Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doodstraf
Re: Doodstraf [boodskap #101611 is 'n antwoord op boodskap #101604] Vr, 25 Februarie 2005 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder hoeveel van die bydraers hier het al ooit 'n diefstal of ander
misdaad self beleef? Wat van hulle breek by jou huis in en jy kry die
polisie uit om te kom ondersoek instel. Dan vra die sersant vir jou of jy
versekering het. Toe jy ja sê, toe sê maar dan het jy nie probleme nie,
want die assuransie sal mos betaal! Hy tel 'n boek van die mikrogolf van
die grond af op en vra of hy dit kan kry aangesien die oond tog weg is? So
'n paar maande later sou dit bekend raak dat die betrokke sersant een van
die leiersfigure in die steelsindikaat op die dorp was!
Meer onlangs breek hulle by 'n ou se huis in deur die slot by sy
agterdeur te breek met 'n skroewedraaier [houtraam] en hulle steel van sy
goed. Hy maak toe 'n plan en verander die hoek van die deurraam deur 'n
'angle iron' inleg te maak en nou kan jy nie meer die slot met 'n
skroewerdraaier of enigiets skerp by kom nie. Die krapmerke was wel daar
soos hulle probeer het, maar toe hulle nie slaag nie, toe gaan sit die dief
[diewe?] en hulle kak op sy stoep en vee die stront orals oor die deur en
die mure.
Dis die tipe mens met wie jy deel.....

"Annette" skryf in boodskap news:cvmg60$rso$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nie net die gebrek aan vervoer waarmee ons besig is nie, maar ook met
> 'n
> groot mate van korrupsie en luiheid in die polisie.
> 'n Skrywer in die Argus wat op Houtbaai se strand aangeval is, beweer sy
> is
> meer getraumatiseer deur die optrede ( of gebrek daaraan) van die polisie,
> as deur die aanval self.
>
Re: Doodstraf [boodskap #101612 is 'n antwoord op boodskap #101609] Vr, 25 Februarie 2005 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet jy jou koerante lees, hm? Kyk bietjie hoeveel korrupsie kom
voor onder die polisie, hofamptenare. Weet jy dat daar nie meer 'n enkele
staatsdepartement in Namibië is wat NIE onder die een of ander vorm van
geregtelike ondersoek is vir bedrog deur werknemers nie? Ons sê nie almal
is korrup nie, maar GEEN polisieman behoort korrup te wees nie. Hulle is
die bewakers van die wette van jou land!

"Blitzkrieg" skryf in boodskap news:cvmia5$1aa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nie al die die polisiemanne is foolishmanne wat korrup is nie, moenie
> almal met die selfde kam skeer nie!
>
Re: Doodstraf [boodskap #101613 is 'n antwoord op boodskap #101601] Vr, 25 Februarie 2005 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Anasazi" skryf

Wat het jy onlangs gedoen vir
> enigiemand in 'n minder gegoede toestand as jyself? Want sien Sipho is
> besig om te probeer om sy geld eerlik te verdien
> Wat ek se is dat "misdadigers" net soos
> rasiste/alkoholiste/verkragters/vroueslaners/ens. nie gebore word nie hulle
> word so. En dat die meeste Saffa's maar net te gelukkig is om niks te
> doen en en dan teen die einde hande in die lug te gooi en te se, "Ek kon
> niks doen nie".

Amen.

Gloudina
Re: Doodstraf [boodskap #101615 is 'n antwoord op boodskap #101602] Vr, 25 Februarie 2005 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees wat jy sê en ek wil net byvoeg dat die vuurwapen nie die krimineel
is nie, maar die mens. Dis 'n stuk gereedskap in die hand van die mens en
hoe die mens dit gaan aanwend, sal bepaal wat in jou samelewing gebeur.
Nou wil hulle die vuurwapen soort van verban uit die private mens se hande,
of as hy die wapen gebruik vir selfverdediging, dan word hy gekriminaliseer.
Omtrent elke ou wat ek ken besit vuurwapens en nog nie 'n enkele een het al
daarvan gebruik om misdaad te pleeg nie. Wel vir selfverdediging waar 'n
vreemde sy private eiedom wederegtelik betree het en nie wou ag slaan op
waarskuwings nie.
Die groot vraag is natuurlik moet jy weerstand bied, of nie? Doen jy
dit nie, en hou geen vuurwapens aan nie, dan moet jy seker maar aanvaar dat
hulle jou gaan beroof en dalk jou meisiekinders verkrag en al wat jy sal kan
doen is om dit te sit en bekyk en hoop hulle maak jou ook nie dood nie?
Verder moet jy ook weet dat die storie in die onderwêreld soos 'n veldbrand
gaan versprei en dat jou eiendom as 'n sagte teiken gebrandmerk gaan word.
Bied jy egter weerstand met 'n vuurwapen in jou hand, is daar darem 'n
kans dat jy sal slaag. Jou meisiekind sal nie met 'n verkragting deur die
lewe gaan met die wete dat haar pa nou eintlik 'n lafaard is nie. Dalk
behou jy jou goed en dalk sê die manne van die onderwêreld dat jy maar
miskien by daai huis verby moet hou want die donner skiet op jou? Ek
persoonlik, is nie bereid om my goed waarvoor ek hard gewerk het, net so weg
te gee nie. Bullshit!
En nog 'n ding: Die mense wil vuurwapens verban, maar daagliks word
baie, baie meer mense doodgemaak deur motorvoertuie....wanneer verban ons
motorvoertuie?

"Anasazi" skryf in boodskap news:xkrTd.215213$K7.49165@fe2.news.blueyonder.co.uk...
> Ek spring bietjie laat in die argument in(het nou eers by die huis gekom)
> Ek stem saam met die argument dat vuurwapens 'n bose kringloop veroorsaak,
> maar ook weet ek dat dit een van die groot gelykmakers is. Wie ook al
> die
> wapen in hand het is in 'n beter posisie. Maar die werklike krimineel in
> hierdie situasie is die algemene omstandighede in Suid-Afrika. Met
> werkloosheid waar dit nou is, is misdaad onvermydelik. Verseker se ek
> nie
> dat die misdadiger wat inbreek omdat hy honger is en dan steel wat hy kan
> en
> die res verbrand, verkrag en vermoor is reg nie. Maar al hierdie dinge
> het
> 'n sielkundige oorsprong.
>
Re: Doodstraf [boodskap #101616 is 'n antwoord op boodskap #101605] Vr, 25 Februarie 2005 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel ek weet nie van by julle nie, maar hier by ons is meeste van die ouens
wat in die tronk beland, so arm dat dit die eerste keer in hulle lewens is
wat hulle drie etes per dag kry en elke aand onderdak slaap! Wat help dit
jy stuur die man tronk toe as hy 'score' deur tronk toe te gaan?

"Annette" skryf in boodskap news:cvmg61$rso$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die ergste is, is dat meeste van daardie R85000 pj spandeerders dit nooit
> eers verdien in die werklike lewe buite nie.
Re: Doodstraf [boodskap #101617 is 'n antwoord op boodskap #101591] Vr, 25 Februarie 2005 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal graag wil hoor wat jou opinie is van die ou wat hier in Swakopmund 'n
paar doppe gesluk het, toe raak hy warm en gaan haal 'n sesjarige meisietjie
van kennisse van hom by die huis en stap met haar veld toe naby die
'sewerage'-werke. Soos hyself in die hof erken het, het hy lus geraak
vir......en toe het hy haar uitgetrek en ge............ Toe alles klaar is
en die lus bedaar, toe besef hy dat sy kan hom herken, toe vat hy haar aan
die voete en slaan haar kop pap teen die beton van die brug.
Jy wil hierdie dier nog 'n kans gee? Ek wil nie vir hom die doodstraf
gee nie. Ek wil hom vir die volgende 30 jaar elke week ten minste een keer
so amper-amper vrek maak, hom laat herstel en dan weer begin. Ek wil sy
knaters met 'n baie stomp mes afsaag, ek wil.....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:nrir11h1v859a1snfolq5lkoq9jd09papv@4ax.com...
> On Thu, 24 Feb 2005 07:38:05 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> In ondersoeke het erge kriminele (in die tronk) in groot getalle al
> gese die doodstraf sou hulle nie afgeskrik het nie omdat toe hulle die
> misdaad gepleeg het, hulle nie aan enige gevolge gedink het nie. Hulle
> het in fact dit nie eers oorweeg dat hulle gevang sal word nie.
>
> Anyway, lewenslange tronkstraf is mos dieselfde as die doodstraf wat
> die samelewing betref?
>
Re: Doodstraf [boodskap #101618 is 'n antwoord op boodskap #101602] Vr, 25 Februarie 2005 14:20 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Anasazi" skryf in boodskap news:xkrTd.215213$K7.49165@fe2.news.blueyonder.co.uk...
>
> Vuurwapens of nie is elke persoon se eie besluit. Die selfde ding werk
> nie
> vir almal nie.
> Die vraag wat ek probeer vra is wat doen mense....veral die wat so graag
> die
> wereld wil platskiet of hulleself in bunkers wil opsluit vir die res van
> hul
> lewens.... om die kwaal te genees?
------Soos ek die saak sien wat moet die gewone man op straat anders doen as
om daardie groot mure en hekke om hul huise te trek, of stel jy voor jy moet
bereid wees om drie verkragtings, twee moorde en 10 berofings in die
volgende 10 jaar te 'vat'.....ter wille van die samelewing?
>
> Die algemene ding in SA deesdae is om jouself in te grawe met jou 9 mil en
> alles wat oor die bult kom te skiet
---Wie doen dit? As 'n man in die donker van die nag in my huis inkom
sonder dat ek hom genooi het, dan waai sy knaters, die belowe ek hom. Ek
gaan nie na hom toe nie, hy kom na my toe!

> Presies wat dink hulle moet gebeur voor daardie dag ooit aanbreek. Wie
> gaan dinge "fix". Liewe Jesus? Die regering? Op en af in die straat
> stap met moerse groot plakate, terwyl jy die lot van die land beklae en
> vir
> mekaar vra, "Why can't we just get along?"?
----Hier stem ek met jou saam. Niemand kan dit regstel behalwe die
samelewing nie. Die kriminele móét besef 'crime doesn't pay'....maar dan
moet jy werk skep sodat die werkloses kan verdien eerder dan steel.

Wat het jy onlangs gedoen vir
> enigiemand in 'n minder gegoede toestand as jyself? En ek praat nie van
> vir die arme boemelaar buite Pick&Pay 'n 50c gee nie. En ook nie van vir
> die arme drommel iewers ander die laaste chips in jou McFries pakkie gee
> nie. Ek praat van betrokke raak in projekte ens. wat werklik probeer om
> 'n
> verskil te maak in die land wat nie oormore weer gaan oorwaai soos
> laasjaer
> se "fashion trend" nie.
-----Gee 'n voorbeeld?

> Wat van eenkeer eerder so iets doen as om nog 'n keer na die skietbaan te
> gaan om jou OU SANNA te try. Of daai Saterdag eerder te probeer om
> iemand
> iets te leer wat hulle kan gebruik.
----Soos om vir hulle te wys wat kan gebeur as 'n 9mm jou tref? Jammer, ek
kon die versoeking nie weerstaan nie!

Wat van iets klein soos om jou groente
> te koop by Sipho se groente stalletjie as by Pick&Pay. Want sien Sipho
> is
> besig om te probeer om sy geld eerlik te verdien en hy en sy broer en vrou
> en kinders en en en sal met daardie geld 'n veel groter verskil kan maak
> as
> enigiemand anders. En as dinge nie beter raak nie sal hy, soos enige een
> van julle, opgee en iets anders probeer. Tien teen om te kyk waar jy bly
> en waarmee jy ry.
----ek is jammer ou vriend, maar wat dink jy maak Sipho of enige ander
individu meer spesiaal as die mense van Pick&Pay? Besighede bestaan uit
individue wat almal werk en geld verdien en belasting betaal wat die
onderhoud van die land moontlik maak. Hoekom wil jy spesifiek hulle straf
ter wille van die man op die straat? Wat van jy skenk 'n R1000 elke maand
van jou salris vir opheffing? En so ook ons ander en jy het een moerse
bedrag wat jy wyd kan versprei. Weet jy wat gaan gebeur? Jy gaan een
moerse bedelaarbevolking hê wat elke maand oopmond lê en wag dat jy vir hom
kom kos gee!
Vorige onderwerp: Re: Winter hier by ons
Volgende onderwerp: mondelingse ooreenkoms 5 jaar later
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 12:35:52 MGT 2024