."

Ook meen die groep linkse navorsers wat deur die Harold Wolpe-trust
gefinansier is dat "grondherverspreiding bowenal 'n saak van
billikheid en gelykheid is. Dit sal ons amper altyd terugneem na die
geskiedenis as mense voel dat die manier waarop eiendomsregte vroeër
tot stand gekom het nie billik was nie. 'n Geskiedenis waartydens
boere se grond van hul afgeneem is stem dikwels in mense se denke
ooreen met 'n growwe onreg - 'n onreg wat reggestel moet word, ongeag
die gevolge."

Die "geskiedenis" waarna hier verwys word, is die Suid-Afrikaanse
geskiedenis soos dit geïnterpreteer word deur Marxistiese en neo-
Marxistiese historici soos Colin Bundy en Harold Wolpe self.

Nog 'n navorser en mede-redakteur van The land question wat nou
gemoeid is met die beleid van die departement van grondsake, is Ruth
Hall van die Universiteit van die Wes-Kaap. Volgens haar was die
radikale herverspreiding van grond deel van die skikking van 1994,
maar is dit nog nie behoorlik uitgevoer nie. In 'n onlangse
meningsartikel in die Mail & Guardian skryf sy, in 'n duidelike
verwysing na die komende verliese wat kommersiële boere en
grondeienaars gaan lei:

"Ons Suid-Afrikaners skyn lief te wees vir die idee van wen-wen
oplossings vir ons baie moeilike probleme. Maar die herverspreiding
van grond kan nie altyd tot gevolg hê dat almal wen nie."

Sy beskou insgelyks vergelykings van die ANC se huidige
grondonteieningsprogram met dié van Zimbabwe as "ongegrond" aangesien
Suid-Afrika s'n deur wetgewing en die grondwet gereguleer word.

Een van die metodes waarmee huidige eienaars van hul grond af gedwing
gaan word, gaan deur grondbelasting wees. Sodanige belasting sal nie
op die waarde of verbeteringe op die grond gehef word nie, maar op die
"potensiële produksievermoë" van 'n plaas. 'n Eienaar wat dus in die
stad bly met 'n wildplaas sal moet belasting betaal asof hy 'n
grootskaalse veeboerdery of saaiplaas aanhou.


Dat die radikale en dikwels kommunistiese navorsers waarop die
departement van grondsake steun egter nog vir 'n hele revolusie in die
land gaan sorg, is gewis. Een aspek van die komende grondrevolusie
berus op die linkse navorsers se geloof in die vermoë van kleinboere
op klein lappies grond wat hoër opbrengste as kommersiële boere gaan
lewer. Dit wil dus voorkom asof kommersiële plase onteien gaan word en
onderverdeel gaan word in kleinhoewes waarop 'n vorm van
bestaansboerdery gaan plaasvind.

Die navorsers erken ook dat grondhervorming soos dit veral in Suid-
Amerika en in Zimbabwe toegepas is dikwels tot geweld en maatskaplike
onrus lei, maar sien dit as 'n geringe prys om te betaal ten einde
geregtigheid en gelykheid te laat seëvier

http://praag.org/mambo/Radikale_nuwe_grondbeleid.html
Re: Hier kom disinvestment .............................. [boodskap #113553 is 'n antwoord op boodskap #113547] Do, 15 Maart 2007 05:51 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie so erg as wat dit lyk nie. Hier by ons in Namibië is dit al lankal
so. Dit betken dat as 'n boer beplan om sy plaas te verkoop, dan moet hy
dit eers aan die staat aanbied. As die staat die plaas nie as geskik vir
hervestiging beskou nie, dan kry die boer vrystelling om dit aan enige koper
te verkoop. Meer plase vir verkoop word by ons vrygestel as dit wat die
regering koop......
"Vuur" wrote in message
news:1173892591.122615.115630@o5g2000hsb.googlegroups.com...
Staat kry eerste opsie op alle grond
Mar 13 2007 10:32:19:303PM - (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

Gert Coetzee

KAAPSTAD. - Enigiemand wat grond besit, van dorps- en stadsgrond tot
plase op die platteland, sal in die toekoms hul eiendom aan die staat
as eerste koper moet aanbied as deel van die regering se
grondhervormingsplan.

In dié nuwe poging om grondhervorming deur te voer, is wetgewing op
pad wat eiendomsverkopers gaan verplig om aan die staat die eerste
opsie as koper te gee.

Mnr. Glen Thomas, hoof van die departement van grondsake, het gister
aan die parlementêre portefeulje?komitee oor grondsake gesê die Wet op
Grondvoorsiening en -bystand (wet 126 van 1993) gaan gewysig word dat
die staat die reg op eerste weiering (van aankope) kry vir alle grond
wat verkoop word.

Hy het geen tydskaal vir die veranderings aan die wet gegee nie.

"Kanse vir grondverkryging gaan verlore omdat die staat nie proaktief
aan grondaankope deelneem nie. Die wetwysiging sal alle grondverkopers
binne en buite die staat verplig om grond eerste aan die staat te
bied," het Thomas aan Die Burger gesê.

As 'n prysooreenkoms dan nie bereik kan word nie, gaan die "gewone
roete" (onderhandeling en uiteindelik 'n hofbeslissing) gevolg word.

Hy het ook gesê die departement ondersoek maniere om die skerp styging
in eiendomspryse te stuit.

Hopelik sal die gewysigde beginsel van gewillige koper en verkoper,
grondbelasting en 'n voorgestelde perk op grondbesit hiervan korte
mette maak, het Thomas gesê.

In die komitee het hy verwys na dié planne en die moontlike wysiging
van die Grondwet hiervoor, wat in 2006 uitgelek en 'n groot media-
bohaai ontketen het.

"Nou is ons reg om die planne in die volgende twee tot drie maande te
openbaar," het hy gesê.

"Dit word vervat in twee dokumente - een oor die gewilligheidsbeginsel
en een oor grondbelasting.

"Onteiening kan ook ter sprake kom," het hy gesê.

Thomas het erken die departement van grondsake is weens 'n
kapasiteitsgebrek nie gerat om sy mandaat vir grondhervorming na te
kom nie.

Derhalwe ondergaan die departement 'n organisatoriese herstrukturering
wat in die boekjaar 2007-'08 afgehandel moet wees.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2083109 ,00.html
Vorige onderwerp: Vandeesmaand se hoofartikel: Mbeki in krisis
Volgende onderwerp: Stormweer in KZN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:09:31 MGT 2024