Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Kredietrekord
Kredietrekord [boodskap #76874] Di, 29 April 2003 09:26 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het onlangs uitgevind dat ek op 'n, redelik obskure kredietburo gelys is
vir R200, vir 'n boek, wat ek die laaste semester op varsity opslag moes
koop vir personeelbestuur. My pa was verantwoordelik vir die rekening, maar
so 18 maande terug kontak Snyman en Vennote (invorderaars) my om te sê ek
skuld die geld. Ek het die geld betaal, maar die bewustelose ontvangsdame
het dit nooit deur die stelsel gestuur nie, maar niemand weet dit nie
Hierdie jaar toe ek wou aansoek doen vir 'n persoonlike lening, hoor ek by
ABSA dat ek op die kredietburo gelys is deur Snyman en Venote en dat die
lening nie goedgekeur kan word nie. Snyman en Venote het my noooiiit
gekontak, 'n rekening gestuur of my laat weet ek's gelys nie en ek kan
nêrens die bewys van betaling kry nie. Snyman het my ook nie op SA se
grootste buro (ITC) gelys nie, maar op 'n onbekende een waarvan ek nog nooit
gehoor het nie. Snaakste van alles is ABSA het my kredietlimiet op my
kredietkaart verhoog, selfs met die "blacklisting", maar wou nie die lening
goedkeur nie. Nou moet ek sukkel om myself van die buro te verwyder, omdat
'n stupid undercover blond, nooit my betaling op hulle sisteem deurgesit het
nie. En so is my hele mooi kredietrekord, wat ek oor 5 jaar opgebou het, na
moer.

E
Re: Kredietrekord [boodskap #76881 is 'n antwoord op boodskap #76874] Di, 29 April 2003 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
'n Vriendin van my vrou het so 7 jaar gelede terug getrek Kaap toe. Sy het
in 'n gehuurde woonstel in Pretoria gebly. Sy was lid by die H&R club (voor
hulle nog Virgin active geword het) en het toe gereel dat haar lidmaatskap
oogeplaas word na Kaapstad. Sy het haar adres verandering aan almal laat
weet en is toe weg Kaap toe. Daar het sy elke maand gereeld haar maandelikse
lidmaatskap betaal by die H&R waar sy gaan oefen het (met kwitansies en elke
ding).

Toe vind sy ook so 3 of 4 jaar later uit dat sy ge-blacklist is. Na 'n groot
gesukkel het sy uitgevind dat dit is omdat sy in haar afwesigheid skuldig
bevind is omdat sy nie meer haar rekening by H&R in Pretoria betaal het
nie. Hulle het al die aanmanings na haar ou adres in Pretoria gestuur
(alhoewel
hulle haar nuwe adres gehad het) en net voortgegaan sonder om baie hard te
probeer om haar in die hande te kry. Laas toe ek met haar gepraat het was
dit volgens haar die maklikste en goedkoopste om maar die X aantal jare te
wag totdat haar naam weer verwyder word, al het sy bewysse gehad van
haar oorplasing van lidmaatskap, adres verandering, ens. As ek reg kan
onthou was daar een of ander proses wat sy kon deurgaan sodat H&R
haar naam kan laat afhaal.

"Elaine" skryf in boodskap news:3eae454b.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het onlangs uitgevind dat ek op 'n, redelik obskure kredietburo gelys is
> vir R200, vir 'n boek, wat ek die laaste semester op varsity opslag moes
> koop vir personeelbestuur. My pa was verantwoordelik vir die rekening, maar
> so 18 maande terug kontak Snyman en Vennote (invorderaars) my om te sê ek
> skuld die geld. Ek het die geld betaal, maar die bewustelose ontvangsdame
> het dit nooit deur die stelsel gestuur nie, maar niemand weet dit nie
> Hierdie jaar toe ek wou aansoek doen vir 'n persoonlike lening, hoor ek by
> ABSA dat ek op die kredietburo gelys is deur Snyman en Venote en dat die
> lening nie goedgekeur kan word nie. Snyman en Venote het my noooiiit
> gekontak, 'n rekening gestuur of my laat weet ek's gelys nie en ek kan
> nêrens die bewys van betaling kry nie. Snyman het my ook nie op SA se
> grootste buro (ITC) gelys nie, maar op 'n onbekende een waarvan ek nog nooit
> gehoor het nie. Snaakste van alles is ABSA het my kredietlimiet op my
> kredietkaart verhoog, selfs met die "blacklisting", maar wou nie die lening
> goedkeur nie. Nou moet ek sukkel om myself van die buro te verwyder, omdat
> 'n stupid undercover blond, nooit my betaling op hulle sisteem deurgesit het
> nie. En so is my hele mooi kredietrekord, wat ek oor 5 jaar opgebou het, na
> moer.
>
> E
>
Re: Kredietrekord [boodskap #76885 is 'n antwoord op boodskap #76874] Di, 29 April 2003 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons ken van Snyman en vennote en ook van ITC. Die enigste manier wat
iemand van 'n kredietburo se swart lys verwyder kan word is as die instansie
wat jou daarop geplaas het, dit weer afhaal. So ek reken dis Snyman en
vennote wat moet bykom. Waarom ek weet, is omdat ons geoorweeg het om 'n
ITC agentskap hier by ons te doen.

"Elaine" skryf in boodskap news:3eae454b.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het onlangs uitgevind dat ek op 'n, redelik obskure kredietburo gelys is
> vir R200, vir 'n boek, wat ek die laaste semester op varsity opslag moes
> koop vir personeelbestuur. My pa was verantwoordelik vir die rekening, maar
> so 18 maande terug kontak Snyman en Vennote (invorderaars) my om te sê ek
> skuld die geld. Ek het die geld betaal, maar die bewustelose ontvangsdame
> het dit nooit deur die stelsel gestuur nie, maar niemand weet dit nie
> Hierdie jaar toe ek wou aansoek doen vir 'n persoonlike lening, hoor ek by
> ABSA dat ek op die kredietburo gelys is deur Snyman en Venote en dat die
> lening nie goedgekeur kan word nie. Snyman en Venote het my noooiiit
> gekontak, 'n rekening gestuur of my laat weet ek's gelys nie en ek kan
> nêrens die bewys van betaling kry nie. Snyman het my ook nie op SA se
> grootste buro (ITC) gelys nie, maar op 'n onbekende een waarvan ek nog nooit
> gehoor het nie. Snaakste van alles is ABSA het my kredietlimiet op my
> kredietkaart verhoog, selfs met die "blacklisting", maar wou nie die lening
> goedkeur nie. Nou moet ek sukkel om myself van die buro te verwyder, omdat
> 'n stupid undercover blond, nooit my betaling op hulle sisteem deurgesit het
> nie. En so is my hele mooi kredietrekord, wat ek oor 5 jaar opgebou het, na
> moer.
>
> E
>
Re: Kredietrekord [boodskap #76912 is 'n antwoord op boodskap #76881] Di, 29 April 2003 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, daar is 'n manier, maar ek vertrou nie daai breindood ding wat vir die
maatskappy werk nie, en EK moet die geld betaal om my naam te laat verwyder,
dit nadat HULLE drooggemaak het. Dit neem 5 jaar voordat jou naam afgehaal
word (as jy nie betaal nie). Ek kan ongelukkig nie so lank wag nie, ek kort
'n nuwe rekenaar (vir besigheidsdoeleindes), en allerhande "los" goetertjies
vir my nuwe huis. Wat kan ek nou doen? Ek moet maar my trots sluk en my
naam loop gaan verwyder.
My suster het 'n soortgelyke probleem met Edgars gehad. Sy't elke maand
getrou haar rekening betaal, maar eendag toe sy 'n wasmasjien of 'n ding by
Game wou koop, laat weet hulle haar sy's geblacklist. Sy't al haar
kwitansies gaan haal en aan Edgars bewys sy't betaal. Skouers is net
opgehaal want Edgars se sisteem wys sy't NIE betaal nie, hulle het later
haar rekening aangepas om te wys sy't betaal maar wil haar nie van die buro
laat verwyder nie. In so 'n geval moet Edgars haar dan uit hulle eie sak
van die buro verwyder, maar hulle het gesê sy moet hulle eers dagvaar
voordat hulle haar naam laat afhall, hulle gaan nie vrywilliglik met hulle
eie geld haar naam verwyder nie. En waar gaan sy die geld uitkrap om Edgars
te dagvaar? Blote uitbuiting. Daar moet 'n wet in plek wees wat sê die
maatskappy moet jou waarsku voordat hulle jou gaan lys by die kredietburos,
sodat jy dit kan uitsort (as jy kan) voordat jou naam deur die modder
gesleep word.

E

"Stone" wrote:
As ek reg kan
> onthou was daar een of ander proses wat sy kon deurgaan sodat H&R
> haar naam kan laat afhaal.
Re: Kredietrekord [boodskap #76914 is 'n antwoord op boodskap #76885] Di, 29 April 2003 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek weet, maar ek moet daarvoor betaal. Dit bo en behalwe die geld wat ek
nou kastig vir Snyman en Vennote "skuld". Op ITC is my rekord mooi skoon.
Ek het Snyman gebel, wat aan my gesê het ek moet 'n redelike onbekende buro
kontak om 'n verwysingsnommer te kry, voordat Snyman my kon help. Bel die
buro, kry die nr en bel weer Snyman. Ons, nou bekende, bewustelose
ontvangsdame sê vir my die nr is nie reg nie! En trek my rekord sommer so
met my ID nommer. Waarvoor moes ek nou 20 minute lank met 'n ander ou
sukkel om 'n verwysingsnr. te kry as sy dit sommer van die begin af met my
ID nr. kon doen?
Blykbaar ook nie die eerste keer wat Snyman en Vennote so droogmaak nie, ek
reken iemand pocket die geld aan daai kant, of hulle plaas met opset nie die
betalings deur nie sodat hulle kan score.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3eae6129.0@news1.mweb.co.za...
> Ons ken van Snyman en vennote en ook van ITC. Die enigste manier wat
> iemand van 'n kredietburo se swart lys verwyder kan word is as die instansie
> wat jou daarop geplaas het, dit weer afhaal. So ek reken dis Snyman en
> vennote wat moet bykom. Waarom ek weet, is omdat ons geoorweeg het om 'n
> ITC agentskap hier by ons te doen.
Re: Kredietrekord [boodskap #76937 is 'n antwoord op boodskap #76914] Wo, 30 April 2003 02:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat hierdie Blik$%#& doen is erger as krimineel.

Ek het ook 'n hele paar jaar gelede 'n stelletjie afgetrap met die breindood
morone wat Saambou bank verteenwoordig. Ek het twee persoonlikke rekenings
afbetaal en getrou elke maand die geld gaan inbetaal. Wat die dof bank
morone gedoen het was om die hele bedrag op een rekening te krediteer terwyl
die tweede rekening verder en verder agterstallig raak, maar dit het ek eers
jare later uitgevind.

Een mooi dag bel 'n baie ongeskikte dame my en verwittig my dat hulle my
"cleaners" toe gaan vat as ek nie onmiddelik R800.00 kom inbetaal nie

Ek skrik my toe half lam en storm bank toe met R800.00 wat ek so te sê uit
my familie uit moes lieg, bedrieg en besteel. Ek betaal die R800.00 en begin
toe maar na die tyd wonder waar dinge nou eintlik verkeerd geloop het, voor
ek dit kon uitwerk arriveer die volgende sarsie prokereurs briewe en hierdie
manne was nog meer ongeskik as die antie van die anner dag. Ek gaan sien
toe die bank bestuurder maar voor ek nog by sy kantoor kan uitkom sien hy
die prokereurs brief my hand en sê toe sommer sumier hy praat nie met my
nie, ek moet na die prokureur toe gaan.

Hierdie prokereur sê toe sommer op intrapslag vir my "Ek stel nie belang in
jou K%$ stories nie al wat ek van jou wil weet is hoe jy my klient gaan
terugbetaal" Die Blik%*#$ het natuurlik sy moerse fooi ook bygtel teen
daardie staduim. So stap ek toe daar uit met 'n ooreenkoms om hom
maandeliks af te betaal. So 'n paar maande later trek ek toe Pretoria toe en
gaan gee toe my nuwe adres vir die prokereur vark PERSOONLIK!!! Ek het net
so 'n paar betalings oor gehad en stuur dit toe heel getrou. Met die laaste
betaling stuur ek toe ook 'n brief waarin ek versoek dat hy my moet laat
weet of daar nog enigsins iets uitstaande is en indien nie, hy vir my 'n
brief kan stuur wat sê ek het my verpligtinge nagekom. Die krimineel van 'n
prokureur, reageer toe nie op my brief nie en ook nie op die 3
daaropvolgende briewe wat ek gestuur het nie. Ek het tot twee van die briewe
geregistreer, maar nog steeds geen antwoord.

'n Jaar later kom 'n ander kwaai beampte van die hof aan en begin my meubels
sumier opskryf. Hy wys toe dat hierdie blik%$#@ 'n "Judgement" teen my gekry
het. Volgens die Blik%$#@ was daar nog R37.00 uitstaande en beweer ek het
geen adres gelos toe ek getrek het nie, so hy het toe die bedraggie laat
ophardloop tot bykans R1500.00(opsporings kostes en enige k%$ wat hy kon
uitdink). Weereens moes ek gaan lieg, bedrieg smeek en steel om die geld
bymekaar te kry.

Ek dink toe dis sommer nonsens en gaan toe reguit na die hoofkantoor van
Saambou in Pretoria. Daar ontmoet ek toe iemand wat my help om uit te vind
wat rerig aangaan. Ek het basies my een rekening in rekord tyd afbetaal
telwyl die ander een agterstallig was maar die mense by Saambou kon dit nie
vir hulle self uitwerk nie. Toe ek uiteindelik vir die ongeskikte bank
bestuurder dit persoonlik gaan verduidelik sluk die blik%$#@! amper sy tong
in. Te midde van sy jammerte vir die onnodige slegte naam wat ek in die
proses gekry het sê hy toe sommer blatant dat hy dit nie sal regstel nie
want as hy erken hy het stappe geneem teen 'n klient as gevolg van 'n fout
aan sy kant, hy in baie moeilikheid gaan kom.

Toe besluit ek somer ek gaan hom die moeite spaar en kry toe 'n prokereurs
vriend om 'n briefie aan die Saambou auditeure waarvoor hy so bang is te
skryf . Hulle het ook my punt ingesien maar nog steeds geweier om die saak
reg te stel.

Kort na hierdie aangeleentheid is ek 'n huislening toegestaan by Saambou ten
midde van die "Judgement" teen my. Ek het ook sommer 'n nuwe kar deur hulle
gekoop, slegte naam of nie.

Die bankbestuurder was 'n maand later nie meer by daardie tak nie maar ek
weet nie waarnatoe hy is nie, ek voel altyd beter as ek myself laat glo ek
het iets met sy verdwyning te doen gehad, al is dit seker maar net toeval
dat hy op daardie staduim moes aanskuif na iewers anders.

Ek het ook 'n stelletjie afgetrap met Edgars. Hulle het my gedagvaar vir
R800 waarvoor ek 'n kwitansie gehad het. Dit het my jare geneem om dit op
te klaar amdat hulle ook maar die houding aangeneem het dat ek hulle eers
moet dagvaar.

Die beste is die ape van 'n meubel handelaar wat my oorhandig het aan 'n
skuld invorderaar vir die bedrag wat ok vooruit betaald was op my
rekening!!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3eaed564.0@news1.mweb.co.za...
> Ja ek weet, maar ek moet daarvoor betaal. Dit bo en behalwe die geld wat ek
> nou kastig vir Snyman en Vennote "skuld". Op ITC is my rekord mooi skoon.
> Ek het Snyman gebel, wat aan my gesê het ek moet 'n redelike onbekende buro
> kontak om 'n verwysingsnommer te kry, voordat Snyman my kon help. Bel die
> buro, kry die nr en bel weer Snyman. Ons, nou bekende, bewustelose
> ontvangsdame sê vir my die nr is nie reg nie! En trek my rekord sommer so
> met my ID nommer. Waarvoor moes ek nou 20 minute lank met 'n ander ou
> sukkel om 'n verwysingsnr. te kry as sy dit sommer van die begin af met my
> ID nr. kon doen?
> Blykbaar ook nie die eerste keer wat Snyman en Vennote so droogmaak nie, ek
> reken iemand pocket die geld aan daai kant, of hulle plaas met opset nie die
> betalings deur nie sodat hulle kan score.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3eae6129.0@news1.mweb.co.za...
>> Ons ken van Snyman en vennote en ook van ITC. Die enigste manier wat
>> iemand van 'n kredietburo se swart lys verwyder kan word is as die instansie
>> wat jou daarop geplaas het, dit weer afhaal. So ek reken dis Snyman en
>> vennote wat moet bykom. Waarom ek weet, is omdat ons geoorweeg het om 'n
>> ITC agentskap hier by ons te doen.
>
Re: Kredietrekord [boodskap #76946 is 'n antwoord op boodskap #76937] Wo, 30 April 2003 08:37 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die uitweg is heel maklik........spaar tot jy die geld het en koop dan!

"Exiled" skryf in boodskap news:R7Gra.32186$Ln3.994@fe02.atl2.webusenet.com...
> Wat hierdie Blik$%#& doen is erger as krimineel.
>
> Ek het ook 'n hele paar jaar gelede 'n stelletjie afgetrap met die breindood
> morone wat Saambou bank verteenwoordig. Ek het twee persoonlikke rekenings
> afbetaal en getrou elke maand die geld gaan inbetaal. Wat die dof bank
> morone gedoen het was om die hele bedrag op een rekening te krediteer terwyl
> die tweede rekening verder en verder agterstallig raak, maar dit het ek eers
> jare later uitgevind.
>
> Een mooi dag bel 'n baie ongeskikte dame my en verwittig my dat hulle my
> "cleaners" toe gaan vat as ek nie onmiddelik R800.00 kom inbetaal nie
>
> Ek skrik my toe half lam en storm bank toe met R800.00 wat ek so te sê uit
> my familie uit moes lieg, bedrieg en besteel. Ek betaal die R800.00 en begin
> toe maar na die tyd wonder waar dinge nou eintlik verkeerd geloop het, voor
> ek dit kon uitwerk arriveer die volgende sarsie prokereurs briewe en hierdie
> manne was nog meer ongeskik as die antie van die anner dag. Ek gaan sien
> toe die bank bestuurder maar voor ek nog by sy kantoor kan uitkom sien hy
> die prokereurs brief my hand en sê toe sommer sumier hy praat nie met my
> nie, ek moet na die prokureur toe gaan.
>
> Hierdie prokereur sê toe sommer op intrapslag vir my "Ek stel nie belang in
> jou K%$ stories nie al wat ek van jou wil weet is hoe jy my klient gaan
> terugbetaal" Die Blik%*#$ het natuurlik sy moerse fooi ook bygtel teen
> daardie staduim. So stap ek toe daar uit met 'n ooreenkoms om hom
> maandeliks af te betaal. So 'n paar maande later trek ek toe Pretoria toe en
> gaan gee toe my nuwe adres vir die prokereur vark PERSOONLIK!!! Ek het net
> so 'n paar betalings oor gehad en stuur dit toe heel getrou. Met die laaste
> betaling stuur ek toe ook 'n brief waarin ek versoek dat hy my moet laat
> weet of daar nog enigsins iets uitstaande is en indien nie, hy vir my 'n
> brief kan stuur wat sê ek het my verpligtinge nagekom. Die krimineel van 'n
> prokureur, reageer toe nie op my brief nie en ook nie op die 3
> daaropvolgende briewe wat ek gestuur het nie. Ek het tot twee van die briewe
> geregistreer, maar nog steeds geen antwoord.
>
> 'n Jaar later kom 'n ander kwaai beampte van die hof aan en begin my meubels
> sumier opskryf. Hy wys toe dat hierdie blik%$#@ 'n "Judgement" teen my gekry
> het. Volgens die Blik%$#@ was daar nog R37.00 uitstaande en beweer ek het
> geen adres gelos toe ek getrek het nie, so hy het toe die bedraggie laat
> ophardloop tot bykans R1500.00(opsporings kostes en enige k%$ wat hy kon
> uitdink). Weereens moes ek gaan lieg, bedrieg smeek en steel om die geld
> bymekaar te kry.
>
> Ek dink toe dis sommer nonsens en gaan toe reguit na die hoofkantoor van
> Saambou in Pretoria. Daar ontmoet ek toe iemand wat my help om uit te vind
> wat rerig aangaan. Ek het basies my een rekening in rekord tyd afbetaal
> telwyl die ander een agterstallig was maar die mense by Saambou kon dit nie
> vir hulle self uitwerk nie. Toe ek uiteindelik vir die ongeskikte bank
> bestuurder dit persoonlik gaan verduidelik sluk die blik%$#@! amper sy tong
> in. Te midde van sy jammerte vir die onnodige slegte naam wat ek in die
> proses gekry het sê hy toe sommer blatant dat hy dit nie sal regstel nie
> want as hy erken hy het stappe geneem teen 'n klient as gevolg van 'n fout
> aan sy kant, hy in baie moeilikheid gaan kom.
>
> Toe besluit ek somer ek gaan hom die moeite spaar en kry toe 'n prokereurs
> vriend om 'n briefie aan die Saambou auditeure waarvoor hy so bang is te
> skryf . Hulle het ook my punt ingesien maar nog steeds geweier om die saak
> reg te stel.
>
> Kort na hierdie aangeleentheid is ek 'n huislening toegestaan by Saambou ten
> midde van die "Judgement" teen my. Ek het ook sommer 'n nuwe kar deur hulle
> gekoop, slegte naam of nie.
>
> Die bankbestuurder was 'n maand later nie meer by daardie tak nie maar ek
> weet nie waarnatoe hy is nie, ek voel altyd beter as ek myself laat glo ek
> het iets met sy verdwyning te doen gehad, al is dit seker maar net toeval
> dat hy op daardie staduim moes aanskuif na iewers anders.
>
> Ek het ook 'n stelletjie afgetrap met Edgars. Hulle het my gedagvaar vir
> R800 waarvoor ek 'n kwitansie gehad het. Dit het my jare geneem om dit op
> te klaar amdat hulle ook maar die houding aangeneem het dat ek hulle eers
> moet dagvaar.
>
> Die beste is die ape van 'n meubel handelaar wat my oorhandig het aan 'n
> skuld invorderaar vir die bedrag wat ok vooruit betaald was op my
> rekening!!!
>
>
>
>
>
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3eaed564.0@news1.mweb.co.za...
>> Ja ek weet, maar ek moet daarvoor betaal. Dit bo en behalwe die geld wat ek
>> nou kastig vir Snyman en Vennote "skuld". Op ITC is my rekord mooi skoon.
>> Ek het Snyman gebel, wat aan my gesê het ek moet 'n redelike onbekende buro
>> kontak om 'n verwysingsnommer te kry, voordat Snyman my kon help. Bel die
>> buro, kry die nr en bel weer Snyman. Ons, nou bekende, bewustelose
>> ontvangsdame sê vir my die nr is nie reg nie! En trek my rekord sommer so
>> met my ID nommer. Waarvoor moes ek nou 20 minute lank met 'n ander ou
>> sukkel om 'n verwysingsnr. te kry as sy dit sommer van die begin af met my
>> ID nr. kon doen?
>> Blykbaar ook nie die eerste keer wat Snyman en Vennote so droogmaak nie, ek
>> reken iemand pocket die geld aan daai kant, of hulle plaas met opset nie die
>> betalings deur nie sodat hulle kan score.
>>
>> E
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3eae6129.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ons ken van Snyman en vennote en ook van ITC. Die enigste manier wat
>>> iemand van 'n kredietburo se swart lys verwyder kan word is as die instansie
>>> wat jou daarop geplaas het, dit weer afhaal. So ek reken dis Snyman en
>>> vennote wat moet bykom. Waarom ek weet, is omdat ons geoorweeg het om 'n
>>> ITC agentskap hier by ons te doen.
>>
>
Vorige onderwerp: Ekonomie in lewende lywe
Volgende onderwerp: Sekwestrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:48:09 MGT 2024