Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: rommelbestuur
rommelbestuur [boodskap #145129] Di, 30 April 2024 18:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18868
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rommelbestuur
Afbreking: rom•mel•be•stuur
Samestelling: rommel + bestuur


Selfstandige naamwoord: rommelbestuur
Meervoud:

Betekenis:
• Die bestuur van rommel/afval om die impak daarvan op die omgewing teen te werk.

Gebruik:
Rommelbestuur moet meer aandag kry en daadwerklike pogings is nodig om die huidige situasie te verbeter.

Vertaling:
Engels: rubbish management, litter management
Nederlands: zwerfvuilbeheer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: allokeer
allokeer [boodskap #145130] Di, 30 April 2024 18:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18868
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
allokeer
Afbreking: al•lo•keer


Werkwoord: allokeer
Verlede tyd: het geallokeer

Betekenis:
• Om iets uit te deel of toe te wys.

Gebruik:
• Het jy genoeg tyd vir jou studies allokeer?

Sinoniem:
• bewillig
• toedeel
• toeken
• toestaan
• toewys
• vergun

Verwant:
• allokasie

Vertaling:
Engels: to allocate, distribute
Nederlands: alloceren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 30 April 2024 18:50]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: vullisterrein
vullisterrein [boodskap #145131] Di, 30 April 2024 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18868
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vullisterrein
Afbreking: vul•lis•ter•rein
Samestelling: vullis + terrein


Selfstandige naamwoord: vullisterrein
Meervoud: vullisterreine
Verkleinwoord: vullisterreintjie
Meervoud van verkleining: vullisterreintjies

Betekenis:
• Plek waarheen vullis geneem word.

Gebruik:
• Ons het die tuin skoongemaak en die afval na die munisipale vullisterrein geneem.

Sinoniem:
• ashoop
• stortingsterrein

Afgelei:
• vullisterreinoudit

Vertaling:
Engels: landfill
Nederlands: stortplaats, vuilnisbelt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 30 April 2024 19:17]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: inspeksie
inspeksie [boodskap #145132] Di, 30 April 2024 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18868
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inspeksie
Afbreking: in•spek•sie


Selfstandige naamwoord: inspeksie
Meervoud: inspeksies
Verkleinwoord: inspeksietjie
Meervoud van verkleining: inspeksietjies

Betekenis:
• Die handeling van inspekteer; 'n ondersoek om te verseker dat daar aan standaarde en spesifikasies voldoen word.

Gebruik:
• Die inspekteur het tydens sy inspeksie bepaal dat die kwaliteit van die produk verbeter moet word.

Sinoniem:
• beoordeling
• besigtiging
• beskouing
• kontrolering
• ondersoek
• toets
• visentering

Hiponiem:
• ketelinspeksie
• klasinspeksie

Afgelei:
• inspeksieafdeling
• inspeksiedeksel
• inspeksiedeur
• inspeksiegat
• inspeksiedop
• inspeksiegebied
• inspeksielamp
• inspeksieluik
• inspeksieoog
• inspeksiereis
• inspeksietoer
• inspeksievenster
• inspeksievlug
• inspeksiewerk

Verwant:
• inspekteur

Vertaling:
Engels: inspection, checkup
Nederlands: inspectie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beginpunt
beginpunt [boodskap #145133] Di, 30 April 2024 19:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18868
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beginpunt
Afbreking: be•gin•punt
Samestelling: begin + punt


Selfstandige naamwoord: beginpunt
Meervoud: beginpunte
Verkleinwoord: beginpuntjie
Meervoud van verkleining: beginpuntjies

Betekenis:
• Die plek waar iets begin.
• (figuurlik) Die eerste stap.

Gebruik:
• Oudtshoorn is die beginpunt van die wynroete langs die R62 provinsiale pad.
• 'n Belangrike beginpunt is om te erken dat jy hulp nodig het.

Sinoniem:
• aanvangspunt
• oorsprong
• uitgangspunt
• vertrekpunt
• wegspringplek

Antoniem:
• eindpunt

Vertaling:
Engels: starting point
Nederlands: beginpunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 30 April 2024 20:14]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Di Apr 30 21:03:41 MGT 2024