Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: strelend
|
strelend [boodskap #145309] |
Di, 21 Mei 2024 06:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
strelend
Afbreking: stre•lend
Samestelling: streel + -end
Byvoeglike naamwoord: strelend
Vergrotende trap: strelender
Oortreffende trap: strelendste
Attributief: strelende
Partitief: strelends
Betekenis:
• Wat saggies oor iets streel of stryk, ook figuurlik, aangenaam of vleiend.
Gebruik:
• Sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek. [Psalms 55:22]
Sinoniem:
• aaiend
• behaaglik
• flikflooiend
• gerusstellend
• helend
• hemels
• saggies
• salwend
• vertroostend
• vleiend
Hiponiem:
• selfstrelend
• sielstrelend
• sinstrelend
Vertaling:
Engels: caressing, coaxing, soothing
Nederlands: strelend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van streel.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: onakkuraat
|
onakkuraat [boodskap #145310] |
Di, 21 Mei 2024 07:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onakkuraat
Afbreking: on•ak•ku•raat
Samestelling: on- + akkuraat
Byvoeglike naamwoord: onakkuraat
Vergrotende trap: onakkurater
Oortreffende trap: onakkuraatste
Attributief: onakkurate
Betekenis:
• Wat nie reg en akkuraat is nie.
Gebruik:
• Die weervoorspelling vir vandag is onakkuraat.
Wisselvorm:
• inakkuraat
Sinoniem:
• foutief
• inkorrek
• onjuis
• onnoukeurig
• verkeerd
Antoniem:
• akkuraat
Afgelei:
• onakkuraatheid
Vertaling:
Engels: inaccurate, incorrect
Nederlands: onnauwkeurig, onjuist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: dreigbrief
|
dreigbrief [boodskap #145311] |
Di, 21 Mei 2024 07:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dreigbrief
Afbreking: dreig•brief
Samestelling: dreig + brief
Selfstandige naamwoord: dreigbrief
Meervoud: dreigbriewe
Verkleinwoord: dreigbriefie
Meervoud van verkleining: dreigbriefies
Betekenis:
• 'n Brief waarin die geadresseerde gedreig word.
Gebruik:
• Sy het 'n anonieme dreigbrief ontvang wat haar waarsku om haar hond onder beheer te kry, of die gevolge te dra.
Hiponiem:
• koggelbrief
Verwant:
• dreigoproep
Vertaling:
Engels: threatening letter
Nederlands: dreigbrief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: opveil
|
opveil [boodskap #145312] |
Di, 21 Mei 2024 08:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opveil
Afbreking: op•veil
Samestelling: op + veil
Werkwoord: veil op, opveil
Verlede tyd: het opgeveil
Betekenis:
• Om op 'n veiling/vendusie aan die hoogste bieër te verkoop.
Gebruik:
• Prinses Diana se klere is vir liefdadigheid opgeveil.
Sinoniem:
• smous
• verkoop
• verhandel
• verkwansel
Afgelei:
• opveiling
Vertaling:
Engels: to auction, sell by auction
Nederlands: op veiling gezet, geveild
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 21 Mei 2024 08:08] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: verblind
|
verblind [boodskap #145313] |
Di, 21 Mei 2024 09:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verblind
Afbreking: ver•blind
Samestelling: ver- + blind
Werkwoord: verblind
Verlede tyd: het verblind
Betekenis:
• Om blind te maak, meestal tydelik.
• (figuurlik) Om blind te maak vir die waarheid; deur uiterlike skyn verwar; met 'n illusie mislei.
Gebruik:
• Jou motor se skerp ligte verblind my.
• Die liefde het hom vir sy tekortkominge verblind.
Sinoniem:
• betower
• flous
• fop
• mislei
• verbyster
• verdwaas
Afgelei:
• verblinde
• verblindend
• verblinding
Vertaling:
Engels: to blind; to dazzle
Nederlands: verblinden
Byvoeglike naamwoord: verblind
Attributief: verblinde
Betekenis:
• Wat 'n mens tydelik blind maak, of figuurlik, wat mislei of verbyster is.
Gebruik:
• Het hierdie verblinde mense dan die onvergeeflike sonde gepleeg?
Afgelei:
• verblindheid
Vertaling:
Engels: blinded, dazzled
Nederlands: verblind
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: ontlont
|
ontlont [boodskap #145314] |
Di, 21 Mei 2024 10:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontlont
Afbreking: ont•lont
Samestelling: ont- + lont
Werkwoord: ontlont
Verlede tyd: het ontlont
Betekenis:
• Om die lont te verwyder.
• (figuurlik) Om onskadelik te stel of minder gevaarlik te maak.
Gebruik:
• Die soldaat het die bom ontlont.
• Die polisieman probeer om die gyselaarsdrama te ontlont.
Vertaling:
Engels: to defuse
Nederlands: onschadelijk maken; de angel uithalen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 21 Mei 2024 10:19] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: raaiselagtig
|
raaiselagtig [boodskap #145315] |
Di, 21 Mei 2024 10:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
raaiselagtig
Afbreking: raai•sel•ag•tig
Samestelling: raaisel + -agtig
Byvoeglike naamwoord: raaiselagtig
Vergrotende trap: raaiselagtiger
Oortreffende trap: raaiselagtigste
Attributief: raaiselagtige
Partitief: raaiselagtigs
Betekenis:
• Soos 'n raaisel. Wat 'n mens laat wonder.
Gebruik:
• Die dokter het die man se genesing as wonderlik en raaiselagtig beskryf.
Sinoniem:
• dubbelsinnig
• duister
• enigmaties
• geheimsinnig
• ingewikkeld
• misterieus
• onbegryplik
• onduidelik
• onverklaarbaar
• onverstaanbaar
• twyfelagtig
• verwarrend
Afgelei:
• raaiselagtigheid
Vertaling:
Engels: puzzling, mysterious
Nederlands: raadselachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 21 Mei 2024 10:36] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: frustrerend
|
frustrerend [boodskap #145316] |
Di, 21 Mei 2024 10:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
frustrerend
Afbreking: fru•stre•rend
Samestelling: frustreer + -end
Byvoeglike naamwoord: frustrerend
Vergrotende trap: frustrerender
Oortreffende trap: frustrerendste
Attributief: frustrerende
Partitief: frustrerends
Betekenis:
• Wat 'n mens frustreer.
Gebruik:
• Dit uiters frustrerend om hout vir 'n braai te koop en die hout is nat.
Sinoniem:
• ergerlik
• irriterend
• sieltergend
• teleurstellend
Antoniem:
• belonend
Vertaling:
Engels: frustrating
Nederlands: frustrerend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van frustreer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: grootliks
|
grootliks [boodskap #145317] |
Di, 21 Mei 2024 11:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootliks
Afbreking: groot•liks
Samestelling: groot + -liks
Bywoord: grootliks
Betekenis:
• In 'n groot/ hoë mate.
Gebruik:
• Die oes het grootliks misluk.
Sinoniem:
• grotendeels
• hoofsaaklik
• merendeels
• primêr
Vertaling:
Engels: largely, for the most part, to a great extent
Nederlands: voor het grootste gedeelte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 21 Mei 2024 11:32] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: reddeloos
|
reddeloos [boodskap #145318] |
Di, 21 Mei 2024 11:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19052 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reddeloos
Afbreking: red•de•loos
Samestelling: red + -de- + -loos
Byvoeglike naamwoord: reddeloos
Attributief: reddelose
Betekenis:
• War nie gered kan word nie.
Gebruik:
• Vir 'n oomblik het sy reddeloos verlore gevoel.
Sinoniem:
• ellendig
• hulpeloos
• moedeloos
• ongeneesbaar
• onherstelbaar
• onredbaar
• verlore
• versaak
• wanhopig
Antoniem:
• redbaar
Afgelei:
• reddeloosheid
Vertaling:
Engels: beyond help, irretrievably, irrevocable
Nederlands: reddeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|