Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoekom Gaye Derby-Lewis?
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70042 is 'n antwoord op boodskap #69985] Wo, 04 Desember 2002 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine - ek weet nie nou of ons van dieselfde storie praat nie - die 3
regsgeleerdes wat die R300 borg elk gekry het, het nie self die moord (
padwoede) gepleeg nie, maar was betrokke om die magistraat wat die daad
gepleeg het van die toneel te verwyder. Dus verydeling van die gereg.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3ded20b7.0@news1.mweb.co.za...
> Weereens, wat maak dit tog saak of sy skuldig is of nie. Die wet is die
> wet, en die polisie het die wet gebreek en klaar. Die feit dat sy betrokke
> was by Hani se dood al dan nie is nie ter sprake hier nie. Ek ken die vrou
> nie eers nie, so ek's baie meer objektief as wat die meeste van julle is.
> Totdat sy toegesluit is het ek nie eers geweet daar bestaan so iemand soos
> Gaye Derby-Lewis nie. Die feit dat sy of haar man betrokke was by die Hani
> moord gee nog steeds nie die polisie die reg hom HAAR regte sommer so
> eenkant toe te skuif nie.
> En antwoord my vraag (vergeet tog van die Hani moord!!!) hoekom het sy 'n
> R3000 borgtog gekry vir 'n simpel vuurwapen lisensie, terwyl twee
> medepligtiges tot MOORD net R300 gekry het?
>
> En het jy nie gehoor nie? Ons mag nie meer die slagting van bloedrivier
> vier nie - ons was mislik met die zoeloes :-)
>
> Elaine
>
> wrote:
>
>> Maar danksy Retha Harmse en
>> die mirakel van ubuntu, het die slagting toe nie
>> gekom nie. Ek dink Afrikaners moet dié mirakel,
>> saam met die mirakel van Bloedrivier, vier asof
>> hulle lewens daarvan afhang. En ophou om vir
>> Gaye Derby-Lewis goed te praat.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70053 is 'n antwoord op boodskap #69995] Wo, 04 Desember 2002 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Pieter wrote:

hou den bek.

Luister, du Plessis, ek het vir jou
ook al vantevore gesê, hou den bek.
Laat Paul praat. Rob Peter to pay Paul.

Gloudina
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70056 is 'n antwoord op boodskap #70007] Wo, 04 Desember 2002 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

Ek het dit teen die polisie se manier van
> optrede. Good grief, vyftien poliesmanne om 'n vrou van 63 te gaan
> aankeer? En dan skop hulle ses uur die oggend haar deur oop?

Ek dink jy maak 'n fout. Die polisie
het seker wel deeglik gesoek na mense
wat wegkruip. En ek wil jou nou vra
om bietjie navorsing te doen. Vind uit
wie hierdie polisiemanne se spreekpersoon
is. Ek wed jou daar is mense met Afrikaner-
vanne daarin. Soos ek die polisie in SA
bekyk, is dit nog sommer goed bedeeld met
Afrikaner-name. Die spreekspersone is
gewoonlik vroumense met Afrikaner-vanne.

Gloudina
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70058 is 'n antwoord op boodskap #70036] Wo, 04 Desember 2002 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Pieter wrote:

> skryf in boodskap news:3DED6370.7030203@rogers.com...
>
>> geplant en mense ontvoer het nie. Enigiemand wat
>> moord en doodslag en bommeplant beplan, is in 'n kategorie
>> by hulself.

>
> So daar sy jy self wat jy van Mandela en kie dink

Natuurlik. Enigiemand wat oorgaan om
bomme te plant is in 'n kategorie by
hulself. Die vryheidsvegters in die
struggle was. Die Moslem terroriste
is. Die "boeremag" is. Jy kan nie in
die geval, soos Elaine wil beweer,
die normale gang van wetlike prosedure
volg nie. Ek het vantevore uitgewys dat
hier in Kanada Trudeau met die Quebec
krisis van die sewentigerjare dadelik
martial law uitgeroep het en mense
by die hope gearresteer en in die tronk
gestop het. Selfs sommige wat onskuldig
was. Net soos die Amerikaners by Guantanamo
doen. Net soos Smuts by Koffiefontein
gedoen het. Bomme gooi en opstand teen die
staat is serious business.
Dis natuurlik ook waar dat sommige
bomgooiers uiteindelik hulle doel bereik.
Mandela en Kie. het. Mens hoop natuurlik
dat daar uiteindelik na die Moslem suicide-
bombers geluister gaan word. En hopelik
neem die ANC nota van die bomme wat in Soweto
ontplof.

Gloudina
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70060 is 'n antwoord op boodskap #70056] Wo, 04 Desember 2002 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Drom wrote:
Ek het dit teen die polisie se manier van
> optrede. Good grief, vyftien poliesmanne om 'n vrou van 63 te gaan
> aankeer? En dan skop hulle ses uur die oggend haar deur oop?

Gloudina
... ek wil jou nou vra
om bietjie navorsing te doen. Vind uit
wie hierdie polisiemanne se spreekpersoon
is. Ek wed jou daar is mense met Afrikaner-
vanne daarin. Soos ek die polisie in SA
bekyk, is dit nog sommer goed bedeeld met
Afrikaner-name.

Wouter
Dis algemeen bekend dat die polisie-ondersoeke teen die regse
groepe deur blanke polisiemanne gelei word. Dit maak ook sin,
hulle het die beste idee hoe die regse kriminele se koppe werk.
Daar is geen navorsing nodig om jou vraag te antwoord nie,
daardie mense is wit. So what?

Die polisiemanne wat die deur afgeskop het kon wit of swart
gewees het, wat maak dit saak? Dit bly die polisie en dit
bly onaanvaarbaar en onnosel. Die onnoselheid van die aksie
het niks met kleur te doen nie, hoekom wil jy 'n rasse-hoek
aan onnoselheid sit?
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70062 is 'n antwoord op boodskap #69930] Wo, 04 Desember 2002 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dis juis waar die probleem is!
"Die Beeld".
Ek haal aan uit The Citizen:4 December 2002...

"De Kock was transferred to the local prison,which also housed long-term
prisoners.
De Kock had completed his term in CMax,before the transfer.He indicated he
wanted to mix with other prisoners.De Kock had been subjected to a number of
assesments to determine his behaviour, whether he was coping with life in
prison and was participating in rehabilitation programmes,whether he was a
risk to others and whether there was a danger of him escaping,before it was
decided to approve his application to become an
ordinary prisoner.
He pointed out it was impossible that De Kock and Derby-Lewis,who is serving
a life sentence,could have argued in C-Max,as they were held in seperate
divisions.
They were not even in the same section.Since either of them was admitted to
the prison they have never seen each other."

Dus is dit seker net die skewe Beeld wat sulke leuens kan vertel.Is dit nie
tyd dat mense eerder vergeet van Beeld en hulle valse beweringe oor die jare
heen nie?
Beeld was-,is- en sal altyd valse beweringe maak om hulle
dalende sirkulasie syfer te probeer verhoog...die waarheid te spyte!

"Suidwester" skryf in boodskap news:3dec493d.0@news1.mweb.co.za...
> Het jy vanoggend se Beeld gelees? De Kock en Derby-Lewis is
> uitmekaargehaal in die tronk omdat hulle 'n mensigsverskil gehad het. Wat
> vir my opmerklik was, was De Kock se opmerkings oor die voorval. Hy sê
> alles wat hy verkeerd gedoen het was in opdrag van die vorige regering. Hy
> het geen regse neigings nie. Verder reken hy Derby-Lewis en sy regse pêlle
> is kriminele wat nog nooit die moed van hulle oortuiging gehad het om
> werklik in opstand te kom nie. Die dag toe baklei moes word toe had hulle
> alle soorte van verskonings. Hulle sal soos die terroriste van ouds eerder
> bomme plant want so kan hy mos wegkom. Te bang vir konfrontasie want dit
> vat te veel moed. Niks moet natuurlik gesê word van die finansiële
> voordele vir hierdie regse uit die buiteland nie? Net soos al die regses
> van die verlede, sal hiervan ook niks kom nie al is 'julle' Afrikaners nou
> ook al hê� wakker gemaak. Jy sê julle monde sal nie gesnoer word
> nie.....maar moet daar nie eerder aksie wees nie? Praat jy nie dalk te
> veel nie?
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:asg0p4$d2l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Bloot omdat sy 'n Derby-Lewis is!Die regering weet nie vir wie hulle jag
> oor
>> sekere bommetjies nie...nou probeer hulle 'n 63-jarige "tannie" daaraan
>> koppel om hulle hekse-jag op andersdenkende Afrikaners legitiem te probeer
>> maak.Al wat hulle nou bereik het is om daardie andersdenkende Afrikaners
>> waarby ek myself insluit se
>> Nasionalisme te laat wakker word.
>> Dit vat 'n "tante" van Australiese afkoms om ons wakker te maak.
>> Gabrielle Mavourna Derby-Lewis is 'n vrou wat vir niks
>> stuit nie.Watookal die liberaliste en kommuniste doen,hierdie land het nie
>> genoeg tronke om die Afrikaner
>> se vryheidstrewe te keer of om alle Afrikaners toe te sluit nie. Enige
>> persoon wat probeer om met Mugabe-styl die
>> witman se mond aan die Suidpunt van Afrika te snoer sal
>> bloot die verkeerde ding doen.
>> Hierdie regering is besig om met vuur te speel.In plaas daarvan om na
> vrede
>> te soek waar die Afrikaner deel is van 'n konfederale oplossing...is hulle
>> besig om te wil oorlog speel teen mense wat vrede nastreef.
>> Jy soek nie vrede,met 'n konfrontasie-houding nie.
>> As ons vrede nastreef kom ons soek vreedsame oplossings vir ons
> land...maar
>> as daar konfrontasie is,
>> sien ek swart vir Suid-Afrika!
>> Soek ons na vrede of soek ons na wind?
>>
>
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70065 is 'n antwoord op boodskap #70060] Wo, 04 Desember 2002 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

. Die onnoselheid van die aksie
> het niks met kleur te doen nie, hoekom wil jy 'n rasse-hoek
> aan onnoselheid sit?

Wouter, as jy bietjie meer al gehoor het van
wat in die wêreld van terreur aangaan, dan sal
jy ophou om agter jou lessenaar te sit en te
filosofeer oor hoe dinge gedoen word. Meeste
terreur-arreste word gemaak teen voordag, of
dit nou Trudeau se klomp is in Quebec, of
of die apartheidsregime se "veiligheids-magte
in Swaziland." Die vrou hier in Ottawa wat so
'n gedoente meegemaak het, vertel ons dat
sy daar in haar nagrok staan, verdwaas en on-
kundig van wat hierdie klomp manne met hulle
dik Afrikaanse aksente wil hê. Dis na so 'n
ondervinding dat sy besluit het dat dit nie
eens in Swaziland veilig was nie, en toe na
Kanada ge-emigreer het.

Gloudina
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70066 is 'n antwoord op boodskap #70065] Wo, 04 Desember 2002 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Die onnoselheid van die aksie het niks met kleur te doen
> nie, hoekom wil jy 'n rasse-hoek aan onnoselheid sit?

Gloudina
Wouter, as jy bietjie meer al gehoor het van
wat in die wêreld van terreur aangaan, dan sal
jy ophou om agter jou lessenaar te sit en te
filosofeer oor hoe dinge gedoen word.

Wouter
Nou beskuldig jy my dat ek filosofeer. Hoekom antwoord
jy nie liewer die vraag nie? Hoekom wil jy 'n rasse-hoek
aan onnoselheid sit?

Sal ek dan maar probeer antwoord, jy is mos altyd vinnig
om motiewe aan ander toe te dig?

Dis omdat jy 'n rassis is. Jy sien SA in wit en swart komponente,
soos dit lank terug was. Die meeste van ons is al lank by daardie
punt verby, ons kyk na polisie wat goeie diens lewer en polisie
wat swak diens lewer. Die kleur is vir ons al hoe minder van 'n
kwessie, vir jou al hoe meer.

Want jy is 'n ewige rassis.
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70069 is 'n antwoord op boodskap #70042] Wo, 04 Desember 2002 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar's hy, dis die lot - ek weet hulle het nie die moord gepleeg nie, maar
was betrokke by die "toesmeerdery", ek het in Engels gedink en het my
doodgesukkel om die Afrikaanse woord daarvoor te kry. As jy 'n moordenaar
help wegkom is jy self skuldig aan daai moord. As jy 'n dief help wegkom is
jy self skuldig aan daai diefstal.

E

"Annette" skryf in boodskap news:askr10$si58q$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elaine - ek weet nie nou of ons van dieselfde storie praat nie - die 3
> regsgeleerdes wat die R300 borg elk gekry het, het nie self die moord (
> padwoede) gepleeg nie, maar was betrokke om die magistraat wat die daad
> gepleeg het van die toneel te verwyder. Dus verydeling van die gereg.
>
> Annette
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70070 is 'n antwoord op boodskap #69992] Wo, 04 Desember 2002 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wou eers 'n vreelike mislike brief skryf. Maar het besluit om my nie aan
sulke lae gedrag skuldig te maak nie. Ek's nie hooghartig nie, ek's nie
naief nie, ek's net objektief. Ek's ook nie 'n ekspert nie, maar ek ken my
land se wette, en die wet sê jy mag nie 'n persoon se huis binnegaan, of
deursoek sonder 'n lasbrief nie.
En o ja, Chris Hani sou nou ons pres. gewees het as die pool hom nie
uitgehaal het nie. Nie dat ek vreeslik sou omgee 8 jaar terug nie, want ek
was net 16 jaar oud. In daai jare was Chris Hani net 'n man in 'n camo
uniform met sy vuis in die lug.

O ja, nog 'n ding. Die gevaarlike mense is die wat dink hulle kan sommer op
'n heksejag gaan en almal voor die voet uit hulle huise gryp en in die tronk
stop. Dis nou mense soos jy, wat so deur 'n haat verblind is, dat hulle nie
meer die waarheid kan of wil sien nie :-).

E

wrote:
>
>
> Hierdie soort gepraat, waar jy jouself verklaar
> as "baie meer objektief," net omdat jy eintlik
> onkundig was oor wie Gaye Derby-Lewis is, is
> nie alleen naief nie, maar hooghartig en selfs
> gevaarlik. Net omdat jy in 'n waas gelewe het
> en nie geweet het wat om jou aangaan agt jaar
> gelede nie, maak nie nou van jou 'n ekspert nie.
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70074 is 'n antwoord op boodskap #70070] Wo, 04 Desember 2002 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> En o ja, Chris Hani sou nou ons pres. gewees het as die pool hom nie
> uitgehaal het nie. Nie dat ek vreeslik sou omgee 8 jaar terug nie, want ek
> was net 16 jaar oud. In daai jare was Chris Hani net 'n man in 'n camo
> uniform met sy vuis in die lug.
>
> O ja, nog 'n ding. Die gevaarlike mense is die wat dink hulle kan sommer op
> 'n heksejag gaan en almal voor die voet uit hulle huise gryp en in die tronk
> stop. Dis nou mense soos jy, wat so deur 'n haat verblind is, dat hulle nie
> meer die waarheid kan of wil sien nie :-).

Wel, Elaine, ek hoef nie verder repliek
te lewer nie. Kyk na wat jy self hier bo
skryf, en sien dan wie staar jou in die
gesig: dieselfde soort gepraat soos daardie
Kruger minister wat gesê het Biko se dood
laat hom koud. Dieselfde persoon wat sonder
meer praat van "gevaarlike" en "met haat
verblinde" mense, as iemand vir jou net
daarop wys dat jy naief en onkundig is.

Tant Hessie van Koekenaap
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70075 is 'n antwoord op boodskap #70066] Wo, 04 Desember 2002 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dis omdat jy 'n rassis is.

> Want jy is 'n ewige rassis.

Ag, ou Wouter, die maak my hart so seer
as ek sien dat jy jou ook die moderne
regse-Afrikaner speletjie veroorloof,
wat probeer om mense rassiste te noem,
in die hoop dat dit sal stick. Gaan tel
nou hoeveel maal jy hierdie aanklag uit
die pen van duidelike rassiste gehoor het.
Meer as wat jy dit uit die mond van ANC
mense gehoor het. Jy sit maar net so die
tradisie voort van ons voorheen vreeslik
aktiewe Leendert van Oostrum, wat hierdie
uitweg gesoek het as hy nie meer anders
kon nie. Ek wonder waar Leendert deesdae
wei.

Gloudina
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70076 is 'n antwoord op boodskap #70074] Wo, 04 Desember 2002 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
UHM?! Nou't ek jou heeltemal verloor. Jy's klaar so lekker besig om my te
beledig - hoekom maak jy jouself nie duidelik nie. Ek's stupid en naief, ek
verstaan jou nie :o)

E

wrote:
>
>
>
> Wel, Elaine, ek hoef nie verder repliek
> te lewer nie. Kyk na wat jy self hier bo
> skryf, en sien dan wie staar jou in die
> gesig: dieselfde soort gepraat soos daardie
> Kruger minister wat gesê het Biko se dood
> laat hom koud. Dieselfde persoon wat sonder
> meer praat van "gevaarlike" en "met haat
> verblinde" mense, as iemand vir jou net
> daarop wys dat jy naief en onkundig is.
>
> Tant Hessie van Koekenaap
>
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70077 is 'n antwoord op boodskap #70075] Wo, 04 Desember 2002 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Dis omdat jy 'n rassis is.
> Want jy is 'n ewige rassis.

Ag, ou Wouter, die maak my hart so seer
as ek sien dat jy jou ook die moderne
regse-Afrikaner speletjie veroorloof,
wat probeer om mense rassiste te noem,
in die hoop dat dit sal stick.

Wouter
Jy probeer al weer die onderwerp verander. Hoekom
antwoord jy nie die vraag nie? Kom ek herhaal dit vir jou
(vir die derde keer):

Jy het gesê: ... ek wil jou nou vra om bietjie navorsing te
doen. Vind uit wie hierdie polisiemanne se spreekpersoon
is. Ek wed jou daar is mense met Afrikaner-vanne daarin.
Soos ek die polisie in SA bekyk, is dit nog sommer goed
bedeeld met Afrikaner-name

Toe antwoord en vra ek:
"Dis algemeen bekend dat die polisie-ondersoeke teen die regse
groepe deur blanke polisiemanne gelei word. Dit maak ook sin,
hulle het die beste idee hoe die regse kriminele se koppe werk.
Daar is geen navorsing nodig om jou vraag te antwoord nie,
daardie mense is wit. So what?
"Die polisiemanne wat die deur afgeskop het kon wit of swart
gewees het, wat maak dit saak? Dit bly die polisie en dit
bly onaanvaarbaar en onnosel. Die onnoselheid van die aksie
het niks met kleur te doen nie, hoekom wil jy 'n rasse-hoek
aan onnoselheid sit?"

Die vraag is : Die onnoselheid van die aksie het niks met
kleur te doen nie, hoekom wil jy 'n rasse-hoek aan
onnoselheid sit?"

Intussen volstaan ek met my opinie:
Dis omdat jy 'n (ewige) rassis is.
Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70078 is 'n antwoord op boodskap #70075] Wo, 04 Desember 2002 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Dis omdat jy 'n rassis is.

Gloudina:
Gaan tel nou hoeveel maal jy hierdie aanklag uit
die pen van duidelike rassiste gehoor het. Meer
as wat jy dit uit die mond van ANC mense gehoor het.

Wouter
Daardie stelling wys twee dinge
1. Jy is totaal uit voeling met wat hier gebeur
2. Jy het min (meer waarskynlik geen) kontak met
swart ANC-gesindes nie.
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70079 is 'n antwoord op boodskap #70070] Wo, 04 Desember 2002 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine
En o ja, Chris Hani sou nou ons pres. gewees het as die pool hom nie
uitgehaal het nie.

Wouter
Nee, ek dink nie so nie. Ons sou steeds vir Thabo Mbeki gehad het.
Mbeki was beide Mandela en die ANC Jeug se kandidaat, terwyl
Hani nog geleef het. Op daardie stadium het selfs Holomisa, met sterk
grass-roots steun, na 'n groter bedreiging gelyk, wat gelukkig nie
gemanifesteer het nie.
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70080 is 'n antwoord op boodskap #70079] Wo, 04 Desember 2002 22:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jong, baie mense uit ANC geledere dink dit sou wel die geval gewees het.
Miskien is hulle reg. Ons sal natuurlik nou nooit weet nie, want hy's
uitgehaal. Ek wonder tog of die mense dit nie begin sê het na sy dood nie.
Dis tog al bewys, na jou dood is jy meer bekend en gewild as wat jy was
terwyl jy gelewe het.

E

"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Wouter
> Nee, ek dink nie so nie. Ons sou steeds vir Thabo Mbeki gehad het.
> Mbeki was beide Mandela en die ANC Jeug se kandidaat, terwyl
> Hani nog geleef het. Op daardie stadium het selfs Holomisa, met sterk
> grass-roots steun, na 'n groter bedreiging gelyk, wat gelukkig nie
> gemanifesteer het nie.
>
Re: Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70082 is 'n antwoord op boodskap #70078] Wo, 04 Desember 2002 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Daardie stelling wys twee dinge
> 1. Jy is totaal uit voeling met wat hier gebeur
> 2. Jy het min (meer waarskynlik geen) kontak met
> swart ANC-gesindes nie.

en
3. Sy reflekteer haar prapanca. Of wat Jung na verwys het as die
"Shadow". Mens is nie altyd bewus van daardie deel van jou psige nie.
Re: Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70083 is 'n antwoord op boodskap #70082] Do, 05 Desember 2002 01:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> 3. Sy reflekteer haar prapanca. Of wat Jung na verwys het as die
> "Shadow". Mens is nie altyd bewus van daardie deel van jou psige nie.

En kyk wie praat nou. Onthou die keer
toe jy berserk gegaan het omdat Ferdi
nie vir jou wou bel nie. Daar was nou
vir jou 'n Shadow. En die keer toe jy
berserk gegaan het toe ek nie vir
Chrisjolette Vos as iets aparts van die
lewendige verbeelding van Dave du Plessis
wou sien nie. Analiseerder, analiseer
jouself.

Tant Hessie Mencken
Re: Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70084 is 'n antwoord op boodskap #70078] Do, 05 Desember 2002 01:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Daardie stelling wys twee dinge
> 1. Jy is totaal uit voeling met wat hier gebeur
> 2. Jy het min (meer waarskynlik geen) kontak met
> swart ANC-gesindes nie.

En jou stellings bewys maar net weer dat
jy desperaat moet oorgaan tot die
persoonlike aanval, want ek begin dinge
sê wat te na aan die murg van die waarheid
kom. Ek herhaal weer, dis 'n goedkoop
instrument van 'n sekere soort Afrikaner
om ander as rassiste te doop en te hoop
dat hulle nou die argument "gewen" het.

Gloudina
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70101 is 'n antwoord op boodskap #70080] Do, 05 Desember 2002 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet daar is baie wat Hani gefancy het. Maar Mbeki se steun was
baie breër, ook by die ouer en stiller deel. Iemand soos wyle Peter
Mokaba het hom reeds vroeg, toe hy leier van die jeugliga was, by
Mbeki geskaar. Teen die algemene verwagting in, ek het destyds
gewonder of Nelson Mandela 'n hand daarin gehad het en of
Mokaba self politiek slim genoeg was om die klimaat te lees.

En jy is natuurlik reg dat iemand wat so 'n onregverdige en
gewelddadige dood sterf agterna verhoogde status kry. Soos
wat met Steve Biko gebeur het.

Wouter

"Elaine" skryf in boodskap news:3dee8087.0@news1.mweb.co.za...
Jong, baie mense uit ANC geledere dink dit sou wel die geval gewees het.
Miskien is hulle reg. Ons sal natuurlik nou nooit weet nie, want hy's
uitgehaal. Ek wonder tog of die mense dit nie begin sê het na sy dood nie.
Dis tog al bewys, na jou dood is jy meer bekend en gewild as wat jy was
terwyl jy gelewe het.

E

"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Wouter
> Nee, ek dink nie so nie. Ons sou steeds vir Thabo Mbeki gehad het.
> Mbeki was beide Mandela en die ANC Jeug se kandidaat, terwyl
> Hani nog geleef het. Op daardie stadium het selfs Holomisa, met sterk
> grass-roots steun, na 'n groter bedreiging gelyk, wat gelukkig nie
> gemanifesteer het nie.
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70102 is 'n antwoord op boodskap #70101] Do, 05 Desember 2002 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem saam - Mbeki was van die begin af die aangewese opvolger van
Mandela. Hani sou seker miskien hoog op gewees het, maar nog nie President
nie.
Dan weet mens ook nie wat met hom sou gebeur het as hy nie vermoor was nie.
Hy kon bedank het en liewer in die private sektor gaan werk het, soos 'n
paar ander stewige kandidate,
of hy kon ook skielik gesterf het van rugpyn.
Mens weet nie - maar ek twyfel of hy naby president sou kom.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3def06a6.0@news1.mweb.co.za...
> Ek weet daar is baie wat Hani gefancy het. Maar Mbeki se steun was
> baie breër, ook by die ouer en stiller deel. Iemand soos wyle Peter
> Mokaba het hom reeds vroeg, toe hy leier van die jeugliga was, by
> Mbeki geskaar. Teen die algemene verwagting in, ek het destyds
> gewonder of Nelson Mandela 'n hand daarin gehad het en of
> Mokaba self politiek slim genoeg was om die klimaat te lees.
>
> En jy is natuurlik reg dat iemand wat so 'n onregverdige en
> gewelddadige dood sterf agterna verhoogde status kry. Soos
> wat met Steve Biko gebeur het.
>
> Wouter
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3dee8087.0@news1.mweb.co.za...
> Jong, baie mense uit ANC geledere dink dit sou wel die geval gewees het.
> Miskien is hulle reg. Ons sal natuurlik nou nooit weet nie, want hy's
> uitgehaal. Ek wonder tog of die mense dit nie begin sê het na sy dood nie.
> Dis tog al bewys, na jou dood is jy meer bekend en gewild as wat jy was
> terwyl jy gelewe het.
>
> E
>
> "Wouter Plaasvark" wrote:
>>
>> Wouter
>> Nee, ek dink nie so nie. Ons sou steeds vir Thabo Mbeki gehad het.
>> Mbeki was beide Mandela en die ANC Jeug se kandidaat, terwyl
>> Hani nog geleef het. Op daardie stadium het selfs Holomisa, met sterk
>> grass-roots steun, na 'n groter bedreiging gelyk, wat gelukkig nie
>> gemanifesteer het nie.
>
Re: Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70103 is 'n antwoord op boodskap #70084] Do, 05 Desember 2002 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek herhaal weer, dis 'n goedkoop
instrument van 'n sekere soort Afrikaner
om ander as rassiste te doop en te hoop
dat hulle nou die argument "gewen" het.

Wouter
Ek kan vir jou sê wie dié argument verloor het.
Jy, wat almal hier vir rassiste uitskel, 'n rassistiese hoek
aan die polisie se oneffektiwiteit koppel en dan drie
maal weier om dit te verduidelik. Dis nou 'n goedkoop
instrument, as ek al ooit een gesien het.
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70110 is 'n antwoord op boodskap #70070] Do, 05 Desember 2002 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine,
Goed gedoen.Ek sou dit nie beter kon stel nie!

"Elaine" skryf in boodskap news:3dee51a7.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wou eers 'n vreelike mislike brief skryf. Maar het besluit om my nie aan
> sulke lae gedrag skuldig te maak nie. Ek's nie hooghartig nie, ek's nie
> naief nie, ek's net objektief. Ek's ook nie 'n ekspert nie, maar ek ken my
> land se wette, en die wet sê jy mag nie 'n persoon se huis binnegaan, of
> deursoek sonder 'n lasbrief nie.
> En o ja, Chris Hani sou nou ons pres. gewees het as die pool hom nie
> uitgehaal het nie. Nie dat ek vreeslik sou omgee 8 jaar terug nie, want ek
> was net 16 jaar oud. In daai jare was Chris Hani net 'n man in 'n camo
> uniform met sy vuis in die lug.
>
> O ja, nog 'n ding. Die gevaarlike mense is die wat dink hulle kan sommer op
> 'n heksejag gaan en almal voor die voet uit hulle huise gryp en in die tronk
> stop. Dis nou mense soos jy, wat so deur 'n haat verblind is, dat hulle nie
> meer die waarheid kan of wil sien nie :-).
>
> E
>
> wrote:
>>
>>
>> Hierdie soort gepraat, waar jy jouself verklaar
>> as "baie meer objektief," net omdat jy eintlik
>> onkundig was oor wie Gaye Derby-Lewis is, is
>> nie alleen naief nie, maar hooghartig en selfs
>> gevaarlik. Net omdat jy in 'n waas gelewe het
>> en nie geweet het wat om jou aangaan agt jaar
>> gelede nie, maak nie nou van jou 'n ekspert nie.
>
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70117 is 'n antwoord op boodskap #70101] Do, 05 Desember 2002 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal jou glo :-) Soos ek gesê het, ek was te jonk in die dae wat Hani
vermoor is om rerig 'n opinie oor die mens te hê.

Elaine

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3def06a6.0@news1.mweb.co.za...
> Ek weet daar is baie wat Hani gefancy het. Maar Mbeki se steun was
> baie breër, ook by die ouer en stiller deel. Iemand soos wyle Peter
> Mokaba het hom reeds vroeg, toe hy leier van die jeugliga was, by
> Mbeki geskaar. Teen die algemene verwagting in, ek het destyds
> gewonder of Nelson Mandela 'n hand daarin gehad het en of
> Mokaba self politiek slim genoeg was om die klimaat te lees.
>
> En jy is natuurlik reg dat iemand wat so 'n onregverdige en
> gewelddadige dood sterf agterna verhoogde status kry. Soos
> wat met Steve Biko gebeur het.
>
> Wouter
Re: Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70129 is 'n antwoord op boodskap #70103] Do, 05 Desember 2002 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Jy, wat almal hier vir rassiste uitskel

Siedaar, nog 'n ikoon-beskuldiging.
Om vir iemand te sê dat hy "almal"
as rassiste uitskel. Ek dink jy kan
nou maar van jou rassis-troontjie
afklim.

Tant Hessie van Houd-den-Broek
Re: Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70132 is 'n antwoord op boodskap #70129] Do, 05 Desember 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O kwit!! Die aantie erken sy is eintlik 'n oom!!
Annette

skryf in boodskap news:3DEF5668.2050408@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Jy, wat almal hier vir rassiste uitskel
>
>
> Siedaar, nog 'n ikoon-beskuldiging.
> Om vir iemand te sê dat hy "almal"
> as rassiste uitskel. Ek dink jy kan
> nou maar van jou rassis-troontjie
> afklim.
>
> Tant Hessie van Houd-den-Broek
>
Re: Dis omdat jy 'n rassis is. [boodskap #70134 is 'n antwoord op boodskap #70129] Do, 05 Desember 2002 14:15 Na vorige boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Jy, wat almal hier vir rassiste uitskel

Tant Hessie van Houd-den-Kroek
Siedaar, nog 'n ikoon-beskuldiging.
Om vir iemand te sê dat hy "almal"
as rassiste uitskel. Ek dink jy kan
nou maar van jou rassis-troontjie afklim.

Wouter
Ekskuus, ek trek terug eb vra om verskoning.
Moet wees almal behalwe Ferdi en Simon.
Vorige onderwerp: My geweeklaag
Volgende onderwerp: Re: Total Eclipse of the Sun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:01:10 MGT 2024