Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Kriewel 2: Krieket
Kriewel 2: Krieket [boodskap #68228] Wo, 06 November 2002 06:31 na volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Mens behoort die VKRSA seker dankbaar te wees dat hulle die notules van
hulle vergadering met minister Balfour laat uitlek het. Nou sien 'n mens
waarmee hulle te kampe het en dat ministers maar net so rassisties soos ons
kan wees as hulle dink niemand kyk nie...

Wat die ANCYL in die vergadering moes maak, verstaan ek nie. Waar was hulle
eweknieë in regse geledere, om die balans reg te stel?

Gelukkig weet ons nou die NNP is byderhand om wigte en teenwigte te gaan
inslaan met hul nuwe, nie-konfronterende styl wat ons regering so suksesvol
in Zimbabwe gebruik.

X Demourin
Re: Kriewel 2: Krieket [boodskap #68231 is 'n antwoord op boodskap #68228] Wo, 06 November 2002 08:26 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar kom nog nonsens oor die ding, want Balfour meen daar was nie notules
gedurende die vergadering geneem nie, dis hoekom hy kon sê wat hy nog altyd
dink:))
Ek sal nogal graag sy smaailende bakkies by volgende jaar se Krieketbeker
wil sien by al wat paartie is.:))
Jy kan nie stry dat dinge al lekker verander het nie Koot.
Andre Markgraaff is ter helle gestuur agv van 'n privaatgesprek wat opgeneem
is.
Dit lyk nie of Balfour gedwing gaan word om te bedank oor sy rassistiese
uitlatings op 'n genotuleerde vergadering nie.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:aqad0j$r4t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mens behoort die VKRSA seker dankbaar te wees dat hulle die notules van
> hulle vergadering met minister Balfour laat uitlek het. Nou sien 'n mens
> waarmee hulle te kampe het en dat ministers maar net so rassisties soos ons
> kan wees as hulle dink niemand kyk nie...
>
> Wat die ANCYL in die vergadering moes maak, verstaan ek nie. Waar was hulle
> eweknieë in regse geledere, om die balans reg te stel?
>
> Gelukkig weet ons nou die NNP is byderhand om wigte en teenwigte te gaan
> inslaan met hul nuwe, nie-konfronterende styl wat ons regering so suksesvol
> in Zimbabwe gebruik.
>
> X Demourin
>
Vorige onderwerp: Rugby: Blou Bulle die wenners
Volgende onderwerp: Kriewel 3: Swem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:27:48 MGT 2024