Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » In Memoriam
In Memoriam [boodskap #92223] Di, 20 April 2004 21:54 na volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
Verlede week is my vrou se jongste broer in Kaapstad oorlede. Pas 'n stuk of
sewentien maande na die dood van haar oudste broer. Albei aan hartaanvalle.
Haar ma is nou alleen oor in Suid-Afrika. My skoonpa is reeds meer as
twintig jaar gelede oorlede. Ek kan my nie die pyn van 'n ouer voorstel wat
twee kinders in so 'n kort tyd so onverwags moes afstaan nie. Totius het, en
ek publiseer elders twee van sy gedigte; een waarin hy die rou pyn van 'n
ouer uitroep na die dood van 'n kind. Die ander een handel oor die
onbegryplike weë van God.

Henry in Pennsylvania.
Re: In Memoriam [boodskap #92235 is 'n antwoord op boodskap #92223] Wo, 21 April 2004 02:51 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ooskus" skryf
> Ek kan my nie die pyn van 'n ouer voorstel wat
> twee kinders in so 'n kort tyd so onverwags moes afstaan nie. Totius het, en
> ek publiseer elders twee van sy gedigte; een waarin hy die rou pyn van 'n
> ouer uitroep na die dood van 'n kind. Die ander een handel oor die
> onbegryplike weë van God.

Innige simpatie, Henry. Dis wanneer mens deur hierdie
soort dinge moet gaan, dat mens jou kan keer na die
woorde van Totius. Nie net een van die letterkundige
reuse in Afrikaans nie, maar ook een wat gestalte kon
gee aan diep emosionele dinge. Ek verwag dat hy
oor honderd jaar nog gelees sal word. Hy en Eugene
Marais, veral.

Gloudina
Vorige onderwerp: Handvaardig
Volgende onderwerp: Me Napier - onderhou met Sandra Prinsloo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:39:38 MGT 2024