Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Algaande leert men - spammers
Algaande leert men - spammers [boodskap #17874] Vr, 25 September 1998 00:00
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Dit wil vir my voorkom asof "spammers" programme het wat op nuusgroepe
ingaan en dan E pos adresse afskep aangesien ek 'n klomp gemorspos vanuit
die VSA ontvang het na deelname aan 'n gesprek op 'n NG wat hoofsaaklik in
die VSA opereer - Dit was nou VOORDAT ek geleer het hoe om my adres onder
"User information" in Outlook Express by "properties" van die "news account"
so bietjie te vermom. Die feit dat sulke pos sonder aansiens des persoons
of eindbestemming geplaas word, dui op ge-outomatiseerde prosesse en as mens
die bron van die boodskappe ondersoek, is dit duidelik hoeveel moeite die
mense doen om hulle spore dood te vee en hoeveel kere Hotmail in die
besonderhede opduik.

In Outlook Express:
As mens REGS kliek op die boodskap se "header", "properties" selekteer en
daarna "Details", verskyn alle besonderhede van die boodskap. Is daar 'n
manier wat mens hierdie besonderhede of na die drukker kan stuur of êrens in
'n "folder" kan stoor ???? Hotmail bied 'n diens aan by ab...@hotmail.com
waar diesuke boodskappe rapporteer kan word. Hulle vereis dat die VOLLE
besonderhede (insluitende die "header detail)van sodanige boodskappe
deurgegee moet word en dit wil vir my voorkom asof die aanvanklike "header
detail" verlore gaan wanneer die boodskap slegs ge-"forward" word. Enige
boererate hier ?

Tot die krediet van Hotmail moet ek noem dat hulle uiters behulpsaam was en
dat hulle selfs een ou opgespoor het - maar ek skat dit was nog 'n leerling
"spammer" wat hom ten prooi laat val het. Hotmail beveel onder andere aan
dat mens NOOIT moet antwoord op sulke pos nie want dit dien slegs as
bevestiging van 'n aktiewe E adres

Gegroet
HdJ
(Verwyder verwysings na water vir direkte pos)
Vorige onderwerp: Arme Lesotho - arme ons
Volgende onderwerp: BILTONGMAKER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 22:41:09 MGT 2024