Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » TV Lisensies
TV Lisensies [boodskap #22294] Sa, 03 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 01 Apr 1999 04:48:09 GMT, cas...@act.co.za (Casper
> Labuschagne) wrote:
>
>
>
> Gee aan die keiser wat hom toekom?
>
>
> (Of geld dit nie vir jou nie?)
>

Miskien is Casper inderdaad besig om in hierdie geval aan die Keiser te gee
wat hom toekom?
Re: TV Lisensies [boodskap #22311 is 'n antwoord op boodskap #22294] Ma, 05 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 3 Apr 1999 09:24:03 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:


>>
>> Gee aan die keiser wat hom toekom?
>>
>>
>> (Of geld dit nie vir jou nie?)
>>
>
> Miskien is Casper inderdaad besig om in hierdie geval aan die Keiser te gee
> wat hom toekom? >>

Jy meen jy doen gou 'n vinnige redefine job op die keiser en skielik
lyk jy goed?

Is jy nie te oud vir sulke self misleiding nie?
Re: TV Lisensies [boodskap #22328 is 'n antwoord op boodskap #22294] Di, 06 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
>> Huh?
>
> a) Casper verklaar dat hy nie sy TV-lisensie (belasting, gehef op die
> elektromagnetiese spektrum deur die SABC vir sy eie rekening) betaal nie.
>
> b) Ferdi suggereer dat die keiser (= SABC - of wie anders?) moet kry wat
> hom toekom.
>
> c) Ek sê: Miskien behoort die keiser (=SABC) juis niks te kry nie - dis
> wat hom toekom.
>
> Nou waar is "die keiser" geredefine? Lyk my dieselfde waarde (SABC) sit nog
> in dieselfde veranderlike ("keiser").
>
> En ek dink steeds, as Casper die SABC niks betaal nie, kry die keiser wat
> hom toekom :-)

'n Tipiese voorbeeld van die reg in eie hande neem. Ooit daaraan
gedink om van jou TV-stel ontlae te raak? Dan kan niemand jou
kwalik neem as jy nie lisensie-geld betaal nie.

Simon
Re: TV Lisensies [boodskap #22329 is 'n antwoord op boodskap #22294] Di, 06 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3713b06b.12638689@news.icon.co.za...
> On Sat, 3 Apr 1999 09:24:03 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
>>>
>>> Gee aan die keiser wat hom toekom?
>>>
>>>
>>> (Of geld dit nie vir jou nie?)
>>>
>>
>> Miskien is Casper inderdaad besig om in hierdie geval aan die Keiser te gee
>> wat hom toekom? >>
>
> Jy meen jy doen gou 'n vinnige redefine job op die keiser en skielik
> lyk jy goed?
>
> Is jy nie te oud vir sulke self misleiding nie?

Huh?

a) Casper verklaar dat hy nie sy TV-lisensie (belasting, gehef op die
elektromagnetiese spektrum deur die SABC vir sy eie rekening) betaal nie.

b) Ferdi suggereer dat die keiser (= SABC - of wie anders?) moet kry wat
hom toekom.

c) Ek sê: Miskien behoort die keiser (=SABC) juis niks te kry nie - dis
wat hom toekom.

Nou waar is "die keiser" geredefine? Lyk my dieselfde waarde (SABC) sit nog
in dieselfde veranderlike ("keiser").

En ek dink steeds, as Casper die SABC niks betaal nie, kry die keiser wat
hom toekom :-)

Groete, Leendert
Re: TV Lisensies [boodskap #22330 is 'n antwoord op boodskap #22294] Di, 06 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Apr 1999 18:52:13 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
> b) Ferdi suggereer dat die keiser (= SABC - of wie anders?) moet kry wat
> hom toekom.
>
> c) Ek sê: Miskien behoort die keiser (=SABC) juis niks te kry nie - dis
> wat hom toekom.>>>

Is daar gese: Gee aan God wat hom toekom en die keiser wat hom toekom
.....uh...as julle polities met die keiser saamstem?

Nee.

Raak groot.
Re: TV Lisensies [boodskap #22346 is 'n antwoord op boodskap #22294] Wo, 07 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Wat is 'n "TV Lisensie" ? :-)

Hjalmar
________
Re: TV Lisensies [boodskap #22347 is 'n antwoord op boodskap #22294] Wo, 07 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com wrote in message
...

> Vroeër die eeu het die koloniale regering in Indië 'n wet gemaak dat die
> Indiërs nie self sout mag maak nie. Ene Mahatma Gandhi het see toe geloop en
> sout gaan maak. Hy is gearresteer, maar dit was 'n simboliese gebaar, en het
> die koloniale regering se einde beteken. Hy het dit 'Passive Resistance'
> genoem, op Afrikaans 'Burgerlike Ongehoorsaamheid'.

'n Baie interessante onderwerp waaroor ons lang kan praat. Die
doel van die sout-wet in Indië was natuurlik om die owerheid in
staat te stel om geld in te vorder op sout-verkope. Net soos wat
owerhede oral vandag geld invorder op byvoorbeeld petrol-verkope.
'n Vorm van belasting met ander woorde. Daar's niks snaaks
hieraan nie. Maar belasting, van watter aard ookal, as dit
opgelê word deur 'n owerheid wat nie gekies is deur die bevolking
wat die belasting moet betaal nie, is 'n resep vir moeilikheid.
Sout is een voorbeeld. Tee is 'n ander. Vra maar vir die
Amerikaners.

Ek dink egter ons dwaal nou van die punt af. Miskien moet Casper
en kie eers vir ons sê hoekom hulle nie lisensie-geld betaal of
wil betaal nie. Is dit omdat dit deur 'n koloniale owerheid
opgelê word? Of is dit omdat hulle nie van die programme hou
nie? Van wat hulle gesê het het ek afgelei dat dit is omdat
hulle nie van die programme hou nie. Maar miskien het ek hulle
verkeerd verstaan.

Simon
Re: TV Lisensies [boodskap #22348 is 'n antwoord op boodskap #22294] Wo, 07 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans skryf:

> 'n Tipiese voorbeeld van die reg in eie hande neem. Ooit daaraan
> gedink om van jou TV-stel ontlae te raak? Dan kan niemand jou
> kwalik neem as jy nie lisensie-geld betaal nie.

Simon,

Vroeër die eeu het die koloniale regering in Indië 'n wet gemaak dat die
Indiërs nie self sout mag maak nie. Ene Mahatma Gandhi het see toe geloop en
sout gaan maak. Hy is gearresteer, maar dit was 'n simboliese gebaar, en het
die koloniale regering se einde beteken. Hy het dit 'Passive Resistance'
genoem, op Afrikaans 'Burgerlike Ongehoorsaamheid'.

Die drastiese veranderings van die TV-skedules in Februarie 1996, en die
drastiese afskaling van Afrikaans was die laaste strooi vir baie
Afrikaanssprekendes. (Ek het toevallig in dieselfde jaar met bruin Namibiërs
in Luderitz gesels wat net so ontevrede was - op daai stadium kon hulle SAUK1
per skottel daar opvang, maar toe begin hy in tale soos Sotho uitsaai wat
hulle nie verstaan nie). In elk geval, toe begin Afrikaanssprekendes sout
maak uit protes.

Jy kan dit vergelyk met Coke wat 'n nuwe baas kry wat besluit die produk moet
nou 'n lemoensmaak hê, maar verwag Coke liefhebbers moet dit steeds koop.

Maar jy sê die wet sê ons moet betaal. Daai wet is in 1976 gemaak deur jy
weet wie. Hy sê as jy 'n TV het, betaal jy lisensiegeld aan die SAUK. Maar in
1976 was daar net SAUK. Intussen het MNet bygekom, asook DSTv en onlangs
e-TV. Die SAUK het nie meer 'n monopolie op die luggolwe nie. Ek kyk nie SABC
nie. Hoekom moet ek geld aan Pepsi betaal as ek Coke wil drink?

Ek sê dis tyd dat die Uitsaaiwet van 1976 voor die Grondwetlike Hof getoets
word. Om dit reg te kry, moet die SABC iemand hof toe vat wat hom op bg.
argument beroep. Wanneer laas is iemand vervolg? Dink jy die SABC weet wat ek
weet?

Maar daar is 'n beter oplossing as TV weggee soos jy voorstel. Laat die SABC
wanbetalers se seine afsny. O, hulle het nie die vermoeë nie, net soos wat
baie munisipaliteite nie die vermoeë het om wanbetalers van water en
elektrisiteit se dienste af te sny nie, né.

So, wat is die oplossing? óf die SABC saai gratis uit, met slegs
advertensieverdienste en/of staatssubsidie, óf hy kry dekodeerders. Maar ek
vermoed dít is te demokraties.

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: TV Lisensies [boodskap #22378 is 'n antwoord op boodskap #22294] Sa, 10 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Haai Leendert,

Hoe gaan dit?

Man, alhoewel die SAUK hulle nou weerhou van die TAAL VAN ONDERDRUKKING,
betaal ons maar ons lisensie. Om die dood eenvoudige rede dat ons die diens
gebruik om na baie goeie programme in Engels te kyk.

MULTICHOICE gee wel 'n massiewe verskeidenheid, maar daar is nie naastenby
soveel skeppende energie teenwoordig soos SABC nie. Boonop is Afrikaans
daar nog 'n groter bedreiging as by die SAUK.

Die advertensies is uitstekend gedoen ( ha ha) ek behoort dit nie eers te
sê nie, want dan vermeerder die goed dalk net. RSG se skaap-advertensie is
briljant. So ook Vodacom se man wat nou erens in die diepsee rond ski : -
D.

Ons luister ook deurgaans Radio Sonder Grense, en ondersteun die Afrikaanse
joernaliste daar, deur ons ou liksensietjies te betaal. As gevolg van hulle
"performance" betaal ons nou maarmet liefde die keiser wat hom toekom!!

Leendert van Oostrum wrote in article
...
>
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:3713b06b.12638689@news.icon.co.za...
>> On Sat, 3 Apr 1999 09:24:03 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>>
>>>>
>>>> Gee aan die keiser wat hom toekom?
>>>>
>>>>
>>>> (Of geld dit nie vir jou nie?)
Re: TV Lisensies [boodskap #22394 is 'n antwoord op boodskap #22294] So, 11 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Tue, 6 Apr 1999 18:52:13 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>

>>
>> c) Ek sê: Miskien behoort die keiser (=SABC) juis niks te kry nie - dis
>> wat hom toekom.>>>
>
> Is daar gese: Gee aan God wat hom toekom en die keiser wat hom toekom
> .....uh...as julle polities met die keiser saamstem?
>
> Nee.
>
> Raak groot.

Jou vertolking van die Skrif stem heeltemaal ooreen met myne. En ek is van
oordeel dat. As die SABC niks kry nie, hy kry wat hom toekom. Dis waarom geen
geen werkende TV-stel besit nie (ek is reeds groot, sien!)

Wat my egter meer interesseer is dat jy klaarblyklik van mening is dat die
SABC 'n bepaalde politieke standpunt handhaaf (of dit van myne verskil of nie,
is van minder belang.)

Wil jy miskien uitwei oor die SABC se politieke standpunt?

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: TV Lisensies [boodskap #22395 is 'n antwoord op boodskap #22294] So, 11 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...

>>
>> En ek dink steeds, as Casper die SABC niks betaal nie, kry die
> keiser wat
>> hom toekom :-)
>
> 'n Tipiese voorbeeld van die reg in eie hande neem. Ooit daaraan
> gedink om van jou TV-stel ontlae te raak? Dan kan niemand jou
> kwalik neem as jy nie lisensie-geld betaal nie.
>
> Simon

Liewe Simon,

My TV-stel het etlike jare gelede die gees gegee. Ek het nie daarvan ontslae
geraak nie, want die kinders sal dit dalk eendag uitmekaar wil haal om te sien
hoe vervloë tegnologie gelyk het.

Maar dit kan geen seine ontvang nie. Ek het dit ook nie die moeite werd gevind
om dit te herstel of te vervang nie. Die SABC saai nie genoeg uit van enigiets
wat ek wil sien nie.

Niemand kan my dus kwalik neem as ek nie lisensie-geld betaal nie.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: TV Lisensies [boodskap #22410 is 'n antwoord op boodskap #22294] Ma, 12 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Castet  is tans af-lyn  Castet
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 11 Apr 1999 21:42:38 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

> In article ,
> "Simon van der Schans" wrote:
>> Leendert van Oostrum wrote in message
>> ...
>>> En ek dink steeds, as Casper die SABC niks betaal nie, kry die
>> keiser wat hom toekom :-)
>>
>> 'n Tipiese voorbeeld van die reg in eie hande neem. Ooit daaraan


Vir die rekord, die volgende.

1) Belasting is een ding, 'n TV lisensie is 'n ander saak. In die
geval van belasting moet ons almal betaal vir die dienste wat ons
gebruik. In die geval van TV lisensies is daar die aspek dat dit een
van die opsies is wat bestaan om uit protes nie my lisensie te betaal
nie. Die protes kan wees vir verskeie redes wat swak programering,
ongewenste programinhoud, verontagsaaming van die kyker se kultuur
ens. of eenvoudig die gevoel dat ek geen waarde by die SABC kry nie.
Dit is 'n aanvaarbare opsie om uit protes nie jou TV lisensie te
betaal nie, mits die persoon, soos ek, dit in die openbaar stel en
bereid is om die gevolge van sy protes te aanvaar.

2) Ek kyk hoegenaamd nie na die SABC by die huis nie. Ek het wel
toegang tot al die SAUK kanale, e-TV en M-Net. As ek die dag TV kyk
is dit per sateliet skottel en dan is dit die BBC / CNN of sport
kanale per sateliet.

3) Daar is 'n regspunt (vanuit die Kanadese reg) wat aanvoer dat
kommunikasie tussen 'n sateliet in die buitenste ruim en 'n
satelietskottel in 'n agterplaas niks met die normale konsep van
uitsaaiwese te doen het nie, en gevolglik nie onder normale
uitsaaiwette val nie. Die SABC is nie gewillig om die regsbeginsel in
die hof te toets deur die mense wat openlik nie hulle TV lisensegelde
uit protes betaal nie, hof toe te vat nie.

4) My punt lê in die "betaal vir dienste wat ek gebruik". Vir die
rekord gebruik ek nie die SABC se produk by my huis nie, gevolglik
betaal ek nie die heffing wat op my geplaas word bloot omdat ek oor
die tegnologie beskik om die SABC se produk op te vang nie. By die
werk is wel 'n TV stel, en van tyd tot tyd word besigheids programme
na gekyk en opgeneem, waaraan ek meedoen, maar vir daardie diens
betaal die maatskappy wel 'n TV lisensie.

5) Na my mening is verreweg die meerderheid van die SABC se roofkykers
mense wat wel aand na aand sit en na die SABC se programmering sit en
kyk m.a.w. roofkykers.

Ek hoop bg. verklaar eerder van my punte eerder as om nog 'n polemiek
te ontketen.

Casper
Vorige onderwerp: SAUK 50/50 'N AKSIE TEEN AFRIKAANS KOM ONS STAAN SAAM
Volgende onderwerp: Pasella het sy hart verloor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 17:54:16 MGT 2024