Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ware Afrikaners?
Ware Afrikaners? [boodskap #17654] So, 20 September 1998 00:00 na volgende boodskap
matilda  is tans af-lyn  matilda
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek lees maar so al die oor-en-weer slegsê, gifspoeg en uitskel ... (shym,
arme Kanada gaan nog sy Heiland leer ken oor hy daardie Gloudina ingevoer
het; ek is so bly haar besemstok het nie Australië toe gevlieg nie!)
Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
Groetnis, Matilda.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17655 is 'n antwoord op boodskap #17654] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Sep 1998 13:28:01 +1000, "matilda" wrote:

arme Kanada gaan nog sy Heiland leer ken oor hy daardie Gloudina ingevoer[/color]
> het; ek is so bly haar besemstok het nie Australië toe gevlieg nie!)
> Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
> weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
> kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
> Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
> keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
> parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
> Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
> Groetnis, Matilda.>>

Praat van simpletons. Die ding gaan on ware SUID-Afrikaners, nie
Afrikaners nie. Daar is n groot verskil.

En ek bly hier. En dis heerlik. Dis my land. My land het probleme,
maar dis my land. Ek is deel van die land en die land is deel van my.

Dit was so toe die skande van apartheid vermeng was met ekonomiese
goeie tye en dis so nou dat die vreugde van demokrasie vermeng is met
die probleme van n herrangskikking.

Ek trek soos my voorvaders. Die keer is dit nie n fisieke trek nie.
Dis een van die siel en van politiek. En die binneland le weer daar.
Groot en oop. Heuwel agter heuwel onder die blou lug.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17711 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Shaun wrote in message ...
ek woon in die VSA. Gelukkif nie in Melbourne nie.

Shonna kô hys toe. Die wat terugtrek, moet hulle woorde ook terugtrek.
http://www.zdnet.com/zdnn/stories/zdnn_lggraph_display/0,344 2,2139125,00.htm
l
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17712 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Sep 1998 15:30:49 -0400, Shaun wrote:

1. Dis "When the going gets tough, the tough (meervoud) get (nie gets nie)[/color]
> going.>>

Die "gesegde" soos jy dit noem, het verskeie vorme. Nie een is korrek
of verkeerd nie.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17713 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shaun  is tans af-lyn  Shaun
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ag, Matilda.....
Foeitog. So onverdraagsaam. het jy al die gelykenis van die tollenaar en die
Fariseër gelees? Daar waar die Fariseër sê: "Dankie tog dat ek nie soos die
tollenaar is nie"? En probeer maar volgende keer om in Afrikaans te skryf. Dis
lank nie meer mode om so deurmekaar te skryf nie. En voor jy anders dink: ek
woon in die VSA. Gelukkif nie in Melbourne nie.

matilda wrote:

> Ek lees maar so al die oor-en-weer slegsê, gifspoeg en uitskel ... (shym,
> arme Kanada gaan nog sy Heiland leer ken oor hy daardie Gloudina ingevoer
> het; ek is so bly haar besemstok het nie Australië toe gevlieg nie!)
> Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
> weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
> kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
> Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
> keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
> parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
> Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
> Groetnis, Matilda.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17714 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Okay  is tans af-lyn  Okay
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Matilda

Vir mense soos jy het ek nie veel tyd nie. Julle is die tipe "when the
going gets tough, the tough gets going". Bly maar lekker in Melbourne,
geniet jou Australiese vriende, los dan ons Suid Afrikaners uit. Ja, ons
is nog die Suid Afrikaners, nie jy nie. Jy tel nie meer in ons land nie.
Ek lewe wonderlik in my land en sal my land vir niks verruil nie. Ek stem
ons land het probleme, maar so ook 'n hele klomp ander lande.

Ansie

matilda
> Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
> weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
> kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
> Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
> keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
> parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
> Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
> Groetnis, Matilda.
>
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17715 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Sep 1998 03:26:03 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Dis een van die siel en van politiek. En die binneland le weer daar.[/color]
>> Groot en oop. Heuwel agter heuwel onder die blou lug.
>
> Ek dag so. 'n Leë siel.>>

Jy sal dit as leeg sien, ja.

Want dit wat daar is, kan jy nie raaksien nie. En dan glo jy dit
bestaan nie.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17716 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> Praat van simpletons. Die ding gaan on ware SUID-Afrikaners, nie
> Afrikaners nie. Daar is n groot verskil.
>
> En ek bly hier. En dis heerlik. Dis my land. My land het probleme,
> maar dis my land. Ek is deel van die land en die land is deel van my.
>
> Dit was so toe die skande van apartheid vermeng was met ekonomiese
> goeie tye en dis so nou dat die vreugde van demokrasie vermeng is met
> die probleme van n herrangskikking.
>
> Ek trek soos my voorvaders. Die keer is dit nie n fisieke trek nie.
> Dis een van die siel en van politiek. En die binneland le weer daar.
> Groot en oop. Heuwel agter heuwel onder die blou lug.
>
>

Dit kan waar wees solank jy altyd 'n werk het en jou werk veilig is. Jy kan
jouself egter gelukkig ag dat jy 'n Afrikaanse joernalis by 'n Afrikaanstalige
koerant is. Jou werk is een van min wat NOOIT in gedrang sal kom nie.
Regstellende aksie sal nooit op jou van toepassing wees nie. Ek kan my nie
voorstel dat 'n swart joernalis OOIT jou werk by 'n wit Afrikaanse koerant sal
wil hê nie. Dit is egter seker nie die geval vir baie wat reeds 'gewaai' het
nie, want hul werk was seker in gedrang.

Groete

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17717 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shaun  is tans af-lyn  Shaun
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Regtig?? En van wanneer af is dit "korrek" om die werkwoord in die enkelvoud te
skryf as die onderwerp in die meervoud is?

Jy bewys weer eens my punt, ou Ferdie. Dankie daarvoor. Jy ken nie alleen nie
die spelreëls van jou eie taal nie; jy paradeer ook jou onkunde van Engels.

Soms is dit maar beter om stil te bly en ander toe te laat om te dink jy weet
van niks as om jou mond oop te maak en dit te bewys.

Tatta, maatjie.

Ferdi wrote:

> On Mon, 21 Sep 1998 15:30:49 -0400, Shaun wrote:
>
> haal?
>> 1. Dis "When the going gets tough, the tough (meervoud) get (nie gets nie)
>> going.>>
>
> Die "gesegde" soos jy dit noem, het verskeie vorme. Nie een is korrek
> of verkeerd nie.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17718 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Shaun writes:

> Ag, Matilda.....
> Foeitog. So onverdraagsaam. het jy al die gelykenis van die tollenaar en die
> Fariseër gelees? Daar waar die Fariseër sê: "Dankie tog dat ek nie soos die
> tollenaar is nie"? En probeer maar volgende keer om in Afrikaans te skryf. Dis
> lank nie meer mode om so deurmekaar te skryf nie. En voor jy anders dink: ek
> woon in die VSA. Gelukkif nie in Melbourne nie.
>
> matilda wrote:
>
>> Ek lees maar so al die oor-en-weer slegsê, gifspoeg en uitskel ... (shym,
>> arme Kanada gaan nog sy Heiland leer ken oor hy daardie Gloudina ingevoer
>> het; ek is so bly haar besemstok het nie Australië toe gevlieg nie!)
>> Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
>> weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
>> kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
>> Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
>> keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
>> parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
>> Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
>> Groetnis, Matilda.


Ja, dis vir my so snaaks dat die Suid-
Afrikaners in Australi"e so knaend moet
vertel hoe wonderlik dit daar is. Dis of
hulle hulself wil oortuig dat hulle die
regte ding gedoen het. Is dit miskien om-
dat hulle geisoleer sit daar op 'n eiland-
vasteland in die suidelike Stille Oseaan,
en diep in hulle onderbewuste weet dat
in die volgende eeu daardie deel van die
wereld oorstroom sal word deur die miljoene
uit Asi"e noord van hulle.

Hulle vertel jou natuurlik ook nie van die
agonie van die Australiese boere in sekere
dele van Australi"e wat nou nie meer alleen-
reg op hulle grond het nie. Hulle kla maar
elke keer oor die "onreg" as ek na 'n
Australiese nuusprogram kyk. En hulle praat
min van die groot debat tussen die omo-
bendes en die wat vir reg en geregtigheid
staan, oor die toekoms van Australi"e as
'n "blanke" land. En hulle skiet mekaar
maar daar ook dood. Het een ou nie 'n ruk
gelede in 'n park losgetrek en 'n hele klomp
mense dood geskiet nie?

Wat maak Oom Kallie daar?
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17719 is 'n antwoord op boodskap #17654] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shaun  is tans af-lyn  Shaun
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ai, liewe Ansie. Wanneer gaan mense leer hoe om gesegdes reg aan te haal?
1. Dis "When the going gets tough, the tough (meervoud) get (nie gets nie)
going.
2. Dalk moet jy ook maar eers gaan leer wat dit beteken.
Dis jou soort onverdraagsaamheid wat maak dat die toekoms van SA duister is.
Al wat ek kan sê, is: dankie tog jy en mense soos jy bly agter en trek nie ook
nie.

Okay wrote:

> Matilda
>
> Vir mense soos jy het ek nie veel tyd nie. Julle is die tipe "when the
> going gets tough, the tough gets going". Bly maar lekker in Melbourne,
> geniet jou Australiese vriende, los dan ons Suid Afrikaners uit. Ja, ons
> is nog die Suid Afrikaners, nie jy nie. Jy tel nie meer in ons land nie.
> Ek lewe wonderlik in my land en sal my land vir niks verruil nie. Ek stem
> ons land het probleme, maar so ook 'n hele klomp ander lande.
>
> Ansie
>
> matilda
>> Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
>> weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
>> kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
>> Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
>> keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
>> parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
>> Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
>> Groetnis, Matilda.
>>
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17761 is 'n antwoord op boodskap #17654] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 22 Sep 1998 03:26:03 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > Dis een van die siel en van politiek. En die binneland le weer daar.
>>> Groot en oop. Heuwel agter heuwel onder die blou lug.
>>
>> Ek dag so. 'n Leë siel.>>
>
>
> Jy sal dit as leeg sien, ja.
>
> Want dit wat daar is, kan jy nie raaksien nie. En dan glo jy dit
> bestaan nie.

Ja, die fiksie wat jy hier aanvoer is oer-oud en welbekend in die
Wes-Europese tradisie.

In der mate dat daar 'n bekende sprokie oor vertel word. Van 'n keiser wat
beweer het dat hy sulke mooi klere dra, en dat dit slegs gesien kan word
deur die wat waardig is om dit te sien.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17762 is 'n antwoord op boodskap #17654] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Sep 1998 21:54:16 -0400, Shaun <an...@anon.net> wrote:

<<>Regtig?? En van wanneer af is dit "korrek" om die werkwoord in die enkelvoud te
>skryf as die onderwerp in die meervoud is?>>

A! Logiese Shaun!
As jy weer jou posting lees sal jy sien jou kritiek was teen die
"gesegde" wat "reg aangehaal" moet word (regte spreekwoord-fascis).
Nie teen die grammatika van die "gesegde" wat "aangehaal" word nie.
Want n mens kan natuurlik n gesegde aanhaal en dit met grammatika-foute
doen.

Jy wat so staan op logika moet seker maar begin leer om die soort
onderskeide te maak.

<<>Jy bewys weer eens my punt, ou Ferdie. Dankie daarvoor. Jy ken nie alleen nie
>die spelreëls van jou eie taal nie; jy paradeer ook jou onkunde van Engels.>>

Plesier ou beesblaas maar ek dink nie jy het ooit n punt gemaak nie.

En lyk my jy het maar hierdie streep om spel- en tikfoute te gaan soek
en dan mense aan die hand daarvan te oordeel. Maar dan hoef jy
natuurlik nie die argument in die oe te kyk nie. Lekker ou
kleinburgerlike cop out.

<<Soms is dit maar beter om stil te bly en ander toe te laat om te dink jy weet
>van niks as om jou mond oop te maak en dit te bewys.>>

Nou, Logiese Shaun, hoe gaan mense van jou weet as jy op n nuusgroep
nie praat nie!!!?

Wat van jy try bietjie om argumente te antwoord in plaas van tikfoute
te soek en mense stupid te noem omdat jy met hulle verskil?

<<>Tatta, maatjie.>>

Hoe cute. Beteken dit nou gaan waai?
Of gaan jy nooooooooiiit weer oooooooiiit met my praat nie?

Laat weet tog asseblief. Die spanning maak my dood.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17763 is 'n antwoord op boodskap #17654] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Ek trek soos my voorvaders. Die keer is dit nie n fisieke trek nie.
> Dis een van die siel en van politiek. En die binneland le weer daar.
> Groot en oop. Heuwel agter heuwel onder die blou lug.

Ek dag so. 'n Leë siel.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17764 is 'n antwoord op boodskap #17654] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Sep 1998 23:38:08 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Want dit wat daar is, kan jy nie raaksien nie. En dan glo jy dit
>> bestaan nie.
>
>
> Ja, die fiksie wat jy hier aanvoer is oer-oud en welbekend in die
> Wes-Europese tradisie.
>
> In der mate dat daar 'n bekende sprokie oor vertel word. Van 'n keiser wat
> beweer het dat hy sulke mooi klere dra, en dat dit slegs gesien kan word
> deur die wat waardig is om dit te sien.>>

Was sit nie die een van Verwoerd wat so mooi aangetrek het nie? Soos
laas vertel deur jou?

Maar nee Leendert, Dit gaan nie om klere en westerse keisers nie. Dit
gaan om ander dinge. Dinge wat jy of van weghardloop of n onvermoe het
het om raak te sien.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17765 is 'n antwoord op boodskap #17654] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[2]  is tans af-lyn  Koos[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
> On Tue, 22 Sep 1998 03:26:03 +0300, "Leendert van Oostrum"
> <oos...@geocities.com> wrote:
>
> <<Ek trek soos my voorvaders.

draad?

>
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17766 is 'n antwoord op boodskap #17654] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Sep 1998 21:21:07 GMT, brya...@my-dejanews.com wrote:
<<>Dit kan waar wees solank jy altyd 'n werk het en jou werk veilig is. Jy kan
>jouself egter gelukkig ag dat jy 'n Afrikaanse joernalis by 'n Afrikaanstalige
>koerant is.>>

Jy aanvaar sommer ek werk by plekke, ne? Vra nie eers nie.

<< Jou werk is een van min wat NOOIT in gedrang sal kom nie.
>Regstellende aksie sal nooit op jou van toepassing wees nie. >>

Dit was al.

<<Ek kan my nie
>voorstel dat 'n swart joernalis OOIT jou werk by 'n wit Afrikaanse koerant sal
>wil hę nie. >>

Daar is. En hulle word aangestel. En bevorder.

<< Dit is egter seker nie die geval vir baie wat reeds 'gewaai' het
>nie, want hul werk was seker in gedrang.>>>

Nou sit hulle in die buiteland met drie keer die salaris wat hulle
hier gekry het. Sjym.

Dit is egter hulle keuse en ek het vrede daarmee. Hulle kan kies wat
hulle wil. Maar hulle kan nie argumenteer dat hulle patriotiese
Suid-Afrikaners is as hulle padgee nie.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17767 is 'n antwoord op boodskap #17654] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Sep 1998 10:15:02 -0400, Koos wrote:

On Tue, 22 Sep 1998 03:26:03 +0300, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>> <<Ek trek soos my voorvaders.
>
> draad?>>

Wat n dom grap. Geen wonder jy skuil agter n vals naam nie. Dis seker
die slimste ding wat jy vandag gedoen het - om jou naam weg te steek.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17799 is 'n antwoord op boodskap #17654] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>> matilda wrote:
>>
>>> Ek lees maar so al die oor-en-weer slegsê, gifspoeg en uitskel ... (shym,
>>> arme Kanada gaan nog sy Heiland leer ken oor hy daardie Gloudina ingevoer
>>> het; ek is so bly haar besemstok het nie Australië toe gevlieg nie!)
>>> Enniewei, ek weet nou nie wie tel vir Ware Afrikaners, hensoppers of
>>> weglopers nie, maar as ek vandag so hier in wetsgehoorsame Melbourne sit en
>>> kyk na die Burger se voorblad op die internet, dan meen ek dis net 'n Ware
>>> Simpeltin wat verkies om sy kinders groot te maak in 'n land waar mense
>>> keelaf gesny word in 'n landdroshof, waar vuisgevegte uitbreek in die
>>> parlement, en waar pompjoggies nie hulle lewe seker is nie.
>>> Ok ... on your keyboards, get set ..... skel!
>>> Groetnis, Matilda.
>
>
> Ja, dis vir my so snaaks dat die Suid-
> Afrikaners in Australi"e so knaend moet
> vertel hoe wonderlik dit daar is. Dis of
> hulle hulself wil oortuig dat hulle die
> regte ding gedoen het. Is dit miskien om-
> dat hulle geisoleer sit daar op 'n eiland-
> vasteland in die suidelike Stille Oseaan,
> en diep in hulle onderbewuste weet dat
> in die volgende eeu daardie deel van die
> wereld oorstroom sal word deur die miljoene
> uit Asi"e noord van hulle.

O ja? Kyk so bitjie na jou ander kant toe - ja dis nou die kant wat nie
Eurosentries is nie. Dan sal jy sien dat die Miljoene Asie"rs nie te ver
van julle af is nie. (Hint: Probeer 'n aardbol) Verder is jy die een wat
vertel hoe oulik en pragtig en wonderlik Kanada is. Gun die Nuwe
Australiers dieselfde. Dis vir my net so snaaks dat jy altyd een ding
doen en net in die volgende pos weerspreek jy jouself.

>
> Hulle vertel jou natuurlik ook nie van die
> agonie van die Australiese boere in sekere

Wat is agonie? Agony? En jy vertel ander mense hoe om afrikaans te
praat?

> dele van Australi"e wat nou nie meer alleen-
> reg op hulle grond het nie. Hulle kla maar
> elke keer oor die "onreg" as ek na 'n
> Australiese nuusprogram kyk. En hulle praat
> min van die groot debat tussen die omo-
> bendes en die wat vir reg en geregtigheid
> staan, oor die toekoms van Australi"e as
> 'n "blanke" land. En hulle skiet mekaar
> maar daar ook dood. Het een ou nie 'n ruk
> gelede in 'n park losgetrek en 'n hele klomp
> mense dood geskiet nie?

Nou moet die uitsondering weereens die ree"l bewys.
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17800 is 'n antwoord op boodskap #17654] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
>
> Ja, dis vir my so snaaks dat die Suid-
> Afrikaners in Australi"e so knaend moet
> vertel hoe wonderlik dit daar is. Dis of
> hulle hulself wil oortuig dat hulle die
> regte ding gedoen het. Is dit miskien om-
> dat hulle geisoleer sit daar op 'n eiland-
> vasteland in die suidelike Stille Oseaan,
> en diep in hulle onderbewuste weet dat
> in die volgende eeu daardie deel van die
> wereld oorstroom sal word deur die miljoene
> uit Asi"e noord van hulle.

Jy kan nie praat nie Gloudina. Jy bly mos in Kanada. Vancouver se Asiatiese
bevolking is BAIE groot. Enige Internet tuisblad oor British Columbia toon
dat die Asiatiese invloed op die streek ongelooflik toegeneem het. Snaaks
dat jy (gerieflikheidsonthalwe) vergeet om dit ook te noem nê?

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17801 is 'n antwoord op boodskap #17654] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
Shaun wrote:
> Ag, Matilda.....
> Foeitog. So onverdraagsaam. het jy al die gelykenis van die tollenaar en die
> Fariseër gelees? Daar waar die Fariseër sê: "Dankie tog dat ek nie soos die
> tollenaar is nie"? En probeer maar volgende keer om in Afrikaans te skryf. Dis
> lank nie meer mode om so deurmekaar te skryf nie.

Mode? (ek lag nou lekker) Hoe sal jy nou weet wat mode is ten opsigte van
taalgebruik en wat nie. Mense praat soos hulle wil. As jy spesifieke
'modes' wil navolg as dit by taal kom, maak dan so. Moenie aanneem dat die
res dit ook doen nie. Vir iemand wat in die VSA sit, is dit in elk geval
nogals arrogant om voor te gee dat jy weet wat deurmekaar Afrikaans is en wat
nie.

Bryan

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17802 is 'n antwoord op boodskap #17654] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

Na nog 'n stukkie "kreatiewe" knippery, waarin hy die getuienis teen homself
uitgeredigeer het:

> On Tue, 22 Sep 1998 23:38:08 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Want dit wat daar is, kan jy nie raaksien nie. En dan glo jy dit
>>> bestaan nie.
>>
>>
>> Ja, die fiksie wat jy hier aanvoer is oer-oud en welbekend in die
>> Wes-Europese tradisie.
>>
>> In der mate dat daar 'n bekende sprokie oor vertel word. Van 'n keiser wat
>> beweer het dat hy sulke mooi klere dra, en dat dit slegs gesien kan word
>> deur die wat waardig is om dit te sien.>>
>
> Was sit nie die een van Verwoerd wat so mooi aangetrek het nie? Soos
> laas vertel deur jou?

Huh?

Nee, soos ek onthou, gaan dit hier oor die leë landkap van jou siel.

>
> Maar nee Leendert, Dit gaan nie om klere en westerse keisers nie. Dit
> gaan om ander dinge. Dinge wat jy of van weghardloop of n onvermoe het
> het om raak te sien.

Nah!

Dit was _jy_ wat jou siel as 'n leë landskap beskryf het, nie ek nie.

(Ek het bloot jou waarneming beaam.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Ware Afrikaners? [boodskap #17820 is 'n antwoord op boodskap #17654] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
dag mense,

ek gaan juis Saterdag Perth toe vir twee weke,
en het heelwat inligting oor Australie gelees.

Australie is n baie mooi land, die natuurskoon
is pragtig net soos in Suid-Afrika.

Ek sal graag daar wil woon, en is seker dat ek
myself gou daar sal tuismaak, want my huis is waar
my hart is, en op die oomblik is dit Kaapstad,
alhoewel ek in Bangkok is.

Ons verblyf in Thailand is amper verby, ek kan skaars
glo dat twee jaar verby is.

Ek het baie geleer hier in die ooste, veral van geduld,
van mense en die groot verskille tussen westerse
en oosterse kultuur.

Ek groet tot oor twee weke
heksie
--
plant n boom
Vorige onderwerp: Boere aanvalle!!!!
Volgende onderwerp: Soek Afrikaanse Vriende!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:52:40 MGT 2024