Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Boikot se voet
Re: Boikot se voet [boodskap #16842] Sa, 15 Augustus 1998 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 15 Aug 1998 19:54:29 +1200, wrote:

|Johan, die maklikste manier is om bv. @igs.net te probeer-binne 'n dag of
|wat sal jy weet of hy werk!

Jy meen elke keer as dit volmaan is moet ek die filter stel en dan kan
ek hom 'n paar dae later weer afhaal! Dankie, ek het nou gesien met
die ander ou dat die filter werk - ek het iemand se antwoord gesien
sonder dat ek die oorspronkilke boodskap gesien het.

|
|Jy kan natuurlik altyd gaan loer as jy die spanning nie kan verdra nie, om
|tydelik na die ongefilterde boodskappe ook te kyk (View/Current
|View/Filtered Messages in Outlook Express).
|

Neewat kyk, om hier deel te neem is vir my lekker tot op 'n punt, maar
as ouens soos daai Knaterman dit net te ver dryf dan word dinge half
suur.
Kyk, ou Gloudina kan ek nog verduur - ek dink die ou tante is ook maar
meeste van die tyd net bietjie uitlokkend (as die maan nie vol is nie
- dan loop sy nie op die regte spoor nie). Maar ou knaterman gaan ek
heeltemaal sonder bly - ek het nou werklik nie eers die begeerte om te
loer nie.

|
|BTW. Hier in Wellington waar dit nou winter is, daal die temperatuur nie
|veel onder 4 grade nie....en in die dag so tussen 10 en 16. Ons is meer
|bekend vir die wind wat deur die Cook Strait aangehits word.

Is NZ se weer omtrent netsoos die in dele van SA?

Is julle al baie SAners in NZ? Ek het by die dame wat ons trek
hanteer het in SA, gehoor dat daar van die produksie vergaderings by
'n staal aanleg in Afrikaans gehou word - glo almal ouens van
VdBijlPark af.

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Re: Boikot se voet [boodskap #16844 is 'n antwoord op boodskap #16842] Sa, 15 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan, die maklikste manier is om bv. @igs.net te probeer-binne 'n dag of
wat sal jy weet of hy werk!

Jy kan natuurlik altyd gaan loer as jy die spanning nie kan verdra nie, om
tydelik na die ongefilterde boodskappe ook te kyk (View/Current
View/Filtered Messages in Outlook Express).

BTW. Hier in Wellington waar dit nou winter is, daal die temperatuur nie
veel onder 4 grade nie....en in die dag so tussen 10 en 16. Ons is meer
bekend vir die wind wat deur die Cook Strait aangehits word.

--
nomad@rest.oasis
Johan N Potgieter wrote in message
35d50077.58036050@news.citilink.com...
> On Fri, 14 Aug 1998 19:39:45 +1200, wrote:
>
>> Die ng is soos 'n vry land, en jy't skynbaar nog nie aangepas hierby nie.
>> As jy nie van hom hou nie, gebruik dan jou nuusfilter. Dis meer eerbaar.
>>
> Man, so leer 'n mens maar ... Dankie vir die wenk met die filter - ek
> het dit nog nie gebruik nie en hier is nou dalk net 'n kans om te
> eksperimenteer. S net gou vir my, hoe weet jy hy werk? Want jy sny
> nou iemand uit so jy weet nie of jou filter werk en of hy net nie 'n
> boodskap gestuur het nie.
>
> Johan
> Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!
Vorige onderwerp: 'n "Genormaliseerde" samelewing
Volgende onderwerp: Sensus : nabetragting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:43:59 MGT 2024