Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Positiewe houding - aan Johan
Positiewe houding - aan Johan [boodskap #24692] So, 11 Julie 1999 00:00
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ja, Johan. Jy is reg oor die positiewe houding. Twee mense wat dieselfde ervaring deel sien dit uit verskillende hoeke as hulle verskillende houdings het. Niemand se houding is meer positief as myne nie. Maar dit neem nie die feit weg dat dit vir my persoonlik erg traumaties was om hierheen te verhuis nie. My houding bly nietemin positief. So positief dat ek om burgerskap wil aansoek doen sodra ek my groen kaart het. Laasgenoemde verwag ek nie te lank van nou af nie. Ons is nou al deur al die stadia, en my aansoek om permanente verblyf gaan nou na die laaste stadium toe: die INS se distrikskantoor in Philadelphia. Ek reken dat ek 'n verpligting het om burgerskap hier te verkry as ek bereid is om hier te woon en te werk, en al die voordele te geniet van hier te wees. Dit neem nie my liefde vir, of my verlange na my genoorteland weg nie. Dis doodgewoon 'n aanvaarding van die feit dat ek 'n sekere koers ingeslaan het, en nie kan omdraai nie.

Mooi bly, en groete uit Pennsylvania, waar daar (ook) baie goeie mense bly.

Henry
Vorige onderwerp: Herbalife Verspreiders
Volgende onderwerp: re: vriende ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:05:40 MGT 2024