Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hehe. welcome to the real world julle hensoppers!!
Hehe. welcome to the real world julle hensoppers!! [boodskap #78106] Wo, 21 Mei 2003 19:03
pete[3]  is tans af-lyn  pete[3]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Sien op BBC dat Al-Qaeda hulle meelopers aanspoor om van nuuts af die VSA en
Brittanje onder andere aan te val. Haai Antie, het Antie geweet hierdie is
nie onse mense nie Antie!!? Hulle vat sowaar kerse dynamite, bind dit om
hulle se lyfies en blaas dan almal om hulle op. Antie-hulle gaan nou sowaar
'n nuwe fase betree, 'n fase wat ons in die nuwe SA by verby is. Om Antie te
kwoteer: "O die pyngedagte, my kind is dood!"

Loof nou die Kerkstraat bommers, loof nou vir Robert McBride, loof nou ook
vir Al-Qaeda. Kom-kom, moenie nou sjarrap nie, gaan huil liewers saam met
ons op ons geliefdes se grafte - liefde vir mekaar is daar nie meer nie,
nevermind respek en vrees vir die Allerhoogste.

G'n wonder ons vreet mekaar op nie, en veral ek is 'n mooi een om te praat
na hierdie epos ! Krenkende woorde, dis mos lekker om ander op hulle plek te
sit. Sorry Antie, ek laaik jou alhoewel ek jou nie persoonlik ken nie, stuur
groete vir oom Izak.

Dit sal nogal horing wees om die enigste mens op aarde te wees - wie gaan my
help met my tandpyn? Met wie gaan ek BAKLEI?
Vorige onderwerp: KWV UKkasie Kunstefees
Volgende onderwerp: " Sondagoggend tien-dertig " deur WOPKO JENSMA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 14:27:03 MGT 2024