Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Kanada se krieket
Kanada se krieket [boodskap #73976] Di, 25 Februarie 2003 09:45 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
En niemand het nog vir Gloudina geluk gewens oor die feit dat een van
haar span se spelers, John Davison, die vinnigste 100 nog in eendag WB
wedstryde aangeten het nie. Net 67 balle, en dit nogal teen die
Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.
Re: Kanada se krieket [boodskap #73978 is 'n antwoord op boodskap #73976] Di, 25 Februarie 2003 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie Gloudina se skuld nie!:)))
JD is in Kanada gebore, maar vandat hy 1 jaar oud is, woon hy in Australië.
Maar ja, 'n wonderlike rekord wat seker lank sal staan.
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0302250145.6374e4d8@posting.google.com...
> En niemand het nog vir Gloudina geluk gewens oor die feit dat een van
> haar span se spelers, John Davison, die vinnigste 100 nog in eendag WB
> wedstryde aangeten het nie. Net 67 balle, en dit nogal teen die
> Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.
Re: Kanada se krieket [boodskap #73985 is 'n antwoord op boodskap #73978] Di, 25 Februarie 2003 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis die omgewing - Pretoria se klimaat kweek wêreldkampioene. Die invloed
van die Monument ....

"Annette" skryf in boodskap news:b3fgcb$1l136r$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dis nie Gloudina se skuld nie!:)))
> JD is in Kanada gebore, maar vandat hy 1 jaar oud is, woon hy in Australië.
> Maar ja, 'n wonderlike rekord wat seker lank sal staan.
> Annette
>
>
> "Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0302250145.6374e4d8@posting.google.com...
>> En niemand het nog vir Gloudina geluk gewens oor die feit dat een van
>> haar span se spelers, John Davison, die vinnigste 100 nog in eendag WB
>> wedstryde aangeten het nie. Net 67 balle, en dit nogal teen die
>> Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #73989 is 'n antwoord op boodskap #73985] Di, 25 Februarie 2003 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)) Miskien moet hulle Loftus Securicorpark bietjie nader na die Monument
toe skyf;))
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:b3fmtr$brf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis die omgewing - Pretoria se klimaat kweek wêreldkampioene. Die invloed
> van die Monument ....
> "Annette" wrote in message
> news:b3fgcb$1l136r$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dis nie Gloudina se skuld nie!:)))
>> JD is in Kanada gebore, maar vandat hy 1 jaar oud is, woon hy in Australië.
>> Maar ja, 'n wonderlike rekord wat seker lank sal staan.
>> Annette
>>
>>
>> "Drom" wrote in message
>> news:1e507c17.0302250145.6374e4d8@posting.google.com...
>>> En niemand het nog vir Gloudina geluk gewens oor die feit dat een van
>>> haar span se spelers, John Davison, die vinnigste 100 nog in eendag WB
>>> wedstryde aangeten het nie. Net 67 balle, en dit nogal teen die
>>> Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.
>>
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #73992 is 'n antwoord op boodskap #73989] Di, 25 Februarie 2003 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> :)) Miskien moet hulle Loftus Securicorpark bietjie nader na die Monument
> toe skyf;))

Soos in waatlemoen?

Penkop van die Derde Republiek
Re: Kanada se krieket [boodskap #73995 is 'n antwoord op boodskap #73976] Di, 25 Februarie 2003 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

Net 67 balle, en dit nogal teen die
> Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.

So dit het so voor die wind
gegaan?

Gloudina
Re: Kanada se krieket [boodskap #73997 is 'n antwoord op boodskap #73995] Di, 25 Februarie 2003 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Gloudina - vir die speler wel. maar die span het nog steeds helaas,
nietemin en desnieteenstaande verloor.
Annette

news:3E5B7302.6070308@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
> Net 67 balle, en dit nogal teen die
>> Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.
>
> So dit het so voor die wind
> gegaan?
>
> Gloudina
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #73998 is 'n antwoord op boodskap #73995] Di, 25 Februarie 2003 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hulle sê die Windies het besluit om 'n siesta te gaan hou. Toe sit hulle
op die veld volgrootte afbeeldings van hulle spelers en die klomp kanadese
dag toe die spel is aan die gang. Dis toe dat hierdie ou sy klomp lopies
gemaak het. Toe die Windies terugkeer, toe's dit net so
tjoef-tjaf......bye-bye!
skryf in boodskap news:3E5B7302.6070308@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
> Net 67 balle, en dit nogal teen die
>> Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.
>
> So dit het so voor die wind
> gegaan?
>
> Gloudina
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #73999 is 'n antwoord op boodskap #73998] Di, 25 Februarie 2003 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Hulle sê die Windies het besluit om 'n siesta te gaan hou. Toe sit hulle
> op die veld volgrootte afbeeldings van hulle spelers en die klomp kanadese
> dag toe die spel is aan die gang. Dis toe dat hierdie ou sy klomp lopies
> gemaak het. Toe die Windies terugkeer, toe's dit net so
> tjoef-tjaf......bye-bye!

Miskien het die Kanadese vir die
ander spelers omgekoop om vir hulle
'n kans te gee om te shine. (Was dit
nie 'n siekte waaraan SA krieket ook
op 'n tyd gely het nie?) En die mense
van die Karribiese See hou van Kanada.
Toronto is een van hulle geliefkoosde
plekke om heen te emigreer.

Gloudina
Re: Kanada se krieket [boodskap #74000 is 'n antwoord op boodskap #73999] Di, 25 Februarie 2003 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Miskien het die Kanadese van hulle "Tarzan-twak" saamgebring wat nou
makliker verkrygbaar is - daar in die skadu van die groot boom?

Antie kan jy assblief bevestig - aardie Kanadese wat ten gunste van dagga
is, is ook teen nikotien ...? ?
Teen die dodstraf - maar pro-aborsie ....? ?

skryf in boodskap news:3E5B83B8.7030301@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Hulle sê die Windies het besluit om 'n siesta te gaan hou. Toe sit hulle
>> op die veld volgrootte afbeeldings van hulle spelers en die klomp kanadese
>> dag toe die spel is aan die gang. Dis toe dat hierdie ou sy klomp lopies
>> gemaak het. Toe die Windies terugkeer, toe's dit net so
>> tjoef-tjaf......bye-bye!
>
> Miskien het die Kanadese vir die
> ander spelers omgekoop om vir hulle
> 'n kans te gee om te shine. (Was dit
> nie 'n siekte waaraan SA krieket ook
> op 'n tyd gely het nie?) En die mense
> van die Karribiese See hou van Kanada.
> Toronto is een van hulle geliefkoosde
> plekke om heen te emigreer.
>
> Gloudina
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #74002 is 'n antwoord op boodskap #74000] Di, 25 Februarie 2003 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie kan jy assblief bevestig - aardie Kanadese wat ten gunste van dagga
> is, is ook teen nikotien ...? ?
> Teen die dodstraf - maar pro-aborsie ....? ?

Die voorstanders van 'n vrou se reg om te
kies, is nie "pro-aborsie" nie.
As ons in Kanada die besit van klein
hoeveelhede dagga dekriminaliseer, en
die gebruik van dagga vir medisinale
doeleindes makliker maak, dan is ons
in die regte kringe. Mense wat nikotien
gebruik, kan voortgaan om hulself te
vermoor, maar hulle mag nie meer ander
mense vergiftig nie. Nou moet hulle buite
in die sneeu en die ys gaan staan en rook.

Gloudina
Re: Kanada se krieket [boodskap #74010 is 'n antwoord op boodskap #74002] Wo, 26 Februarie 2003 04:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - mooi so.
Dit bevestig bloot wat ek vermoed het ...
Jy besef natuurlik dat jy meer woorde gebruik om nokitien af te kraak as wat
jy gebruik om dagga te bevorder.

skryf in boodskap news:3E5BBA5A.9060902@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Antie kan jy assblief bevestig - aardie Kanadese wat ten gunste van dagga
>> is, is ook teen nikotien ...? ?
>> Teen die dodstraf - maar pro-aborsie ....? ?
>
> Die voorstanders van 'n vrou se reg om te
> kies, is nie "pro-aborsie" nie.
> As ons in Kanada die besit van klein
> hoeveelhede dagga dekriminaliseer, en
> die gebruik van dagga vir medisinale
> doeleindes makliker maak, dan is ons
> in die regte kringe. Mense wat nikotien
> gebruik, kan voortgaan om hulself te
> vermoor, maar hulle mag nie meer ander
> mense vergiftig nie. Nou moet hulle buite
> in die sneeu en die ys gaan staan en rook.
>
> Gloudina
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #74015 is 'n antwoord op boodskap #74002] Wo, 26 Februarie 2003 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: <a href="mailto:"></a>

ek sien antie het Voorblad op Kyknet gekyk gisteraand daar in u Kanadese
verbeeldigs wereldjie.... Interessante praatjie gewees ne!

skryf in boodskap news:3E5BBA5A.9060902@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Antie kan jy assblief bevestig - aardie Kanadese wat ten gunste van dagga
>> is, is ook teen nikotien ...? ?
>> Teen die dodstraf - maar pro-aborsie ....? ?
>
> Die voorstanders van 'n vrou se reg om te
> kies, is nie "pro-aborsie" nie.
> As ons in Kanada die besit van klein
> hoeveelhede dagga dekriminaliseer, en
> die gebruik van dagga vir medisinale
> doeleindes makliker maak, dan is ons
> in die regte kringe. Mense wat nikotien
> gebruik, kan voortgaan om hulself te
> vermoor, maar hulle mag nie meer ander
> mense vergiftig nie. Nou moet hulle buite
> in die sneeu en die ys gaan staan en rook.
>
> Gloudina
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #74016 is 'n antwoord op boodskap #73976] Wo, 26 Februarie 2003 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hier is die reaksie wat ek van my korrespondent in Kanada gekry het toe ek
haar gelukwens met daai goeie honderdtal:

We had a team?

We played in SA?

We played *well*?

How about that! :-D

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0302250145.6374e4d8@posting.google.com...
> En niemand het nog vir Gloudina geluk gewens oor die feit dat een van
> haar span se spelers, John Davison, die vinnigste 100 nog in eendag WB
> wedstryde aangeten het nie. Net 67 balle, en dit nogal teen die
> Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.
Re: Kanada se krieket [boodskap #74031 is 'n antwoord op boodskap #74010] Wo, 26 Februarie 2003 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Anti - mooi so.
> Dit bevestig bloot wat ek vermoed het ...
> Jy besef natuurlik dat jy meer woorde gebruik om nokitien af te kraak as wat
> jy gebruik om dagga te bevorder.

Jonas, ek het albei gerook (iets wat
ek nie meer doen nie, want albei brand
jou longe as jy dit rook) en ek kan
jou verseker dat nikotien VREESLIK
verslawend is en dagga NIE VERSLAWEND
is nie. So, solank nikotien nie
gekriminaliseer is nie, moet die
besit van klein hoeveelhede dagga
ook gedekriminaliseer word. Die laat
my nog egter sidder hoe nikotien in
die winkels verkoop word. Dis 'n sonde
teen die mensdom.

Gloudina
Re: Kanada se krieket [boodskap #74052 is 'n antwoord op boodskap #74031] Wo, 26 Februarie 2003 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Né, maar jy's ingelig. Dagga is inderdaad verslawend en doen NET SOVEEL
SKADE indien nie meer nie as sigarette. Dagga maak 'n mens ook natuurlik
"hoog" en na 'n ruk moet jy meer en meer dagga rook om dieselfde effek te
kry wat een zol jou twee maande terug gegee het. As jy dagga met 'n "bong"
rook is dit nog erger, want die hitte wat van die warm water afkom
veroorsaak blasies op die longe. Dagga vernietig ook meer breinselle as 'n
gewone sigaret. Ek sê nie sigarette is gesond of goed nie - ek noem maar
net.
Na 'n ruk is dagga nie meer genoeg nie, en dan begin jy dit met Mandrax
meng, wanneer dit nie meer die gewenste uitwerking het nie gaan jy oor na
iets sterkers.
Net soos met sigarette maak die eerste een jou nie verslaaf nie, ook nie die
tweede of selfs derde een nie. Maar met langdurige gebruik sal jy verslaaf
word. Niemand wat ek ken wat rook het ooit oorgegaan dagga toe omdat dit 'n
beter uitwerking het nie. Maar baie mense wat ek ken gaan oor van dagga, na
Mandrax, na "coke", na LSD ens.

Altwee is verslawend en altwee is 'n euwel.

Groete
Elaine

wrote:

> Jonas, ek het albei gerook (iets wat
> ek nie meer doen nie, want albei brand
> jou longe as jy dit rook) en ek kan
> jou verseker dat nikotien VREESLIK
> verslawend is en dagga NIE VERSLAWEND
> is nie. So, solank nikotien nie
> gekriminaliseer is nie, moet die
> besit van klein hoeveelhede dagga
> ook gedekriminaliseer word. Die laat
> my nog egter sidder hoe nikotien in
> die winkels verkoop word. Dis 'n sonde
> teen die mensdom.
>
> Gloudina
>
Dagga en nikotien [boodskap #74053 is 'n antwoord op boodskap #74052] Wo, 26 Februarie 2003 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Altwee is verslawend en altwee is 'n euwel.

You go girl!!
Sê hulle, Elaine. Sê hulle!! :-)
Re: Kanada se krieket [boodskap #74054 is 'n antwoord op boodskap #74052] Wo, 26 Februarie 2003 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet mens kan dagga gebuik vir sekere siektes, maar ek weet nie van twak
rook wat vir siektes help nie.
Dus is die een euwel erger as die ander;))
Annette

"Elaine" wrote in message
news:3e5d1005.0@news1.mweb.co.za...
> Né, maar jy's ingelig. Dagga is inderdaad verslawend en doen NET SOVEEL
> SKADE indien nie meer nie as sigarette. Dagga maak 'n mens ook natuurlik
> "hoog" en na 'n ruk moet jy meer en meer dagga rook om dieselfde effek te
> kry wat een zol jou twee maande terug gegee het. As jy dagga met 'n "bong"
> rook is dit nog erger, want die hitte wat van die warm water afkom
> veroorsaak blasies op die longe. Dagga vernietig ook meer breinselle as 'n
> gewone sigaret. Ek sê nie sigarette is gesond of goed nie - ek noem maar
> net.
> Na 'n ruk is dagga nie meer genoeg nie, en dan begin jy dit met Mandrax
> meng, wanneer dit nie meer die gewenste uitwerking het nie gaan jy oor na
> iets sterkers.
> Net soos met sigarette maak die eerste een jou nie verslaaf nie, ook nie die
> tweede of selfs derde een nie. Maar met langdurige gebruik sal jy verslaaf
> word. Niemand wat ek ken wat rook het ooit oorgegaan dagga toe omdat dit 'n
> beter uitwerking het nie. Maar baie mense wat ek ken gaan oor van dagga, na
> Mandrax, na "coke", na LSD ens.
>
> Altwee is verslawend en altwee is 'n euwel.
>
> Groete
> Elaine
>
> wrote:
>
>> Jonas, ek het albei gerook (iets wat
>> ek nie meer doen nie, want albei brand
>> jou longe as jy dit rook) en ek kan
>> jou verseker dat nikotien VREESLIK
>> verslawend is en dagga NIE VERSLAWEND
>> is nie. So, solank nikotien nie
>> gekriminaliseer is nie, moet die
>> besit van klein hoeveelhede dagga
>> ook gedekriminaliseer word. Die laat
>> my nog egter sidder hoe nikotien in
>> die winkels verkoop word. Dis 'n sonde
>> teen die mensdom.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #74055 is 'n antwoord op boodskap #74054] Wo, 26 Februarie 2003 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dagga TEE, nie dagga rook nie!

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:b3j5c8$1lvvr5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek weet mens kan dagga gebuik vir sekere siektes, maar ek weet nie van twak
> rook wat vir siektes help nie.
> Dus is die een euwel erger as die ander;))
> Annette
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74058 is 'n antwoord op boodskap #74053] Wo, 26 Februarie 2003 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Elaine: Altwee is verslawend en altwee is 'n euwel.

Katryn : You go girl!! Sê hulle, Elaine. Sê hulle!! :-)

Wouter
Ek en jy het al hieroor verskil, Katryn. Maar ek gaan weer my kundige
oor die onderwerp aanhaal:

Koos Kombuis oor Dagga en TV-kyk
Hierdie artikel het Koos reeds vroeg in 2001 op Litnet geskryf
----------------------------------------------------------

Kaalkop die waarheid!
As TV-kyk onwettig was .
Koos A. Kombuis

'n Pleidooi Vir 'n Nuwe Benadering Tot Die Gebruik Of Misbruik Van Cannabis

Ná 'n afwesigheid van ses maande het ek besluit om my hertoetrede tot LitNet
te neem.

Ek is vas van plan dat my deelname aan LitNet nie weer sal ontaard in 'n
verslawing nie. Ek is seker dat ek dit onder beheer het. Ek sal nie weer
toelaat dat LitNet inmeng met my gewoontes om byvoorbeeld na gesonde
pornografie op die Internet te kyk nie. Ek sal my inname van Afrikaanse
skindernuus tot so 'n mate beperk dat dit nooit weer sal maak dat ek
writer's block kry met my ander skrywery nie.

Ek was verslaaf, maar ek dink ek is nou vry.

So waaroor sal hierdie eerste rubriek handel, noudat ek weer op die lug is?

Ek wil graag juis iets sê oor verslawing. 'n Ander soort verslawing Ek let
op dat party van die briewe van lesers deesdae hieroor handel, en daar is
opnuut artikels in Huisgenoot en mense wonder of dagga nou eindelik gewettig
gaan word en al sulke dinge. Aangesien ek, voor my verslawing aan LitNet ook
aan elke moontlike ander ding verslaaf was - dis algemene kennis - wil ek
graag ietsie hieroor sê. Veral oor dagga, die sogenaamde "gateway drug" (met
ander woorde, die ding wat jou geleidelik na ander drugs toe lei).

Hier is my nuwe teorie. Ek wil dit nie net rig aan die algemene publiek nie,
maar ook aan daggarokers self (komaan, ek weet die meeste van julle lees
LitNet!).

Dagga is, anders as sommige ander dwelmmiddels, nie fisies verslawend nie.
Met ander woorde, mens kry nie die ritteltits of horries as jy dit los nie.
Tog is dit 'n sterk gewoonte wat nogal moeilik is om af te skud. Dit het
baie met peer pressure te doen.

Ek wil die veronderstelling maak dat dit dalk so is dat, in die geval van
dagga, die peer pressure-faktor gevaarliker is as die dagga self. Kom ons
stel dit anders. Gestel TV-kyk was onwettig. Wat sou mense gedoen het wat
baie graag wil TV kyk? Hulle sou presies gedoen het wat daggarokers vandag
doen. Hulle sou op straathoeke gestaan het in klein groepies en op 'n shifty
manier oor hulle skouers gekyk het. Dan sou hulle een ná die ander almal in
'n sekere woonstel verdwyn het vir ure lank, om laat in die nag weer uit te
strompel met oë wat op niks kan fokus nie.

En wie sou hierdie geheime TV-stelle aangehou het? Wie sou die geld
ingesamel het by die deur? Kriminele. Ouens wat in hulle vrye tyd dalk
smokkel met ander verbode kommoditeite.

Kort voor lank sou dominees en sielkundiges gemaan het: "TV-kyk kan lei na
heroïne."

(Natuurlik. Hulle word deur dieselfde merchant verkoop.)

Ek kan my al die bekentenisse in die populêre lektuur voorstel - byvoorbeeld
'n ou wat bieg: "Dit het begin met net 'n bietjie Baywatch saam met die
manne elke naweeksaand. Binnekort wou elke dag Egoli kyk. En toe ek weer
sien, is my regterhand vol eelte van die remote control. Ek het begin geld
steel net om 'n M-Net decoder te bekostig. Ek het begin belangstel in al hoe
meer kanale, soos die Cartoon Network, die Vyf Nasies-rugbytoernooi, en,
uiteindelik, Die Casper-Rasper-Show. Vandag is ek ook aan crack verslaaf."

Dink net aan al die vermorsde lewens, die boetes en vonnisse, die
skuldgevoelens, die verwyte, al die gebroke gesinne .

Beteken dit dat ek nou wil voorgee dat dagga-rook onskuldig is?

Wel, nee. Behalwe dat dit net so 'n mors van tyd is soos die meeste TV, kan
dagga 'n mens verskriklik opfok. Dagga is juis gevaarlik omdat mense dit
onderskat. Want die negatiewe effekte van dagga-rook wys mos nie dadelik
nie. Waar 'n harde dwelmgewoonte aan iets soos kokaïne of heroïne jou binne
'n kwessie van maande merkbaar laat agteruitgaan in jou persoonlike lewe en
gesondheid, rook baie mense jare lank gereeld dagga voor dit begin interfere
met hulle effektiewe bestaansmeganismes.

Oor die negatiewe effek van dagga self hoef ek seker nie te veel uit te wei
nie. Julle ou rokers weet hiervan, al ontken julle dit so heftig!

Laat ek dit so stel: Gestel jy is een van my teikengroep vir wie ek
spesifiek hierdie rubriek skryf. As jy is, rook jy al tien jaar of langer
dagga. Dit is vir jou 'n feitlik daaglikse ritueel.

Ek kan jou wed dat jy met die volgende probleme opgeskeep sit (hoewel jy dit
dalk nog nie as probleme sien nie):

Jy is deel van 'n kliek mense, 'n vriendekring wat mekaar gedurig beskinder
en beswadder. Jy het feitlik geen vriende - hoogstens kennisse - wat nie
rook nie.

Jou loopbaan het begin stagneer, en die planne wat jy maak, bly gewoonlik
net dit: planne.

Jy beweer jy is cosmically connected met die hele universe, maar jy is te
lui of te ongeorganiseerd om 'n vliegkaartjie iewers heen te koop. Jou
laaste trip Amsterdam toe was in plus-minus 1992 en jy praat nou nog daarvan
asof dit gister was. Jy was ook nog nooit in die Krugerwildtuin nie en as jy
was, kan jy dit glad nie onthou nie.

Jy het 'n slegte hoesie wat sommige winters oorslaan na 'n onaardse
geroggel.

As jy uitgenooi word na 'n sosiale geleentheid, probeer jy eers vooraf
uitvind of dit "deur rokers" gereël is of nie. As dit nie is nie, daag jy
nie op nie, al het jy belowe om te gaan.

Jy het nog nooit van Boeta Wessels gehoor nie.

Jy het 'n string mislukte verhoudings agter die rug. Die mense wat jou gelos
het, kla almal oor jou gebrek aan verantwoordelikheidsin, jou luiheid, en
jou selfbeheptheid. Jy dink dit is die ongelooflikste toeval dat almal
dieselfde klagte het. Hoekom kan hulle nie net chill nie?

So kan 'n mens voortgaan. Ja, dagga fok 'n mens op, veral as jy dit op 'n
daaglikse basis gebruik, en ook veral as jy lid is van 'n geslote
vriendekring.

Ek het natuurlik al mense geken wat dagga net by spesiale geleenthede

gebruik: 'n sekere bejaarde sosiologie-dosent by Fort Hare en sy vrou;
enkele computer analysts in die suburbs; een van my werktuigkundiges. Sulke
mense is dun gesaai. Hulle het gewoonlik nie posters van Bob Marley teen
hulle mure nie. Hulle besit CD-versamelings wat nie net reggae insluit nie.
Hulle het ook ander belangstellings. Vir hulle is dagga soos 'n sopie
brandewyn op 'n Sondagaand, of 'n rit met 'n windsurfer in Desember.

Ek beny hierdie mense tot 'n mate. Omdat ek aan die ander groep behoort
het - die groep wat dagga misbruik het eerder as gebruik het - sal ek dalk
nooit weer 'n geleentheidsroker word nie. Die swakheid was te sterk in my.

As ek dus nou wil sê: "Maak dagga wettig!" is ek soos 'n alkoholis wat
protesteer teen die Prohibition. As ek wil hê dat dagga gewettig moet word,
is dit nie omdat ek dit self weer wil gebruik nie, want ek sal waarskynlik
nie. Ek het dit juis teen die soort situasie wat van my 'n misbruiker

daarvan gemaak het. Ek het dit teen die obsessiewe en rebelse rook van Jah
se kastige onkruid. Ek het dit teen die hele "us-and-them"-mentaliteit, die
beterweterigheid, die eindelose sirkel-argumente en die doodgewone fokken
slapgatgeit van deesdae se gewoonterokers.

Maar as ons dagga finaal wettig maak, is die eerste linie ons s'n. Dit is in
elk geval so 'n algemene gewoonte dat ons dit nie meer kan keer nie. Wat ons
moet probeer keer, is dat daggarook te trendy word. Ons moet die kriminele
assosiasies wegneem. Ons moet sonder enige vooroordele of demonisering
objektief en krities na hierdie ding kyk.

Is daar voordele? O ja. Die matige gebruik van dagga doen absoluut niks aan
'n mens nie. Ek onthou dat selfs die smaak lekker was. Destyds in Amsterdam
het ek die ontdekking gemaak dat die dagga van verskillende lande die geure
en gewaarwordinge saamdra van die kultuur waaruit dit kom. Hollandse "skunk"
was swaar, ryk en vulgêr soos die Hollandse kultuur. Oosterse Thai was die
ene tjieng en tjong, soos klokkies in 'n rietbos.

En ons eie Durban Poison? Sterk soos kerrie . Soos goeie wyne dra elke
daggablaar sy herkoms in hom rond. Tog jammer dat die ouens wat net
rook om hoog te word, mettertyd nie eers meer hierdie subtiele verskille
kan geniet nie!

Beteken dit dat ons moet toelaat dat daar, soos in Amsterdam, op elke hoek
en draai in Suid-Afrika 'n sogenaamde coffeeshop moet verrys? Nee, ek hoop
nie so nie. Mense sal moet betaal vir sulke lisensies. Ons laat nie meer as
een casino per dorp toe nie; sal ons dan toelaat dat die daggakultuur
oorvat? Juis nie. Sou ons die dame Mary Jane by ons voordeur innooi, sou sy
beskeie moet wees, sou sy haar plek moet ken. Vele gaste sal op haar verlief
raak, ja, en soos daar ook vele harte gebreek is deur die Heer Klipdrift,
Neef Tassenberg en al die Oude Meesters van die Establishment, sal hierdie
vrou altyd haar slagoffers hê.

Maar nooit weer sal dit dan kan gesê word dat dagga vir enigiemand die deur
oopgemaak het na 'n erger verslawing nie. (Niemand sê dit huidiglik van
drank of dobbel nie!) Persoonlike verantwoordelikheid is immers een van die
hoekstene van ons samelewing.

Elke mens het die reg om sy eie sondes te kies. Hoewel my dagga-stadium
verby is - ek het verlede week negatief getoets in 'n urine-toets wat Sanlam
my laat doen het! - wens ek julle wat wil rook, 'n gesonde, nie-obsessiewe
verhouding met die dame Mary Jane toe. Wat my betref: van nou af kies ek
koffie, rooiwyn, en - in baie klein dosisse - LitNet.
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74060 is 'n antwoord op boodskap #74058] Wo, 26 Februarie 2003 23:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dis baie interresant, maar ek stem nie saam nie. Jy kry ook nie
ritteltits en horries as jy ophou rook nie. (ek het self gerook), maar met
dagga raak jy tien teen een verslaaf aan die "gevoel". Wat jy die meeste
mis as jy ophou rook en jy's deur die hele "onttrekkingssimptome" ding is om
'n sigaret tussen jou twee vingers vas te knyp.
Dis ook onmoontlik om FISIES verslaaf te raak aan Kokaine, maar tog vertel
jou kop jou lyf jy is. Dis heel moontlik dieselfde geval met dagga. Ek ken
ongelukkig baie mense wat verslaaf (ja ek sê verslaaf) is aan dagga. Hulle
kan nie deur 'n dag kom sonder om minstens een zol te rook nie. In my
boekies is dit verslawing, of dit nou fisies moontlik is of nie. Sy kop
vertel vir hom dit is, en hy gaan net so moeilik sy zol los soos wat ek my
siggie gelos het.

Groetnis
Elaine

"Wouter Plaasvark" wrote:

Maar ek gaan weer my kundige
> oor die onderwerp aanhaal:
>
> Koos Kombuis oor Dagga en TV-kyk
> Hierdie artikel het Koos reeds vroeg in 2001 op Litnet geskryf
> ----------------------------------------------------------
Re: Kanada se krieket [boodskap #74061 is 'n antwoord op boodskap #74052] Wo, 26 Februarie 2003 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Maar baie mense wat ek ken gaan oor van dagga
na LSD

Ek weet nie van al die ander dinge wat jy
noem nie, maar ek weet wel dat skoon
LSD nie verslawend is nie. Weet jy dat hulle
in die VSA, voordat mense paranoies daaroor
geraak het, eksperimente gedoen het met
LSD. Hulle het 'n klomp predikante geneem en
vir een helfte 'n goeie dosis LSD gegee, en
vir die ander helfte 'n placebo. Die predikante
wat die placebo geneem het, het niks "gevoel"
nie, maar die ouens wat die sterk dosis LSD
ingekry het, het sommer gou begin profeteer en
oor God begin praat.
Ek wil nie die indruk gee dat ek baie van
"drugs" af weet nie. Die kere wat ek LSD ingekry
het, was dit so flou dat mens omtrent geen goeie
ondervinding gehad het nie. Die paar kere wat ek
met dagga deurmekaar was, het ek nie gehou van die
brand in my longe nie, en was die effek ook maar
so lig dat mens alleen iets kon ondervind as jy jou
oë toemaak. En mens was ook altyd bang dat jy,
gemeng met die dagga of die LSD ander drugs kon inkry
waarvan jy nie geweet het nie. Maar ek het vir 'n
sekere periode in my lewe op 'n plek gebly waar daar
"magic mushrooms" gegroei het, en het daarvan gebruik.
Dit is nie iets wat mens maklik doen nie, want jy kry
'n baie diep ondervinding, maar ek moet sê dat ek vir
altyd dankbaar is dat ek daardie ondervindings gehad
het. Hulle was diep geestelik.

Gloudina
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74062 is 'n antwoord op boodskap #74058] Wo, 26 Februarie 2003 23:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"  wrote:

> Wouter
> Ek en jy het al hieroor verskil, Katryn. Maar ek gaan weer my kundige
> oor die onderwerp aanhaal:
>
> Koos Kombuis oor Dagga en TV-kyk

Katryn:
Ja, ek onthou. :-)  Maar ons het saamgestem oor die dekriminalisering
van dagga - iets wat ek ook voorstaan.  Ons het net verskil oor die
verslawings aspek van dagga, en ek het honderde duidelike
wetenskaplike artikels aangehaal om my stelling te staaf.   Maar okay,
destyds het jy ook gesê dat hierdie kundige van jou se brief is baie
meer werd as my honderde ou verwysingkies - I'll give you that.  :-)
Dis goed geskryf, en maak baie sin.
(In ag genome dat dit 'n aanvaarbare wetenskaplike feit is dat sekere
mense geneties meer neig na 'n verslawende tipe persoonlikheid as
ander en dus makliker "verslaaf" sal raak en dat dagga dalk vir
hierdie groep mense 'n groter gevaar as "gateway drug" inhou.)
Wat geld vir Paul, geld nie noodwendig vir Peter nie.    Of so iets...
Dwelsm [boodskap #74064 is 'n antwoord op boodskap #74061] Do, 27 Februarie 2003 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal liewer niks sê oor die magic mushrooms nie! Ek ken dit nie.

Ek het 'n meisiekind geken wat verslaaf was aan LSD, sy het twee jaar nadat
sy "skoon" is nog steeds "flashbacks" gekry wat veroorsaak is deur haar
verslawing. My niggie het omonkeerbare breinskade opgedoen agv LSD. Ja,
LSD is nie fisies verslawend nie, maar jou "brein" raak verslaaf aan die
dwelm, en soos ek gesê het, die langtermyn skade is nogal erg. Het jy al
gesien hoe lyk iemand wat op 'n LSD "high" is? Dis iets skrikwekkends om te
aanskou. Ek het nog nooit LSD gebruik nie. Ek weet dis skadelik en het gee
begeerte om enigiets wat so "heavy" is te gebruik nie.

Ek, het wel een keer vreeslike sterk dagga gerook, dit was my tweede keer
gewees, en die ou wat dit goed daar aangebring het, het my gewys hoe om dit
"reg" te doen. Ek was seker vir 'n goeie 45 minute op 'n plak en het so
sleg gevoel tydens daai 45 minute dat ek gesweer het ek sal dit nooit weer
gebruik nie - en ek het nie. Daai gevoel van "suspended animation" was net
een te erg vir my gewees. Ek voel nou nog asof 45 minute van my lewe
verlore is en ek het omtrent geen "herinnering" van daai 45 minute nie,
behalwe dat alles in "slow motion" gebeur het en ander goed, wat ek nie
regtig kan "grasp" nie het ook gebeur. Ek probeer nog onthou :-)

Die enigste ander dwelm wat ek gebruik het is 'n ding wat hulle "cat" noem.
Almal het my vertel hoe "veilig" die dwelm is, almal het gelieg. Jy verloor
nie beheer nie, en jy gaan nie op 'n trip nie, maar jou bek raak los, jy
raak emosioneel, paranoid en jy kan nie slaap nie. As jy dit oor die lang
duur gebruik kan jy jou sinusse vernietig (dit word gesnuif), jy kan
onomkeerbare breinskade en skade aan jou hart opdoen.
Een van die bestandele in cat is efedrien. Dieselfde ding wat jy in verkoue
medisyne kry, en dis nogal belaglik maklik om te maak.

wrote:
>
> Ek weet nie van al die ander dinge wat jy
> noem nie, maar ek weet wel dat skoon
> LSD nie verslawend is nie. Weet jy dat hulle
> in die VSA, voordat mense paranoies daaroor
> geraak het, eksperimente gedoen het met
> LSD. Hulle het 'n klomp predikante geneem en
> vir een helfte 'n goeie dosis LSD gegee, en
> vir die ander helfte 'n placebo. Die predikante
> wat die placebo geneem het, het niks "gevoel"
> nie, maar die ouens wat die sterk dosis LSD
> ingekry het, het sommer gou begin profeteer en
> oor God begin praat.

> Gloudina
>
Re: Kanada se krieket [boodskap #74070 is 'n antwoord op boodskap #74055] Do, 27 Februarie 2003 03:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My ma moes, op dokter se voorskrif, dagga rook om te help met haar asma.
Annette

"Elaine" wrote in message
news:3e5d1d65.0@news1.mweb.co.za...
> Dagga TEE, nie dagga rook nie!
>
> Elaine
>
> "Annette" wrote in message
> news:b3j5c8$1lvvr5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek weet mens kan dagga gebuik vir sekere siektes, maar ek weet nie van twak
>> rook wat vir siektes help nie.
>> Dus is die een euwel erger as die ander;))
>> Annette
>
Re: Dwelsm [boodskap #74088 is 'n antwoord op boodskap #74064] Do, 27 Februarie 2003 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier is nou een onderwerp waarvan ek geen ondervinding het nie. Ek het nog
nooit eens 'n daggazol gesien nie, wat nog te sê van rook! Ons het 'n ouer
gehad wat vir jou mooi verduidelik het wat die voordele en die nadele van
dwelmgebruik was en jou in kennis gestel het dat as jy dit sou gebruik, gaan
hy jou half vrekslaan.....so die keuse is joune. Dit sê egter nie dat
mens kan lees of die TV bekyk nie en nou die aand was daar op KYKNet 'n
moerse argument juis oor dagga en die een ou het gereken dat onafgesien die
dwelm gedeelte van dagga, is die teer inhoud van dagga veel hoër as 'n
sigaret s'n en juis daarom veel meer skadelik vir jou longe. Blykbaar is
die nikotien in tabak veel minder skadelik as die teer daarin wat dan
neerslaan in die longe. Blykbaar ook die papier van die sigaret wat
dodelik is.
'n Ander ding. Ek lees julle praat van sekere dwelms wat dan nie
verslawend sou wees nie. Dit mag seker so wees, maar die versswartes van
dwelms soek blykbaar groter winste en meng alle gemors tussenin om die
produk verder te rek en dis juis dit wat maak dat mense van die wa afval?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e5d5512.0@news1.mweb.co.za...
> Ek sal liewer niks sê oor die magic mushrooms nie! Ek ken dit nie.
>
> Ek het 'n meisiekind geken wat verslaaf was aan LSD, sy het twee jaar nadat
> sy "skoon" is nog steeds "flashbacks" gekry wat veroorsaak is deur haar
> verslawing. My niggie het omonkeerbare breinskade opgedoen agv LSD. Ja,
> LSD is nie fisies verslawend nie, maar jou "brein" raak verslaaf aan die
> dwelm, en soos ek gesê het, die langtermyn skade is nogal erg. Het jy al
> gesien hoe lyk iemand wat op 'n LSD "high" is? Dis iets skrikwekkends om te
> aanskou. Ek het nog nooit LSD gebruik nie. Ek weet dis skadelik en het gee
> begeerte om enigiets wat so "heavy" is te gebruik nie.
>
> Ek, het wel een keer vreeslike sterk dagga gerook, dit was my tweede keer
> gewees, en die ou wat dit goed daar aangebring het, het my gewys hoe om dit
> "reg" te doen. Ek was seker vir 'n goeie 45 minute op 'n plak en het so
> sleg gevoel tydens daai 45 minute dat ek gesweer het ek sal dit nooit weer
> gebruik nie - en ek het nie. Daai gevoel van "suspended animation" was net
> een te erg vir my gewees. Ek voel nou nog asof 45 minute van my lewe
> verlore is en ek het omtrent geen "herinnering" van daai 45 minute nie,
> behalwe dat alles in "slow motion" gebeur het en ander goed, wat ek nie
> regtig kan "grasp" nie het ook gebeur. Ek probeer nog onthou :-)
>
> Die enigste ander dwelm wat ek gebruik het is 'n ding wat hulle "cat" noem.
> Almal het my vertel hoe "veilig" die dwelm is, almal het gelieg. Jy verloor
> nie beheer nie, en jy gaan nie op 'n trip nie, maar jou bek raak los, jy
> raak emosioneel, paranoid en jy kan nie slaap nie. As jy dit oor die lang
> duur gebruik kan jy jou sinusse vernietig (dit word gesnuif), jy kan
> onomkeerbare breinskade en skade aan jou hart opdoen.
> Een van die bestandele in cat is efedrien. Dieselfde ding wat jy in verkoue
> medisyne kry, en dis nogal belaglik maklik om te maak.
>
> wrote:
>>
>> Ek weet nie van al die ander dinge wat jy
>> noem nie, maar ek weet wel dat skoon
>> LSD nie verslawend is nie. Weet jy dat hulle
>> in die VSA, voordat mense paranoies daaroor
>> geraak het, eksperimente gedoen het met
>> LSD. Hulle het 'n klomp predikante geneem en
>> vir een helfte 'n goeie dosis LSD gegee, en
>> vir die ander helfte 'n placebo. Die predikante
>> wat die placebo geneem het, het niks "gevoel"
>> nie, maar die ouens wat die sterk dosis LSD
>> ingekry het, het sommer gou begin profeteer en
>> oor God begin praat.
>
>> Gloudina
>>
>
Re: Dwelsm [boodskap #74099 is 'n antwoord op boodskap #74088] Do, 27 Februarie 2003 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Ons het 'n ouer
> gehad wat vir jou mooi verduidelik het wat die voordele en die nadele van
> dwelmgebruik was en jou in kennis gestel het dat as jy dit sou gebruik, gaan
> hy jou half vrekslaan.

Ek het vir my kinders alleen gedreig
dat hulle nie in die huis toegelaat sal
word as hulle nikotien gebruik nie. Oor
al die ander dwelms het ek vir hulle
inligting gegee, hoofsaaklik oor hoe hulle
moet handel as enigiets vir hulle aangebied
word. Dit help as mens hulle waarsku hoe
die goed fisies vir jou affekteer, en dit dus
baie belangrik is om babysitters te hê. Ek
moet sê, my kinders is baie meer konserwatief
as hulle ouers in hierdie opsig, en het ook
nie eintlik tyd vir sulke dinge nie.

Gloudina
Re: Dwelsm [boodskap #74101 is 'n antwoord op boodskap #74099] Do, 27 Februarie 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier moet ek met jou saamstem. Jinne, dis sekerlik 'n eerste? Ek is van
opinie dat 95% van alle dwelmprobleme/huweliksprobleme/noem maar op,
ontstaan uit verveeldheid uit. 'n Mens wat besig is, het nie tyd vir
stront nie. Ek was eendag by 'n besigheid wat modelle verkoop
[radiobeheerd] en daar is hierdie dik antie wat die baas van die plek slegsê
dat die see hom nie kan afwas nie omdat die radio wat sy vir haar seun moet
koop, R3500 kos. Hoe kan hy sulke duur goed aan kinders verkoop.
Die ou was 'n kalm tipe en hy het gewag tot die bus bedaar, toe vra hy:
"Mevrou, wat is jy bereid om te betaal om jou kind van die strate af te
hou?" Sy't hom half geskok aangekyk en toe skielik geglimlag. Toe
vertel sy ons met smaak en tot die outjie se verleentheid, dat hy daagliks
nie gou genoeg sy huiswerk kan klaarmaak sodat hy by sy vliegtuie kan uitkom
nie. Hy rook nie, hy gaan nie klubs toe nie. Dis net vliegtuie en hy
begin op 16 kompeteer vir die SA Pattern Kampioenskap.
Die kern van my storie is, 'n verveelde mens soek opwinding op enige plek
waar hy dit kan kry.
i...@rogers.com> skryf in boodskap news:3E5E19A6.9080901@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Ons het 'n ouer
>> gehad wat vir jou mooi verduidelik het wat die voordele en die nadele van
>> dwelmgebruik was en jou in kennis gestel het dat as jy dit sou gebruik, gaan
>> hy jou half vrekslaan.
>
>
> Ek het vir my kinders alleen gedreig
> dat hulle nie in die huis toegelaat sal
> word as hulle nikotien gebruik nie. Oor
> al die ander dwelms het ek vir hulle
> inligting gegee, hoofsaaklik oor hoe hulle
> moet handel as enigiets vir hulle aangebied
> word. Dit help as mens hulle waarsku hoe
> die goed fisies vir jou affekteer, en dit dus
> baie belangrik is om babysitters te hê. Ek
> moet sê, my kinders is baie meer konserwatief
> as hulle ouers in hierdie opsig, en het ook
> nie eintlik tyd vir sulke dinge nie.
>
> Gloudina
>
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74102 is 'n antwoord op boodskap #74060] Do, 27 Februarie 2003 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Feb 2003 01:26:39 +0200, "Elaine"
served the following to the group:

> Ja, dis baie interresant, maar ek stem nie saam nie. Jy kry ook nie
> ritteltits en horries as jy ophou rook nie. (ek het self gerook), maar met
> dagga raak jy tien teen een verslaaf aan die "gevoel". Wat jy die meeste
> mis as jy ophou rook en jy's deur die hele "onttrekkingssimptome" ding is om
> 'n sigaret tussen jou twee vingers vas te knyp.
> Dis ook onmoontlik om FISIES verslaaf te raak aan Kokaine, maar tog vertel
> jou kop jou lyf jy is. Dis heel moontlik dieselfde geval met dagga. Ek ken
> ongelukkig baie mense wat verslaaf (ja ek sê verslaaf) is aan dagga. Hulle
> kan nie deur 'n dag kom sonder om minstens een zol te rook nie. In my
> boekies is dit verslawing, of dit nou fisies moontlik is of nie. Sy kop
> vertel vir hom dit is, en hy gaan net so moeilik sy zol los soos wat ek my
> siggie gelos het.
>
> Groetnis
> Elaine
>

1 - almal wat al dagga vir `n lang ruk gebruik het staan op.
2 - almal wat nog sit verlaat asb die thread.
3 - ok nou kan `n mens seker meer sensible praat oor dagga.

net soos sigarette is dagga gewoontevormend. net soos sigarette is
dagga chemies verslawend. net soos sigarette kan dit tot erger dinge
lei.

as jy jou eerste pull van `n sigaret vat dan maak dit jou lighoofdig
en jy word naar. as jy jou eerste pull van `n dagga zol vat maak dit
jou lighoofdig en dit maak jou naar. dagga se effek hou bietjie langer
as sigarette.

meer mense moet elke dag/aand een drankie drink. een drankie doen nie
kwaad nie, een zol doen nie kwaad nie.

sal ek my kinders aanmoedig om dagga te rook? nee. sal ek my kinders
aanmoedig om sigarette te rook? nee. sal ek my kinders aanmoedig om te
drink? nee.

wat was die vraag nou weer?

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74103 is 'n antwoord op boodskap #74102] Do, 27 Februarie 2003 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Skippie, ek dink nie kinders wag vir die aanmoediging van hul ouers om te
rook of te drink nie.
Dit hang van kind tot kind af hoe vatbaar hulle vir groepsdruk is.

Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:es7s5vg779fcocelbugp90l7fml0tcmh5k@4ax.com...
> On Thu, 27 Feb 2003 01:26:39 +0200, "Elaine"
> served the following to the group:
>
>> Ja, dis baie interresant, maar ek stem nie saam nie. Jy kry ook nie
>> ritteltits en horries as jy ophou rook nie. (ek het self gerook), maar met
>> dagga raak jy tien teen een verslaaf aan die "gevoel". Wat jy die meeste
>> mis as jy ophou rook en jy's deur die hele "onttrekkingssimptome" ding is om
>> 'n sigaret tussen jou twee vingers vas te knyp.
>> Dis ook onmoontlik om FISIES verslaaf te raak aan Kokaine, maar tog vertel
>> jou kop jou lyf jy is. Dis heel moontlik dieselfde geval met dagga. Ek ken
>> ongelukkig baie mense wat verslaaf (ja ek sê verslaaf) is aan dagga. Hulle
>> kan nie deur 'n dag kom sonder om minstens een zol te rook nie. In my
>> boekies is dit verslawing, of dit nou fisies moontlik is of nie. Sy kop
>> vertel vir hom dit is, en hy gaan net so moeilik sy zol los soos wat ek my
>> siggie gelos het.
>>
>> Groetnis
>> Elaine
>>
>
> 1 - almal wat al dagga vir `n lang ruk gebruik het staan op.
> 2 - almal wat nog sit verlaat asb die thread.
> 3 - ok nou kan `n mens seker meer sensible praat oor dagga.
>
> net soos sigarette is dagga gewoontevormend. net soos sigarette is
> dagga chemies verslawend. net soos sigarette kan dit tot erger dinge
> lei.
>
> as jy jou eerste pull van `n sigaret vat dan maak dit jou lighoofdig
> en jy word naar. as jy jou eerste pull van `n dagga zol vat maak dit
> jou lighoofdig en dit maak jou naar. dagga se effek hou bietjie langer
> as sigarette.
>
> meer mense moet elke dag/aand een drankie drink. een drankie doen nie
> kwaad nie, een zol doen nie kwaad nie.
>
> sal ek my kinders aanmoedig om dagga te rook? nee. sal ek my kinders
> aanmoedig om sigarette te rook? nee. sal ek my kinders aanmoedig om te
> drink? nee.
>
> wat was die vraag nou weer?
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74108 is 'n antwoord op boodskap #74102] Do, 27 Februarie 2003 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Threeships Mcduck wrote:

> wat was die vraag nou weer?

Ja nee - 'n ou roker.
:-)))
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74109 is 'n antwoord op boodskap #74108] Vr, 28 Februarie 2003 05:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Feb 2003 18:08:27 -0500, Katryn
served the following to the group:

> Threeships Mcduck wrote:
>
>> wat was die vraag nou weer?
>
> Ja nee - 'n ou roker.
> :-)))

wat bedoel mevrou nou met 'ou roker'? ek is nie oud nie

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74110 is 'n antwoord op boodskap #74103] Vr, 28 Februarie 2003 05:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Feb 2003 17:28:00 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Skippie, ek dink nie kinders wag vir die aanmoediging van hul ouers om te
> rook of te drink nie.
> Dit hang van kind tot kond af hoe vatbaar hulle vir groepsdruk is.
>
> Annette
>

nie regtig wat ek probeer se het nie, ek het net probeer se dat ek nie
noodwendig dink dis `n goeie ding nie. kinders [mense] se vatbaarheid
vir groepsdruk het baie te doen met sy selfbeeld en selfvertroue.
is dit nou kind, kond of hond?

>
> "Threeships Mcduck" wrote in message
> news:es7s5vg779fcocelbugp90l7fml0tcmh5k@4ax.com...
>> On Thu, 27 Feb 2003 01:26:39 +0200, "Elaine"
>> served the following to the group:

>>> Ja, dis baie interresant, maar ek stem nie saam nie. Jy kry ook nie
>>> ritteltits en horries as jy ophou rook nie. (ek het self gerook), maar met
>>> dagga raak jy tien teen een verslaaf aan die "gevoel". Wat jy die meeste
>>> mis as jy ophou rook en jy's deur die hele "onttrekkingssimptome" ding is om
>>> 'n sigaret tussen jou twee vingers vas te knyp.
>>> Dis ook onmoontlik om FISIES verslaaf te raak aan Kokaine, maar tog vertel
>>> jou kop jou lyf jy is. Dis heel moontlik dieselfde geval met dagga. Ek ken
>>> ongelukkig baie mense wat verslaaf (ja ek sê verslaaf) is aan dagga. Hulle
>>> kan nie deur 'n dag kom sonder om minstens een zol te rook nie. In my
>>> boekies is dit verslawing, of dit nou fisies moontlik is of nie. Sy kop
>>> vertel vir hom dit is, en hy gaan net so moeilik sy zol los soos wat ek my
>>> siggie gelos het.
>>>
>>> Groetnis
>>> Elaine
>>>

>> 1 - almal wat al dagga vir `n lang ruk gebruik het staan op.
>> 2 - almal wat nog sit verlaat asb die thread.
>> 3 - ok nou kan `n mens seker meer sensible praat oor dagga.

>> net soos sigarette is dagga gewoontevormend. net soos sigarette is
>> dagga chemies verslawend. net soos sigarette kan dit tot erger dinge
>> lei.

>> as jy jou eerste pull van `n sigaret vat dan maak dit jou lighoofdig
>> en jy word naar. as jy jou eerste pull van `n dagga zol vat maak dit
>> jou lighoofdig en dit maak jou naar. dagga se effek hou bietjie langer
>> as sigarette.

>> meer mense moet elke dag/aand een drankie drink. een drankie doen nie
>> kwaad nie, een zol doen nie kwaad nie.

>> sal ek my kinders aanmoedig om dagga te rook? nee. sal ek my kinders
>> aanmoedig om sigarette te rook? nee. sal ek my kinders aanmoedig om te
>> drink? nee.

>> wat was die vraag nou weer?

>> Threeships Mcduck
>> www.mothership.co.za
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Dagga en nikotien [boodskap #74123 is 'n antwoord op boodskap #74109] Sa, 01 Maart 2003 10:23 Na vorige boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In die army het ek baie rokers gesien en hulle was almal jong ervare rokers.

Ek het self 'n paar keer die buzz gekry waneer ek tussen die troepe se
barrake moes deurstap. Elke aand het daar so 'n wolk oor die barrake
gehang.

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:pist5v0ol760bnp5fvvr0eajt51nptf43c@4ax.com...
> On Thu, 27 Feb 2003 18:08:27 -0500, Katryn
> served the following to the group:
>
>> Threeships Mcduck wrote:
>>
>>> wat was die vraag nou weer?
>>
>> Ja nee - 'n ou roker.
>> :-)))
>
> wat bedoel mevrou nou met 'ou roker'? ek is nie oud nie
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: Krieket 26/2
Volgende onderwerp: Krieket 1/3
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 23:01:17 MGT 2024