Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Interesante verklaring deur die VF+
Interesante verklaring deur die VF+ [boodskap #111102] Wo, 13 September 2006 13:03 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
MEDIAVERKLARING

ONDERWERP : KWOTAS: REGERING MOET EERS
VOOR EIE DEUR VEE

UITGEREIK DEUR : Mnr. Willie Spies

HOEDANIGHEID : VF Plus Woordvoerder:
Arbeid

DATUM : 11 September 2006

“Die Minister van Arbeid, Membathisi Mdladlana, moet eers die
staatsdiens se huis in orde kry alvorens hy drastiese optrede
onderneem teen maatskappye wat nie aan indiensnemingskwotas voldoen
nie”, het mnr. Willie Spies, die VF Plus se woordvoerder oor Arbeid
gesê. Hy het gereageer op die Minister se aankondiging dat sy
departement ses maatskappye gaan ondersoek wat onaanvaarbare gelyke
indiensnemingskwotas het asook teen sowat 1 000 groot maatskappye wat
glad nie enige gelyke indiensnemingsverslae aan die departement van
Arbeid ingedien het nie. Volgens die syfers wat beskikbaar gestel is
deur die Staatsdiens Kommissie is daar tans 'n onderverteenwoording
van 20 000 bruin en 10 000 wit mense in die staatsdiens.

“Volgens die minister is daar baie stadige vordering gemaak met die
aanstelling van swart mense in senior poste in die privaat sektor. Die
minister het die Staatsdiens Kommissie in Junie vanjaar skerp
gekritiseer, nadat die liggaam gesê het dat daar onvoldoende vordering
gemaak is met die aanstellings swart persone en veral swart vroue in
senior poste in die staatsdiens. Die minister gebruik dubbele
standaarde: een vir die staatsdiens wat onder die ANC regering se
gesag val en 'n ander maatstaf vir die privaatsektor wat nie onder die
beheer van die ANC-regering is nie”, het mnr. Spies gesê.

“Verskeie staatsdepartemente is skuldig daaraan dat hulle nie die
reëls van gelyke indiensnemings in die praktyk toepas nie. Die
President se kantoor is een so voorbeeld waar 92% van personeel swart
is. Die Minister van Binnelandse Sake het ook vroeër vanjaar aan die
VF Plus op 'n parlementêre vraag erken dat die voorskrifte van gelyke
indiensneming nie nagekom is in haar departement waar alle senior
bestuursposte (adjunk-direkteur-generaal en hoër) deur swart mense
gevul is met geen verteenwoordiging deur Indiër-, bruin- of wit mense
nie. Ten spyte daarvan dat die syfers aan die Minister van Arbeid
bekend is, het hy nog geen onderneming gegee dat hy ondersoek gaan
instel na die voorkoms van onderverteenwoordiging van sekere
bevolkingsgroepe in die staatsdiens nie”, het mnr. Spies bygevoeg.

Volgens mnr. Spies het dit tyd geword dat die Minister en ander lede
van die regering ophou om te konsentreer op die bereiking van kwotas
vir bevolkingsgroepe se verteenwoordiging in ondernemings ten koste
van die verlies van kundigheid en finansiële vooruitgang. Die
toepassing van gelyke indiensnemingskwotas in die staatsdiens het
grootliks daartoe gelei dat broodnodige vaardighede verlore gegaan.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan dit nie bekostig dat nog vaardighede
verlore gaan in die gejaag na kwotas in die privaatsektor nie.
Re: Interesante verklaring deur die VF+ [boodskap #111353 is 'n antwoord op boodskap #111102] Di, 10 Oktober 2006 04:35 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoop dat die minister die verantwoordelikheid sal he om hierop ag te
slaan

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:0c0gg29i8e1ll6o2291qaup9so4fkbkhjc@4ax.com...
> MEDIAVERKLARING
>
>
>
> ONDERWERP : KWOTAS: REGERING MOET EERS
> VOOR EIE DEUR VEE
>
> UITGEREIK DEUR : Mnr. Willie Spies
>
> HOEDANIGHEID : VF Plus Woordvoerder:
> Arbeid
>
> DATUM : 11 September 2006
>
>
>
> "Die Minister van Arbeid, Membathisi Mdladlana, moet eers die
> staatsdiens se huis in orde kry alvorens hy drastiese optrede
> onderneem teen maatskappye wat nie aan indiensnemingskwotas voldoen
> nie", het mnr. Willie Spies, die VF Plus se woordvoerder oor Arbeid
> gesê. Hy het gereageer op die Minister se aankondiging dat sy
> departement ses maatskappye gaan ondersoek wat onaanvaarbare gelyke
> indiensnemingskwotas het asook teen sowat 1 000 groot maatskappye wat
> glad nie enige gelyke indiensnemingsverslae aan die departement van
> Arbeid ingedien het nie. Volgens die syfers wat beskikbaar gestel is
> deur die Staatsdiens Kommissie is daar tans 'n onderverteenwoording
> van 20 000 bruin en 10 000 wit mense in die staatsdiens.
>
>
>
> "Volgens die minister is daar baie stadige vordering gemaak met die
> aanstelling van swart mense in senior poste in die privaat sektor. Die
> minister het die Staatsdiens Kommissie in Junie vanjaar skerp
> gekritiseer, nadat die liggaam gesê het dat daar onvoldoende vordering
> gemaak is met die aanstellings swart persone en veral swart vroue in
> senior poste in die staatsdiens. Die minister gebruik dubbele
> standaarde: een vir die staatsdiens wat onder die ANC regering se
> gesag val en 'n ander maatstaf vir die privaatsektor wat nie onder die
> beheer van die ANC-regering is nie", het mnr. Spies gesê.
>
>
>
> "Verskeie staatsdepartemente is skuldig daaraan dat hulle nie die
> reëls van gelyke indiensnemings in die praktyk toepas nie. Die
> President se kantoor is een so voorbeeld waar 92% van personeel swart
> is. Die Minister van Binnelandse Sake het ook vroeër vanjaar aan die
> VF Plus op 'n parlementêre vraag erken dat die voorskrifte van gelyke
> indiensneming nie nagekom is in haar departement waar alle senior
> bestuursposte (adjunk-direkteur-generaal en hoër) deur swart mense
> gevul is met geen verteenwoordiging deur Indiër-, bruin- of wit mense
> nie. Ten spyte daarvan dat die syfers aan die Minister van Arbeid
> bekend is, het hy nog geen onderneming gegee dat hy ondersoek gaan
> instel na die voorkoms van onderverteenwoordiging van sekere
> bevolkingsgroepe in die staatsdiens nie", het mnr. Spies bygevoeg.
>
>
>
> Volgens mnr. Spies het dit tyd geword dat die Minister en ander lede
> van die regering ophou om te konsentreer op die bereiking van kwotas
> vir bevolkingsgroepe se verteenwoordiging in ondernemings ten koste
> van die verlies van kundigheid en finansiële vooruitgang. Die
> toepassing van gelyke indiensnemingskwotas in die staatsdiens het
> grootliks daartoe gelei dat broodnodige vaardighede verlore gegaan.
> Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan dit nie bekostig dat nog vaardighede
> verlore gaan in die gejaag na kwotas in die privaatsektor nie.
Vorige onderwerp: "Chikane weet nou alles" deur Liezel de Lange in "Beeld"
Volgende onderwerp: PW sterf vreedsaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:28:34 MGT 2024