Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Wat het geword van Afrikaanse flieks?
Wat het geword van Afrikaanse flieks? [boodskap #41864] Do, 10 Mei 2001 20:15 na volgende boodskap
Gert Rautenbach  is tans af-lyn  Gert Rautenbach
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Waarom sien ons nie meer Afrikaanse flieks in teaters nie? Enige gedagtes?
Re: Wat het geword van Afrikaanse flieks? [boodskap #41880 is 'n antwoord op boodskap #41864] Vr, 11 Mei 2001 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, sover ek weet, wys slegs nuwe vrystellings in teaters.
Wanneer laas was daar 'n nuwe Afrikaanse vrystelling?
Annette

Gert Rautenbach wrote in message ...
> Waarom sien ons nie meer Afrikaanse flieks in teaters nie? Enige gedagtes?
>
Re: Wat het geword van Afrikaanse flieks? [boodskap #41883 is 'n antwoord op boodskap #41864] Vr, 11 Mei 2001 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek onthou nog die, Boetie gaan border toe flieks en Skollie die Movie. Dit
was wonnerlik om inry toe tegaan op 'n Vrydag aand en te sien dat
Suid-Afrika ook kwaliteit flieks kan maak.
Dit lyk my net of die mark gevou het.

DA

"Gert Rautenbach" skryf in boodskap news:3afb73db_3@batman.vip-za.com...
> Waarom sien ons nie meer Afrikaanse flieks in teaters nie? Enige gedagtes?
>
Re: Wat het geword van Afrikaanse flieks? [boodskap #41915 is 'n antwoord op boodskap #41883] Vr, 11 Mei 2001 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Toe die subsidie stop, toe stop die meeste filmakers.
Swak fliek, maar een wat ek lank sal onthou is Dingetjie is Dynamite - veral
die masnier waarop hy sy rewolwertjie vasgehou het;)))
Annette

DARKANGEL wrote in message ...
> Ek onthou nog die, Boetie gaan border toe flieks en Skollie die Movie. Dit
> was wonnerlik om inry toe tegaan op 'n Vrydag aand en te sien dat
> Suid-Afrika ook kwaliteit flieks kan maak.
> Dit lyk my net of die mark gevou het.
>
> DA
>
> "Gert Rautenbach" wrote in message
> news:3afb73db_3@batman.vip-za.com...
>> Waarom sien ons nie meer Afrikaanse flieks in teaters nie? Enige
gedagtes?


>
Re: Wat het geword van Afrikaanse flieks? [boodskap #41936 is 'n antwoord op boodskap #41883] Sa, 12 Mei 2001 11:58 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
As ek dit reg het is dit nie 'n geval van vou as 'n geval van met die tyd
saam spel nie. Daar is 'n paar faktore wat in ag geneem word:
1) Die film industrie was tot 'n groot maat 'gesponser'. Die get weggeval so
teen die laat 80s. Mens kon groot afslae kry op belasting as jy belê het in
die industrie (jy het nog verder afslag gekry as jy van lokale talent
gebruik maak). Baie mag ook nog kan onthou dat dat baie USA movies hier
gemaak is maar, toe die konsesies wegval het die jammerkaners gevind die nie
meer so goedkoop nie. Die konsesies het dan ook gehelp dat lokale movies
eintlik baie goedkoop was en dit was maklik om jou geld terug te kry (al
maak jy 'n verlies dan het die regering gehelp dat jy ten minste terug kry
wat jy ingesit het)
2) Met die TV se begin het baie meer talent daarheen gegaan en minder
verhoog en film talend was beskikbaar
3) Baie van die SA talent is die land uit. Baie het wel teruggekom maar is
dan nie gewillig om vir 'n pennie 'n dag te werk nie. Baie het oorsese
ondervinding gekry en dit verbeter in die TV en sepie bedryf.
4) Die ou sop-kombuis (bughouse) movie huise is verander in duur
entertainment eenhede wat me die regte klank en skerm eenhede die prys die
hoogte laat inskiet het.
5) Met die ster-kine monopolieë het die ingevoerde pryse van movies
goedkoper geword as om 'n derderangse SA eenheid te sien (al is dit lokaal).

Ernest

"DARKANGEL" skryf in boodskap news:9dg588$puk$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek onthou nog die, Boetie gaan border toe flieks en Skollie die Movie. Dit
> was wonnerlik om inry toe tegaan op 'n Vrydag aand en te sien dat
> Suid-Afrika ook kwaliteit flieks kan maak.
> Dit lyk my net of die mark gevou het.
Vorige onderwerp: Re: Wat het geword van Afrikaanse flieks?
Volgende onderwerp: SAUK.KOM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 19:45:06 MGT 2024