Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » BILTONGMAKER
BILTONGMAKER [boodskap #17405] Di, 08 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Indien jy lief is vir biltong, het ek goeie nuus vir jou. Ek het 'n plan van
'n biltongmaker wat so maklik is, dat jy sal dink dat ek besig is met 'n
Aprilgrap. Gooi 'n nota in my "posbus" en ek gee aan jou die gegewens. My
"posbus" is: dm...@vaal.lia.net

Die ding kan jou nie meer as R25 kos nie, EN dit werk regtig - ek belowe.

Groete,

Danie
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17431 is 'n antwoord op boodskap #17405] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , "Danie"
wrote:

> Indien jy lief is vir biltong, het ek goeie nuus vir jou. Ek het 'n plan van
> 'n biltongmaker wat so maklik is, dat jy sal dink dat ek besig is met 'n
> Aprilgrap. Gooi 'n nota in my "posbus" en ek gee aan jou die gegewens. My
> "posbus" is: dm...@vaal.lia.net
>
> Die ding kan jou nie meer as R25 kos nie, EN dit werk regtig - ek belowe.
>
> Groete,
>
> Danie

Gewoonlik val ek nie vir sulke goed nie, maar BILTONG ...!

Nou ja, vertel ons hoe werk die ding?

(Waar is die kaas?)

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17432 is 'n antwoord op boodskap #17405] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Sep 1998 06:44:50 +0200, "Danie" wrote:

|Indien jy lief is vir biltong, het ek goeie nuus vir jou. Ek het 'n plan van
|'n biltongmaker wat so maklik is, dat jy sal dink dat ek besig is met 'n
|Aprilgrap. Gooi 'n nota in my "posbus" en ek gee aan jou die gegewens. My
|"posbus" is: dm...@vaal.lia.net
|
|Die ding kan jou nie meer as R25 kos nie, EN dit werk regtig - ek belowe.
|
|Groete,
|
|Danie
|
|
|
|
Kom nou Daantjie, moenou nie so wees nie! Vertel ons sommer hier op
die NG hoe die ding werk!

Ek sal julle my petalje vertel: Na ek hier in Amerika aan gekom het,
kry ek ook lus vir biltong maar die herfs was verlede jaar lekker
vogtig en ek besef ek sal nooi biltong droog kry nie. Wel, Walmart
verkoop 'n voedseldroeer vir iets soos $30 en ek koop hom. Die
biltong word effe dunner gesny sodat dit nie te lank hoef te vat nie
en netjies in lae gepak op die ding se rakkies.

Dis so ronde ding wat so 40cm in deursnee is en waarvan die rakkies in
lae opmekaar pak. Ek skakel hom aan en wag in spanning - die volgende
dag toe ek loer, was my teleurstelling groot ! Die ding werk met warm
lug en my biltong was nie net droog nie, maar gaar ook!

Nou staan die droeer op 'n rak iewers en wag tot ons iets anders wil
gaar maak en droog. Intussen het kollegas wat al langer hier was vir
my gesê hoe hulle maak. Meeste apartments hier het instap kaste met
metaal rakkies in. Jy kry vroulief om al haar dynties op een hoop te
sit sodat daar genoeg rakspasie is vir so 'n hangsel biltong. Dan
koop jy 'n "box fan" - een van die wat so plat is - net 'n raam om die
fan - en jy sit hom bo-op die rak sodat hy af waai oor die vleis. Dis
al.

Nou ja, my vervaardigings aanleg het na die seuns se speelgoed kas
verskuif - mens moet altyd die dames laat dink hulle regeer die huis.
Maar met my biltong is daar niks verkeerd nie. Ek moet darem ook sê
dat ons regdeur die winter 'n humidifier laat loop het omdat die lug
so deur die sentrale verwarming uitgedroog word. (In die huis wat ons
nou gekoop het, het die sentrale verwarmingsstelsel 'n eie ingeboude
humidifier (wat noem mens dit in maklike afrikaans?).

Die belangrikste is blykbaar om lugvloei oor die vleis te verseker
sodat dit so vinnig as moontlik uitdroog. Ons het nie probleme met
insekte binne die huise hier nie - daarvoor is die siwwe te stewig
voor die vensters en deure in die somer. Die biltong droog selfs
redelik goed hier in die baie vogtige somer.

O ja, raad aan enige ander ouens nuut in die VSA: Koop NOU jou box
fan, as die koue eers klink of hy gaan opdaag, verdwyn alle fans van
die rakke af en sal jy hulle nie weer voor April in die winkels sien
nie. Vra my, ek moes laasjaar begin Oktober rondbel tot ek een van
die laastes binne 'n uur se ry gekry het.

Ek het ook al van 'n ander biltong maker gehoor: bloot 'n karton
boks, dalk verstewig, met 'n gaat onder naby die vloer - daarin maak
jy 'n klein fan staan sodat hy lug onder in die boks inwaai. Bo in
die boks se deksel maak jy dan een og twee gate en hang jou biltong
daarin op - dit konsentreer net die lugvloei oor die vleis!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17478 is 'n antwoord op boodskap #17405] Sa, 12 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rian Schutte  is tans af-lyn  Rian Schutte
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in article
...
> On Tue, 8 Sep 1998 06:44:50 +0200, "Danie" wrote:
>
> Ek moet darem ook sê
> dat ons regdeur die winter 'n humidifier laat loop het omdat die lug
> so deur die sentrale verwarming uitgedroog word. (In die huis wat ons
> nou gekoop het, het die sentrale verwarmingsstelsel 'n eie ingeboude
> humidifier (wat noem mens dit in maklike afrikaans?).
>
> Die belangrikste is bleikbaar om lugvloei oor die vleis te verseker
> sodat dit so vinnig as moontlik uitdroog. Ons het nie probleme met
> insekte binne die huise hier nie - daarvoor is die siwwe te stewig
> voor die vensters en deure in die somer. Die biltong droog selfs
> redelik goed hier in die baie vogtige somer.
>
> O ja, raad aan enige ander ouens nuut in die VSA: Koop NOU jou box
> fan, as die koue eers klink of hy gaan opdaag, verdwyn alle fans van
> die rakke af en sal jy hulle nie weer voor April in die winkels sien
> nie. Vra my, ek moes laasjaar begin Oktober rondbel tot ek een van
> die laastes binne 'n uur se ry gekry het.
>
> Ek het ook al van 'n ander biltong maker gehoor: bloot 'n karton
> boks, dalk verstewig, met 'n gaat onder naby die vloer - daarin maak
> jy 'n klein fan staan sodat hy lug onder in die boks inwaai. Bo in
> die boks se deksel maak jy dan een og twee gate en hang jou biltong
> daarin op - dit konsentreer net die lugvloei oor die vleis!
>
>
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
>

Die Afrikaans vir Humidifier is ontvogtiger (handelsgebruik)

Die idee van 'n kartondoos is baie goed, maar werk beter met 'n 60 watt
gloeilamp saam met die waaiertjie daarin. Dit is in SA beskikbaar onder die
handelsnaam "Biltongmaker" maar die idee is so oud dat dit nie
patenteerbaar is nie.

Groete
Rian
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17488 is 'n antwoord op boodskap #17405] So, 13 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 12 Sep 1998 19:44:36 GMT skryf "Rian Schutte"
wrote:
->Johan wrote in article
->...
->> On Tue, 8 Sep 1998 06:44:50 +0200, "Danie" wrote:
-
->Die Afrikaans vir Humidifier is ontvogtiger (handelsgebruik)
->
-> Rian
Nee heeltemal nie. Dit moet wees: bevogtiger. Dit bevogtig die lug
deur waterdamp daarin terug te sit, nie te ontrrek nie - want
ontvogtig beteken.
Groete
Hannes
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17651 is 'n antwoord op boodskap #17405] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Sep 1998 19:44:36 GMT, "Rian Schutte" wrote:

|Die Afrikaans vir Humidifier is ontvogtiger (handelsgebruik)
|
Rian, g'n wonder die handel in SA doen so swak nie! =|:^)

Jy bedoel seker BEvogtiger!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17706 is 'n antwoord op boodskap #17405] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 09 Sep 1998 04:05:13 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17707 is 'n antwoord op boodskap #17405] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jak...@prodigy.net (Jacques Heydenrych) writes

> Die spelfout in my adres is met opset. Maak die fout reg om my adres
> in die hande te kry. En sal die kernwetenskaplikes wat hierdie
> nuusgroep lees asb. NIE die adres regstel en dan die regte weergawe
> van die adres op die nuusgroep plaas nie; daar is 'n rede hoekom ek my
> epos adres verbloem - dit word genoem gemorspos.

Die kernwetenskaplikes op die nuusgroep
sal heelwaarskynlik nie snap waarvan
jy praat nie, maar die jakkalse op die
nuusgroep sal nie vir hulleself kan
keer nie.

Erdvark
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17758 is 'n antwoord op boodskap #17405] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TafelBoer  is tans af-lyn  TafelBoer
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jacques Heydenrych wrote in message ...
> On Wed, 09 Sep 1998 04:05:13 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
[color=blue]>
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17759 is 'n antwoord op boodskap #17405] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TafelBoer  is tans af-lyn  TafelBoer
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jacques Heydenrych wrote in message ...
> On Wed, 09 Sep 1998 04:05:13 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
[color=blue]>
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17760 is 'n antwoord op boodskap #17405] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TafelBoer  is tans af-lyn  TafelBoer
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jacques Heydenrych wrote in message ...
> On Wed, 09 Sep 1998 04:05:13 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
[color=blue]>
Re: BILTONGMAKER [boodskap #17914 is 'n antwoord op boodskap #17405] So, 27 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Johan, watse snit gebruik jy vir biltong? In Suid-Afrika het ek net
> vir die slagter gevra vir biltong vleis, maar hier in die VSA weet die
> mense mos nie van biltong nie. En gebruik jy salpeter? Indien wel,
> waar koop jy dit?
>
Jacques,

Ek koop "rump roast" - sover is dit die snit wat die minste vet in het en wat
in lekker groot stukke kom en wat redelik geprys is.

Ek gebruik nie salpeter nie - dit hou net jou biltong rooi al is hy droog. Ek
verkies 'n biltong wat die kleur van ou portwyn word as hy net die regte
droogte het.

Johan (bietjie in Oregon)
Vorige onderwerp: Algaande leert men - spammers
Volgende onderwerp: Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:59:52 MGT 2024