Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laurence as entertainment
Laurence as entertainment [boodskap #8023] So, 12 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
>> Sir Laurens in my oe was een van die groot geeste van ons tyd.... waarom
>> nou weer in die "gutter" gaan rondgrawe?>>
>
> OK. So jy se se moer met die kind wat sy aandag probeer kry het en
> keer op keer verwerp is.
> Te moer met die tiener wat hy verwagtend gemaak het.

> ...die skynheilige ou drol.
>
Ek sou sê dis sterk gestel.

Eintlik is ons maar almal skynheilige koeikoekies op een of ander stadium
van ons lewens. En sukkel ons maar een of ander tyd om met een of ander
geraamte vrede te maak. En as jy in die kalklig is, en ek dink ou Laurence
het die kalklig terdee geniet, wel, live by the gun, die by the gun. (Ek
onder of sy peetkind of wat ookal, prince Charles, sy trieks by die sir
geleer het?)

Let's face it, die ou was 'n groot gees. Gee hom dit gelyk. Dit is egter
vir my verskriklik _toevallig_ dat die ou vroutjie nou na die sir se dood
eers met haar storie by die pers uitkom. Ag maar so what, dis eintlik maar
net entertainment vir die res van ons, iets om oor te gesels oor ons
koppies rooibos.

Want dit is eintlik wat my tref uit die media-kaskenades soos die wat arme
Sir Laurence getref: Enige brokkie "nuus" word aan die populi opgedis as
entertainment. En ek sê ENTERTAINMENT, want we've done and seen it all, en
niks skok ons meer nie. So niks is eintlik nuus nie, dis bloot
entertainment. (Die woord "vermaak" dra nie oor wat ek bedoel nie.)

Bewaar jou as die media jou met jou broek onderkant jou kniee vang, want
daar is 'n honger, bloeddorstige massa wat verslaaf is aan hulle daaglikse
fix sinnelose pret
Re: Laurence as entertainment [boodskap #8032 is 'n antwoord op boodskap #8023] Ma, 13 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Charl Durand (ev...@aztec.co.za) wrote:

: Let's face it, die ou was 'n groot gees. Gee hom dit gelyk. Dit is egter
: vir my verskriklik _toevallig_ dat die ou vroutjie nou na die sir se dood
: eers met haar storie by die pers uitkom. Ag maar so what, dis eintlik maar
: net entertainment vir die res van ons, iets om oor te gesels oor ons
: koppies rooibos.

Ek het as kind baie van Laurens vd Post se boeke gelees (seker vertaalde
boeke?), en ek onthou nie meer die name nie, maar wel dat ek dit terdee
geniet het. Maar nou lyk dit my hy word net onthou vanwee 'n buite-egtelike
kind?

Dries Venter
Re: Laurence as entertainment [boodskap #8041 is 'n antwoord op boodskap #8023] Di, 14 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Jan 1997 17:32:45 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter) wrote:

boeke?), en ek onthou nie meer die name nie, maar wel dat ek dit terdee[/color]
> geniet het. Maar nou lyk dit my hy word net onthou vanwee 'n buite-egtelike
> kind?>>

Get real. As 'n mens net daarvoor onthou word, sal 'n goeie 20 persent
van die mense in die wereld beroemd wees.

Wat onder meer hier gese word is dat as 'n mens beroemd word, bly jy
steeds 'n mens. Jy word nie 'n afgod nie.
En jy moet - as jy jouself as 'n beroemde filosoof en ghoeroe van die
gees uitgee - min of meer practice what you preach.

Wil jy werklik se omdat hy boeke geskryf het en ou Charlie gedink het
hy is die hond se agterent het die tiener wat hy na bewering verlei
het en die kind wat hy na bewering verwek het geen reg hoegenaamd om
vrae te vra nie?
Geen reg om te se: Hei! Hier staan ek. Ek bestaan. Sien my raak.

Beteken sy roem hulle menswaardigheid en regte verdwyn?
Jy kan tog sekerlik nie dit se nie.

Dit lyk of hy die kwessie nooit in sy lewe in die oe gekyk het nie.
Dit nooit probeer opklaar nie. Dit lyk of hy dit die hele tyd net
weggeskuif het.
Nou word dit na sy dood steeds gedoen.
Vorige onderwerp: Konferensie oor tuisonderwys
Volgende onderwerp: Re: vervelige nuusgroep......AGTERBANKERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 01:44:06 MGT 2024