Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER
POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER [boodskap #8069] Ma, 20 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Aussie skryf: (van 'n "Pofadder")

> "Jy vat die vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Dan krap
> jy hom mooi skoon en dop dit terug. Dan vat jy jou lewer en wat jy
> ookal wil van jou harslag, en jy stop dit binne-in die vetderm. Met so
> 'n bietjie worcestersous en sout by. Dan braai jy dit op die kole....!"

Ek het so 'n pofadder ge-eet eendag op 'n plaas naby Bronkhorstpruit
(dronkwordspruit soos ons geseg het).

Ek moet erken ek hou nie van afval nie, en DIE wors het nogal grillerig
gelyk, (dit lyk wragtie nes 'n pofadder). Maar dit was toe verskriklik
lekker. Ek kon net nie baie eet nie, want dit was vreeslik ryk.
Die ou wat dit gemaak het was 'n skaapboer, en hy het geweet wat hy doen.
(Skaapboere weet gewoonlik wat hul doen...)

Dit laat my nou dink aan potjiekos. 'n ou het eenkeer hier vir potjiekos
resepte gevra. Ek kry Kersfees by skoonma 'n potjiekos boek (en 'n
pragtige knipmes). Die boek is vol resepte ens, maar ek mis toe die STORIE.

Potjiekos gaan nie vir my oor ellelange lyste van bestanddele nie.
Dis sommer kak. Die boere bv., het in die ou dae potjiekos gemaak,
so geloof ek, oor praktiese redes.
Die boere het nie die bestanddele en die tyd gehad
om heeldag te karring met kos en resepte nie.
Hulle het wild geskiet, (en wild kan maar taai wees!)
en dit dan in die pot gesit.
Dan het hulle gaan doen wat boere nou maar doen.
(leeus en Engelse skiet ens, of wat ookal...)
As hulle dan weer terugkom,
is die boere honger en die potjie se vleis heerlik sag.
Die pot leen hom daartoe: Jy kan hom aan die gang kry
en as die vuur lank al doodgegaan het,
pruttel die pot nog lustig voort.

Dit is ook soos ek die driepootpot in die Transkei leer ken het.
(Lank voor die terugkeer van die potjie onder blankes in die tagtigerjare)
Die swartes in die transkei het die pot met droë miskoeke laat kook.
Miskoeke brand lekker stadig, en hou die pot aan die prut.
(Dit "recycle" sommer die bees se stront ook).

Ek het ook gehoor iewers dat die drie pote van die driepootpot
gebruik is deur die boere gedurende die slag van Bloedrivier.
Die boere het die pootjies afgekap en dit as grofgeskut gebruik
in hul kanon, genaamd Grietjie. Arme Zoeloes!

Ons moet die POTJIE heeltemal dekonstrueer
en na sy wortels toe terugbring.
Die potjie moet afgeneem word van yuppies wat ellelange resepte
daarin kook en dit op gedekte tafels voorsit.
(onder andere "vegetariese" potjies, verbeel jou !)
Hulle maai.
Die pot behoort aan eenvoudige mense wat ryk van gees was,
of hulle nou in 'n hut of 'n ossewa bly of gebly het.
Jy maak so:
Jy vat 'n vleisie met kruie en 'n paar uie en so aan,
neuk dit in die pot, braai bietjie en gooi dan rooiwyn op.
Vergeet van die pot. Hy prut op sy eie.
Skink 'n dop, maak 'n pyp, lees 'n boek, of gaan vang vis.
As jy terugkom is die kos reg.
Of kook pap of bak brood daarin (dit smaak anners).

Van pot tot pot, Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER [boodskap #8141 is 'n antwoord op boodskap #8069] Vr, 24 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote in article
...
> On 20 Jan 1997 16:24:38 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>
> Bles Bridges het dus so 'n dun skreeustem met sulke effens gladde
> tenoor-rante. So half nasaal met 'n kleinburgerlike intensiteit.
> Hy sing van die liefde en van rose en van seemeue en die liefde en die
> rose en wind en die seemeeue en die rose en so aan.

Sy trademark by konserte is om vir 'n meisie in die gehoor 'n plastiekroos
te gee. Bles dink ek het baie van sy trieks by Barry Manilow geleer.

Een erger as Bles Bridges is Worsie Visser en sy boereorkes. Worsie erken
ruiterlik dat hy g'n wysie kan hou nie. Tog is hy, verneem ek, die
Afrikaanse kunstenaar wat die beste in Suid Afrika verkoop.

Charl
Re: pofadder [boodskap #12861 is 'n antwoord op boodskap #8069] Di, 24 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Mafuta Sefebe wrote:

> gaan praat tog stront op 'n ander plek...jy lyk soos 'n
> draadsitter...

Neem gerus jou eie advies, vettie. Is jy ook te skaam vir jou eie naam ?

H-J

> --
> Mafuta Sefebe
Vorige onderwerp: Bevolk die aarde ten alle koste?
Volgende onderwerp: Re: Wit enklaaf ens.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 04:19:37 MGT 2024