Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Pasella het sy hart verloor
Pasella het sy hart verloor [boodskap #27448 is 'n antwoord op boodskap #27449] Di, 19 Oktober 1999 00:00
Koot Pieterse[1]  is tans af-lyn  Koot Pieterse[1]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek weet dis gemeen om so gou te oordeel, maar my eerste indruk van die
nuwe (later) Pasella-TV-program is dat dit sy warmte prysgegee het.

Die omroepers is weliswaar meer "cool", meer glamorous en alles, maar
die warm opregtheid wat Coenie en kie se aanbieding gekenmerk het, is
prysgegee ter wille van die nuwe, verveelde, wêreldwyse aanbieding à
la "Geraas". Die gedagte wat by my opgekom het, is miskien 'pretensie'
- as jy byvoorbeeld nie minstens in die een of ander Oosterse
meditasie/ dans/ vegtegniek belangstel nie, is jy nie "in" nie.

Ons hoef mos nie iets te bewys nie.

Miskien was ek net vaak. Ek belowe om hulle nog 'n kans te gee.

Koot
Re: Pasella het sy hart verloor [boodskap #27449 is 'n antwoord op boodskap #27448] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Koot Pieterse wrote:
>
> Ek weet dis gemeen om so gou te oordeel, maar my eerste indruk van die
> nuwe (later) Pasella-TV-program is dat dit sy warmte prysgegee het.
>
> Die omroepers is weliswaar meer "cool", meer glamorous en alles, maar
> die warm opregtheid wat Coenie en kie se aanbieding gekenmerk het, is
> prysgegee ter wille van die nuwe, verveelde, wêreldwyse aanbieding à 
> la "Geraas". Die gedagte wat by my opgekom het, is miskien 'pretensie'
> - as jy byvoorbeeld nie minstens in die een of ander Oosterse
> meditasie/ dans/ vegtegniek belangstel nie, is jy nie "in" nie.
>
> Ons hoef mos nie iets te bewys nie.
>
> Miskien was ek net vaak. Ek belowe om hulle nog 'n kans te gee.
>
> Koot

Ek sien dit as totaal PC. Hoekom dan nie die program se naam verander
nie?
Re: Pasella het sy hart verloor [boodskap #27450 is 'n antwoord op boodskap #27449] Di, 19 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Koos

Toemaar as alles goed gaan sal M-Net dit in sy vorige vorm oorneem. Ek dink
hulle het gese hulle gaan dit op DSTV se Afrikaanse kanaal uitsaai.

Wanneer, wie weet

Krokkie

Koot Pieterse wrote in message ...
> Ek weet dis gemeen om so gou te oordeel, maar my eerste indruk van die
> nuwe (later) Pasella-TV-program is dat dit sy warmte prysgegee het.
>
> Die omroepers is weliswaar meer "cool", meer glamorous en alles, maar
> die warm opregtheid wat Coenie en kie se aanbieding gekenmerk het, is
> prysgegee ter wille van die nuwe, verveelde, wêreldwyse aanbieding à
> la "Geraas". Die gedagte wat by my opgekom het, is miskien 'pretensie'
> - as jy byvoorbeeld nie minstens in die een of ander Oosterse
> meditasie/ dans/ vegtegniek belangstel nie, is jy nie "in" nie.
>
> Ons hoef mos nie iets te bewys nie.
>
> Miskien was ek net vaak. Ek belowe om hulle nog 'n kans te gee.
>
> Koot
Vorige onderwerp: TV Lisensies
Volgende onderwerp: Afrikaanse televisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 17:48:36 MGT 2024