Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Sondagoggend tien-dertig " deur WOPKO JENSMA
" Sondagoggend tien-dertig " deur WOPKO JENSMA [boodskap #78110] Wo, 21 Mei 2003 23:32
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wopko Jensma
Sondagoggend tien-dertig

halte een
dis sondagoggend skielik tien-dertig
tant sousie en tant spekkie
stap saam die kerk binne
en neem wigtig langs elkaar plek in
dominee haal sy teks ewe versigtig
uit efesiërs twee uit
mourits minnaar steun 'n psalm
diep uit die karkas van die orrel
die djakens neem kollekte op
die armes sal altyd met ons wees
ouderling herklaas vanner merwe kug

halte twee
dis nou-nou sondagoggend tien-dertig
tant sousie en tant spekkie
glip sondermeer die jimmel binne
outa servaas en aia mieta
lê dronk in die tuin
die skaapkop en gebakte ertappels
wag gereed vir die groot eet
swingel breda sluk moses-innie-mandjie
lappies lawwerskagnie dut oppie stoep

halte drie
dis net-nou sondagoggend tien-dertig
tant sousie en tant spekkie
strompel stadig kerk toe
dominee haal sy das versigtig uitie kas
hy vloek orie oliekol op sy hemp
mourits pomp die orrel vol windgat
die djakens knoop hulle dasse
ouderling herklaas vee sy gat af
outa servaas donner mieta
swingel breda soek sy hardehout
lappies pie teen sy oupa se portret

halte vier
sondagoggend tien-dertig het aangebreek
Vorige onderwerp: Hehe. welcome to the real world julle hensoppers!!
Volgende onderwerp: Padtekens.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 21:36:49 MGT 2024