Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Chiluba in hof op 169 aanklagte
Chiluba in hof op 169 aanklagte [boodskap #88146] Do, 11 Desember 2003 04:17
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Chiluba in hof op 169 aanklagte

Lusaka. - Die verhoor waarin oudpres. Frederick Chiluba van Zambië op
169 aanklagte van diefstal teregstaan, het Dinsdag begin.

Die aanklagspan, onder leiding van mnr. Mukelabai Mukelabai,
direkteur van openbare vervolging, het tydens die oggendsitting drie
voormalige sekretaresses geroep om getuienis te lewer teen Chiluba.

Die 169 aanklagte waarop Chiluba saam met ses ander teregstaan,
beloop $40 miljoen (sowat R256 miljoen ).

Chiluba het dié geld glo tussen 1991 en 2001 verduister terwyl hy
president was.

Verskeie regskenners sê die aanklagte hou nie water nie omdat die
staatshoof-amp hom vrywaar van vervolging weens optrede in sy
ampstermyn.

Ander is bekommerd dat die verhoor op 'n verkwisting van tyd en geld
gaan neerkom.
- Jeff Kapembwa

http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1457222,00.html
Vorige onderwerp: FW de Klerk het geweet van grootskaalse bedrog in 1994-verkiesing
Volgende onderwerp: Nuus: Danie Smuts oorlede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:34:10 MGT 2024