Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Op T.V.
Op T.V. [boodskap #69100] Wo, 20 November 2002 21:59 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan julle nou sê, dan weet julle, Vrydag aand is daar weer 'n Leon
Schuster fliek op sabc3. Zoeloe on my stoep word dan uitgesaai.

Môreaand om 20:00 is die fliek Sleepers op e-tv. Dis, in my opinie, 'n
goeie fliek. Dit gaan oor 4 seuns wat na 'n ongeluk, waarin 'n man dood is,
na 'n verbeterskool gestuur word. By die skool word hulle seksueel misbruik
en aangerand. 25 jaar later kry hulle, hulle "revenge" op die mans wat dit
gedoen het.
Dis gebasseer op 'n ware verhaal. Blykbaar (volgens die fliek) word
minderjariges in Amerika, se rekord "skoongemaak" op 21 (of na 20 jaar, of
so iets), sodat hulle van voor af kan begin. Die van julle wat in Amerika
bly kan dit vir my duidelik maak asb.?

En ook vir die van julle wat nie weet nie. Kyk gerus Woensdae die Briste
komedie 'My Family" om 21:00 op SABC 3, wag dan so halfuur vir "The
Osbournes" wat om 22:00 uitgesaai word. En julle kan dink van Ozzy wat
julle wil, of hy 'n Satanis is al dan nie maak nie saak wanner jy die storie
kyk nie. Hy's intelligent, skerp en verbasend humoristies. Dis nou as jy
kan uitmaak wat die mens sê.

Maandae se twee komedies en "The Practice" is darem ook nie te sleg nie :-)

Nou ja, dis die beste wat gewone T.V. vir ons lewer vir nou.

Groete
Elaine
Re: Op T.V. [boodskap #69106 is 'n antwoord op boodskap #69100] Wo, 20 November 2002 22:25 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou Donderdag, vanaand vir die meeste van julle.

"Elaine" wrote
>
> Môreaand om 20:00 is die fliek Sleepers op e-tv. Dis, in my opinie, 'n
> goeie fliek.
Vorige onderwerp: TV
Volgende onderwerp: Wat van 'n Afrikaanse Boeretroue fliek?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 21:36:06 MGT 2024