Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Likwidasies
Likwidasies [boodskap #17650] Sa, 19 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie maand drie in die omgewing - 'n koekiefabriek (7 werkers), 'n
videoplek (5 werkers) en die Jood se apteek.

Die Jood was 35 jaar daar. Iris agter die toonbank is 52. Sy het 26 jaar
daar gewerk sedert haar man verdwyn het en het 'n gestremde dogter. Jackson,
wat in Mamelodi woon, was 22 jaar daar - die afgelope jare het hy die
afdelingtjie wat fotos ontwikkel self hanteer. Sy kinders moet ook hul
studie staak - in die middel van die jaar. Hulle is nog op hoërskool, maar
hulle sou die eerste kinders in die familie wees wat universiteit toe gaan.

Groete, Leendert
Re: Likwidasies [boodskap #17705 is 'n antwoord op boodskap #17650] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Sep 1998 23:15:49 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|Die Jood was 35 jaar daar. Iris agter die toonbank is 52. Sy het 26 jaar
|daar gewerk sedert haar man verdwyn het en het 'n gestremde dogter. Jackson,
|wat in Mamelodi woon, was 22 jaar daar - die afgelope jare het hy die
|afdelingtjie wat fotos ontwikkel self hanteer. Sy kinders moet ook hul
|studie staak - in die middel van die jaar. Hulle is nog op hoërskool, maar
|hulle sou die eerste kinders in die familie wees wat universiteit toe gaan.
|
|Groete, Leendert
|
|
Hierdie dinge is klein binne die groot prentjie, maar vir die betrokke
mense so enorm groot. En dan kom iemand soos Gloudina en laat dit
duidelik bleik dat die soort van goed haar koud laat - en dit maak die
aangehaalde gebeure soveel meer tragies.

Gloudina sê dis maar olraait as jy 'n "victim" van 'n politieke
sisteem is - kyk haar reaksie op die storie hierbo waarop sy toe nie
verskoning gevra het nie. As ek nou haar eie redenasie gebruik dan is
dit ook maar goed dat daar in die apartheids tyd soveel as moontlik
swartes verniel en gedood is....

Kom ons staan eerder saam as gespreksgenote, ongeag politieke
oortuiging en geografiese ligging en kom ons bid almal vir die lewens
wat deur hierdie likwidasies geraak word, wat ook al ons godsdienstige
denominasie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Vooruitskouing
Volgende onderwerp: Lening dringend benodig-Sal terugbetaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 06:35:44 MGT 2024