Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,...
Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16175] Di, 14 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In artiekel ,
het "Griet" geskryf:

> Net 'n klein korreksie hier. Jy vergeet van die verskuilde agenda'tjies. 'n
> Besondere welgestelde land wat erts en minerale aanbetref, is meer
> beheerbaar van buite as 'n swart regering dit bestuur. Daar word nou van
> die nuwe Britse neo-kolonialisme gepraat en die hele land begin grom. Die
> hele Afrika, om die waarheid te sê, begin vergelding oor die ekonomiese
> kolonialisme/ imperialisme van die groot geldmagte van die wereld skree. 'n
> Baie magtiger beheer as wat ooit deur 'n poltieke groepering in die
> Europese lande bewimpel kon word.
>
>

Haai Griet - ek sit hier in Nederland en kyk en dink toe nou maar so oor die
dinge wat aangaan. Ek het in die afgelope week op die Discovery Channel gekyk
na 'n program oor die "Battle of Brittain" en so op my eie sit en dink dat
Duitsland en Japan sedert die wêreldoorlog 'n groter stuk van die wêreld
oorwin het met hul ekonomiese aktiwiteite as in die wêreldoorlog. Nou noem jy
dit hier op die nuusgroep. Die lande wat gedink het hulle het hul
afhanklikheid gekry is nou nog minder onafhanklik as wat hulle was 20 of 30
jaar gelede. Iemand het een keer vir my gesê dat jy iemand beheer as jy sy
finansies beheer.

Ek het heelwat idees en gedagtes hieroor, maar kom ons gooi die vloer so 'n
bietjie oop en kyk wat sê die mense.

Basies kom dit neer daarop dat die ontwikkelde lande nie meer oorloë hoef te
baklei nie behalwe in die plekke waar Navo, die VVO ensovoorts "ingryp" om wet
en orde te handhaaf. Na hulle weggaan, beheer hulle effektief die land omdat
hulle die ekonomie deur "lenings" ensovoorts beheer. Kom ons kyk na 'n ander
aspek. Die motorindustrie van Engeland is in sy totaliteit oorgeneem deur die
VSA (Ford) en Duitsland. Ek meen - waar het jy nou al ooit in jou lewe gehoor
dat 'n Landrover met 'n Duitse enjin rondry! Dan natuurlik is daar die groot
amalgamasie van Daimler-Benz en Chrysler (ek dink?).So - in die motorindustrie
het Duitsland reeds 'n groot aandeelhouding in die markte van sy twee groot
Tweede Wêreld Oorlog vyande.

So, kom ons kyk na die wêreld en probeer uitwerk wat is die nuwe moonthede. -
ek sou sê Duitsland, VSA, Japan en Rooi China. Effektief beheer hierdie vier
lande die ekonomie van minstens 80% van die wêreld.

Dan is daar natuurlik die "ongeallieerde" moslemblok wat kaplaks daar in die
middel van die wêreld sit. Hulle is nog 'n geldmoontheid wat met ander
agendas sit. Maar hulle is nie besig om dit te spandeer om die res van die
wêreld deur hul geld te probeer oorheers nie. Dit lyk my hul manier van die
wêreld oor neem is deur dit eenvoudig oor te emigreer. Besoek gerus London -
groot dele van Amsterdam ensovoorts. Nogal interessant dat mense wat nie in
kapitalisme glo nie na kapitalistiese lande wil emigreer. Vreemd hoeveel
emigreer na die "groot vyand van Islam" - die VSA.

Kom ons dink nou sommer net vir die pret oor die SA regering. Met watter van
hierdie groeperings is hy besig om homself te asosieer?. China en die
Moslemlande. Vreemd is dit nie. Mens sien nie SA die VSA, Duitsland en Japan
besoek op groot skaal nie, behalwe om sy bestaande belange net te onderhou
nie. Wat sou julle sê is die agenda van die SA regering in die lig van
hierdie idees wat ek rondgooi?

Maar ek het nou genoeg idees gelaat vir 'n goeie begin. Kom al julle
konspirasieteoriste - laat ons hoor wat julle dink.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16176 is 'n antwoord op boodskap #16175] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 13:28:22 GMT, gide...@usa.net waffled:

> Haai Griet - ek sit hier in Nederland en kyk en dink toe nou maar so oor die
> dinge wat aangaan. Ek het in die afgelope week op die Discovery Channel gekyk
> na 'n program oor die "Battle of Brittain" en so op my eie sit en dink dat
> Duitsland en Japan sedert die wêreldoorlog 'n groter stuk van die wêreld
> oorwin het met hul ekonomiese aktiwiteite as in die wêreldoorlog. Nou noem jy
> dit hier op die nuusgroep. Die lande wat gedink het hulle het hul
> afhanklikheid gekry is nou nog minder onafhanklik as wat hulle was 20 of 30
> jaar gelede. Iemand het een keer vir my gesê dat jy iemand beheer as jy sy
> finansies beheer.
Ek dink ons sal net die situasie kan
red as ons gaan kers opsteek by lande
soos Singapoer. Ek het geen kennis van die
land nie, maar is dit nie waar dat dit baie goed gaan
in daardie lande nie? Wat doen hulle reg, want om by jou aan te
sluit: Hulle beheer tog seker hulle eie finansies?!
Kan iemand on bietjie meer inligting gee oor wat in Singapoer aangaan,
maar nie net finansies nie, ook skoling - ek dink nie finansies werk
heeltemal in isolasie nie.

>
> Ek het heelwat idees en gedagtes hieroor, maar kom ons gooi die vloer so 'n
> bietjie oop en kyk wat sê die mense.
>
> Basies kom dit neer daarop dat die ontwikkelde lande nie meer oorloë hoef te
> baklei nie behalwe in die plekke waar Navo, die VVO ensovoorts "ingryp" om wet
> en orde te handhaaf. Na hulle weggaan, beheer hulle effektief die land omdat
> hulle die ekonomie deur "lenings" ensovoorts beheer. Kom ons kyk na 'n ander
> aspek. Die motorindustrie van Engeland is in sy totaliteit oorgeneem deur die
> VSA (Ford) en Duitsland. Ek meen - waar het jy nou al ooit in jou lewe gehoor
> dat 'n Landrover met 'n Duitse enjin rondry! Dan natuurlik is daar die groot
> amalgamasie van Daimler-Benz en Chrysler (ek dink?).So - in die motorindustrie
> het Duitsland reeds 'n groot aandeelhouding in die markte van sy twee groot
> Tweede Wêreld Oorlog vyande.
Gaan Volkswagens nie ook nou met Rolls Royce engins begin rondry nie!!

...sommer net ek, Simon
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16189 is 'n antwoord op boodskap #16175] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 13:28:22 GMT, gide...@usa.net waffled:

> konspirasieteoriste - laat ons hoor wat julle dink.
>
Dit klink soos mense met groot maag probleme!

...sommer net ek, Simon
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16211 is 'n antwoord op boodskap #16175] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek babbel vanoggend vreeslik, ekskuus. Ek is hier besig om werk- en
toergeleenthede vir 'n paar jongmense oorsee te reël, en so tussen die
gewaggery vir fakse en e-pos antwoorde deur, antwoord ek die skrywe:

Simon wrote in article
...
> On Tue, 14 Jul 1998 13:28:22 GMT, gide...@usa.net waffled:
>
Ek het in die afgelope week op die Discovery Channel gekyk
>> na 'n program oor die "Battle of Brittain" en so op my eie sit en dink dat
>> Duitsland en Japan sedert die wêreldoorlog 'n groter stuk van die wêreld
>> oorwin het met hul ekonomiese aktiwiteite as in die wêreldoorlog. Nou noem jy
>> dit hier op die nuusgroep. Die lande wat gedink het hulle het hul
>> afhanklikheid gekry is nou nog minder onafhanklik as wat hulle was 20 of 30
>> jaar gelede. Iemand het een keer vir my gesê dat jy iemand beheer as jy sy
>> finansies beheer.

Dis presies wat die Afrikane deesdae so woedend maak. Prof. Omotoso van
Ghana
( die swartman in die Vodacom advertensie wat aanhoudend vir die wit yuppie
ore aansit) het so 'n paar jaar terug 'n boek geskryf. Die boek se naam is"
Seasons of Migration to the South". Hierin verduidelik hy die
neo-kolonialisme nadat die Pan-Afrikanisme se "devestating" effek op Afrika
ingesink het, en die wereld geldmagte ingespring en beheer oor die lande
oorgeneem het.

Die hele Afrika was verheug oor die groot geld wat ingepomp word, maar het
vergeet dat dit lenings is wat terug betaal moet word. Op Afrika forums
gaan daar deesdae al hoe meer verwytende klanke op van ekonomiese
verslawing; dat hierdie skuldlaste afgeskryf moet word; dat "the voice of
the people" toegang tot die internasionale geldmag- raadsale moet kry; by
implikasie word ge"demand" dat die hand op die stembriefie magtiger moet
wees as die hand op die ekonomiese produktiwiteitsmasjien, ens.

> Ek dink ons sal net die situasie kan
> red as ons gaan kers opsteek by lande
> soos Singapoer. Ek het geen kennis van die
> land nie, maar is dit nie waar dat dit baie goed gaan
> in daardie lande nie? Wat doen hulle reg, want om by jou aan te
> sluit: Hulle beheer tog seker hulle eie finansies?!
> Kan iemand on bietjie meer inligting gee oor wat in Singapoer aangaan,
> maar nie net finansies nie, ook skoling - ek dink nie finansies werk
> heeltemal in isolasie nie.

Ek is ook nie so op hoogte van Singapoer nie, maar in vergelyking met
Afrika is daar 'n paar insiggewende verskille:

Hoë produktiwiteite is die norm; Vakbonde word net gedoog as dit
pro-ontwikkeling en ekonomiese vooruitgang is;
Opvoeding is 'n prioriteit en nie 'n meulsteun nie;
Britse banke het groot invloed in die ekonomie;
Weens die hêe opvoedingspeil van die inwoners en hulle gewilligheid om BAIE
hard te werk, was hulle instaat om beheer oor hulle ekonomie oor te neem;
Politiek en ekonomie is baie beslis daar geskei. Politieke aanstellings kom
feitlik glad nie in hulle ekonomie voor nie. Jy't óf die regte papiere vir
die job, óf jy gaan speel toespraak-toespraak op 'n ander plek.
Die Kulture verskil drasties van Afrika s'n.

'n Baie belangrike verskil is dat Singapoer 'n Letterkunde in hulle eie
tale het, soos die res van die Ooste en die westerse wereld. Dit het
meegebring dat tegniese terme en die wetenskap in hulle eie kulture
opgeneem kon word, en daarom kon hulle uit hulle eie kultuur en
verwysingsraamwerk aan die vrye ekonomiese stelsel van die wereld
deelneem.

Die Afrikane het hier 'n geweldige agterstand, en moet as gevolg daarvan
eers 'n westerse taal baasraak voordat daar aan enige kennis van die
ekonomiese bedryf
gekom kan word. Die Afrika tale kan nie die tegniese woordeskat in hulle
tale absorbeer nie, omdat die taal nie voorsiening daarvoor maak nie.

Die Afrika kulture, so terloops, is gegrond op 'n baie fyn ontwikkelde
stelsel van konsensus, maar die gemeenskapsleiers, wat as swak beskou word
indien hy nie outokraties kan optree nie, word verhef tot koning.

Dit is ook die rede waarom Afrika leiers met moord kan wegkom. Hulle word
ook telkemale deur dieselfde mense ingestem bloot omdat dit deur die
gemeenskap so beskik was dat die persoon leier moet wees, ongeag sy foute
en wreedhede.
Die demokrasie, soos toegepas deur die westerse moondhede, is nie bekende
by Afrikane nie. Dit werk baie stadig deur.

Jy kan maar gaan kyk na alle lande wat ontwikkel binne die westerse
stelsel. Dit is ou kulture met 'n geskrewe letterkunde wat die knoop
deurhak.

Professor Omotoso het nogal in sy boek 'n GROOT lansie vir Afrikaans
gebreek. As jy dit wil lees, sal ek vir jou 'n aanhaling deurstuur. Sê maar
net.
>
>> Ek het heelwat idees en gedagtes hieroor, maar kom ons gooi die vloer so �n
>> bietjie oop en kyk wat sê die mense.
>>
Ja, dit behoort baie interessante besprekings uit te lok.

>> Die motorindustrie van Engeland is in sy totaliteit oorgeneem deur die
>> VSA (Ford) en Duitsland. Ek meen - waar het jy nou al ooit in jou lewe gehoor
>> dat 'n Landrover met 'n Duitse enjin rondry! Dan natuurlik is daar die groot
>> amalgamasie van Daimler-Benz en Chrysler (ek dink?).So - in die motorindustrie
>> het Duitsland reeds 'n groot aandeelhouding in die markte van sy twee groot
>> Tweede Wêreld Oorlog vyande.
> Gaan Volkswagens nie ook nou met Rolls Royce engins begin rondry nie!!
>
> ...sommer net ek, Simon
>
Ons was so bevoorreg om nou onlangs 'n Indiër man as huisgas te hê wat 2
goudmyne in Zimbabwe en 23 plase besit. Dis behalwe 'n juweliersaak met
takke in London en New York. Hy was van mening dat die "klein vissies" nie
meer kan bestaan nie. Die wereld ekonomie neig al hoe meer na globale
maatskappye. Boere kan nie meer as eenmansake oorleef nie, en groepeer in
Amerika en ander ontwikkelde lande nou in maatskappye saam om bedingingsmag
te behou. Dit gebeur in al die industrieë van die wereld. So, die oornames
wat jy hier bo noem, val almal binne hierdie kategorieë.

Ja, die enjin storie was vir my ook verbasend. Niemand kan nou meer vir my
sê ek is on-ontwikkeld as ek sê ek klim nou in my merc, as ek in die
Landrover dop klim nie, of wat? :-)

My man sê ek sal die swakste getuie in 'n motorkaping uitmaak, want as
iemand my vra watse motor was dit, dan antwoord ek "'n groene". Ek kry die
goed om die dood nie uitmekaar geken nie. Dis dan alles dieselfde
ontwerpe!!

Die nuwe weergawe van die Volkswagen beetle in Amerika is egter vir my
beautiful.
'n Uno kom ook nog identifiseerbaar deur, en die Range Rover , Landcuiser
en Landrover. Maar ai tog...............die res!

Halmar Gerber praat van die korrupsie van die enokriene stelsel by ander
menslike afwykings, maar ek dink die nuwe motor ontwerpe veroorsaak 'n
korrupsie van my
sinopses in die korteks. "n Totale aborsie van die Logika. 'n Kortsluiting.
'n Vakbond staking van my senuwee eindpunte.

Klip in die bos: Is hierdie westerse ekonomiese stelsels van ons werklik so
doeltreffend? Maak dit nie maar die rykes ryker, en die middelklas armer
nie. Al hoe meer mense is deesdae op straat - selfs in die hoogs
suksesvolle Amerika.

Hoe laer jy op die ekonmiese leer staan, hoe swakker word jou stem gehoor?
Is dit 'n goeie ding? Met die ontploffing van mense staan al hoe meer mense
op die laer sporte, en oorproduksie is al reeds 'n grillige werklikheid -
die rede vir die ineenstorting van die Japanse ekonomie. Te veel goedere
met te min markte.
Die enigste kontinent wat nog baie braak lê is Afrika. Maar erens het daar
'n ernstige foutjie in die beplanning en opleiding van potensiële markte
plaasgevind.

Is die "agtergeblewe" kulture van die wêreld wat buite hierdie stelsel
staan, die wereld se redding of ondergang? Dink aan die Nomade van die
wereld woestyne,ens?

Ek wonder altyd so by myself: Sê nou maar net God kom nou terug aarde toe
en beveel ons om die wereld dadelik skoon te maak. Een hoop vir staples,
een vir spelde, een vir "paperclips", een vir motorbande, ens. O moeder, ek
sal verkies om liewer maar dan al 'n engeltjie te wees. Kan jy dink hoe
daar geskel gaan word as die Hoover dam,die kanale, en al die ander
soortgelyke mense maaksels toegestoot moet word? Al die pype wat uit die
grond gegrawe moet word. Om van al die teer op die grond wat op 'n hoop
gestoot moet word, nie eers te praat nie.

So, wie in die wereld is nou eintlik die beste daaraan toe? Ons verwesterse
ekonomiese slawe, of die onverwesterse "agtergeblewe" kulture van die
wereld. Wie is uiteindelik die vryste?

Ek kyk na die menigte mense wat in die Champ Elysees laer getrek het om die
Franse se sokker oorwinning te vier. Die gesig was grillerig, rerig. En dit
was maar ' paar duisend mense. Ek dink ons is die wereld se grootste en
mees gevaarlikste insekplaag...................... Die onontwikkelde volke
van die wereld het nie hierdie oorbevolkings versmoorde psige nie.

O moedertjie, ek skryf myself en vir jou, nou in 'n depro in. Help ons tog
maar altwee daaruit met jou antwoord....

Lekker dag vir almal :-O
Re: Ekonomiese Imperialisme [boodskap #16213 is 'n antwoord op boodskap #16175] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Ek dink ons sal net die situasie kan
> red as ons gaan kers opsteek by lande
> soos Singapoer. Ek het geen kennis van die
> land nie, maar is dit nie waar dat dit baie goed gaan
> in daardie lande nie? Wat doen hulle reg, want om by jou aan te
> sluit: Hulle beheer tog seker hulle eie finansies?!
> Kan iemand on bietjie meer inligting gee oor wat in Singapoer aangaan,
> maar nie net finansies nie, ook skoling - ek dink nie finansies werk
> heeltemal in isolasie nie.
>
Ek het so 'n rukkie gelede 'n stuk geplaas oor Singapoer en my indrukke
van die land (kyk by
http://x7.dejanews.com/getdoc.xp?AN=366740177&CONTEXT=90 0471911.20518010
96&hitnum=2 ).

Ek werk vir die afgelope 6 maande hier, en alhoewel ek geen kundige op
Singapoer se ekonomie is nie, kan ek weer net 'n paar indrukke weergee.

Op die oog af lyk dit asof hulle totaal in beheer is van hul eie
finansies, en ook asof hulle geen voorkeur gee aan enige een van die 4
ekonomiese reuse nie. Hulle doen besigheid met almal.

Singapoer is ongetwyfeld 'n groot suksesverhaal, veral op ekonomiese
gebied. Die redes hiervoor, sou ek as volg saamvat:
1. 'n Magtige regering met invloede in alle sfere van die samelewing,
maar wat tog baie populer is. Alhoewel die regering voorskrywend kan
wees, is daar 'n groot mate van vertroue vanaf die landsburgers in die
regering se besluite. Die ideologie wat gevolg word, is sterk
kapitalisties, maar met wat hulle noem "Asian Values". Dit kom bloot
neer op streng dissipline, respek vir gesag, en konserwatiewe morele
waardes.
2. Belangriker - politici met visie en insig, en wat die land bestuur
tot voordeel van die land en sy mense, en nie tot voordeel van hul eie
ego's of beursies nie.
3. Streng dissipline - beide op persoonlike vlak in die opvoeding van
kinders, en ook op nasionale vlak in die vorm van wetstoepassing. Almal
weet wat hulle mag doen en nie mag doen nie, en vir diegene wat oor die
tou trap, is die gevolge swaar.
4. 'n Baie goeie onderwysstelsel, met die klem op die wetenskappe en
tegnologie. Op universiteitsvlak, word studente aangemoedig om te
studeer in rigtings waar hulle 'n groot bydrae tot die land se ekonomie
kan lewer.
5. 'n Strewe na uitnemendheid en sukses, en 'n kultuur van harde werk.
Selfs onder die jonger geslag, is dit "cool" om hard te werk en leer.
Hulle kompeteer onder mekaar, en presteerders word goed beloon. Dit
staan in kontras met die nuwe Curriculum 2005 in SA, wat na my mening
hopeloos te veel klem plaas op groepswerk en 'n kultuur van
gemiddeldheid gaan bevorder.

Ek het nie die kennis te kan se watter van hierdie beginsels in SA
prakties toegepas kan word in SA nie, of hoe dit geimplementeer moet
word nie. Tog dink ek dat die SA regering kan baat daarby om vir Lee
Kuan Yew 'n possie aan te bied as hy ooit hier aftree. Hy was die
"argitek" van Singapoer wat vir so iets soos 25 jaar die regeringshoof
was, maar toe teruggestaan het, maar steeds in die kabinet dien. Ek wil
nog graag sy outobiografie lees. Alhoewel hy nie so bekend is in ander
dele van die wereld nie, dink ek dat hy werklik onder een van die groot
staatsmanne moet tel.

JC
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16215 is 'n antwoord op boodskap #16211] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 09:54:05 GMT, "Griet" wrote:

> Ek is ook nie so op hoogte van Singapoer nie, maar in vergelyking met
> Afrika is daar 'n paar insiggewende verskille:
>
> Hoë produktiwiteite is die norm; Vakbonde word net gedoog as dit
> pro-ontwikkeling en ekonomiese vooruitgang is;
> Opvoeding is 'n prioriteit en nie 'n meulsteun nie;
> Britse banke het groot invloed in die ekonomie;
> Weens die hêe opvoedingspeil van die inwoners en hulle gewilligheid om BAIE
> hard te werk, was hulle instaat om beheer oor hulle ekonomie oor te neem;

O gaats, Gloudina - net hier vou jou swart boeties geheel en al - en
die wt die meeste suffer, is die van hulle wat wel bereid is om te
werk (nooit HARD werk nie).

> Klip in die bos: Is hierdie westerse ekonomiese stelsels van ons werklik so
> doeltreffend? Maak dit nie maar die rykes ryker, en die middelklas armer
> nie. Al hoe meer mense is deesdae op straat - selfs in die hoogs
> suksesvolle Amerika.
>
Ja, ek het onlangs met 'n Amerikaner gesels wat met 'n Afrikaanse vrou
getroud is. Hy het my vertel dat hy dit kan agterkom as hy twintig
jaar gelede vergelyk met vandag. Waar daar eens 'n aneenlopende
spktrum armoede tot rykdom was, is daar nou 'n gaping besig om in die
middelklas te ontstaan - weliswaar nader aan die arm kant, sodat die
meerderheid populasie welaf word en 'n minderheid armer.
My vraag: Wie is die minderheid?
Sy antwoord: Die mense wat nie wil werk nie.
En toe vra ek blatant: Is hulle swart?
Sy antwoord: Tagtig persent ja, en die ander twintig persent is die
wittes wat maar in elk geval werk sku is.

Dit sou so lekker gewees het as Suid Afrika hierdie scenario sou kon
omswaai, maar ek is bevrees selfs Gloudina sal moet toegee daar is nie
veel kans daarvan nie.
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16216 is 'n antwoord op boodskap #16175] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
m...@here.com (Simon) wrote:

> Gaan Volkswagens nie ook nou met Rolls Royce engins begin rondry nie!!
>

Uh - ek dink Rolls Royces gaan met volkswagen enjins begin rondry - die arme
superrykes gaan nou opeindig met 'n enjin vir die volk in hule megaduur koetse
;^)

Lank lewe die Vierde Ryk

hehehe

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16217 is 'n antwoord op boodskap #16175] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
> O gaats, Gloudina - net hier vou jou swart boeties geheel en al - en
> die wt die meeste suffer, is die van hulle wat wel bereid is om te
> werk (nooit HARD werk nie).

> Ja, ek het onlangs met 'n Amerikaner gesels wat met 'n Afrikaanse vrou
> getroud is. Hy het my vertel dat hy dit kan agterkom as hy twintig
> jaar gelede vergelyk met vandag. Waar daar eens 'n aneenlopende
> spktrum armoede tot rykdom was, is daar nou 'n gaping besig om in die
> middelklas te ontstaan - weliswaar nader aan die arm kant, sodat die
> meerderheid populasie welaf word en 'n minderheid armer.
> My vraag: Wie is die minderheid?
> Sy antwoord: Die mense wat nie wil werk nie.
> En toe vra ek blatant: Is hulle swart?
> Sy antwoord: Tagtig persent ja, en die ander twintig persent is die
> wittes wat maar in elk geval werk sku is.

Ou Johan, is jy so dig dat jy iemand aanhaal
wat dinge sê wat teenstrydig is met jou opinies,
en jy merk dit nie eens op nie? Die man sê "die
meerderheid van die populasie word welaf en die
minderheid armer." Nogal 'n pluimpie vir die
nuwe SA, n'est-ce-pas? En die man verklaar:
die mense wat armer word is, tagtig persent
swart en twintig persent wit. Nou, as 'n mens
aanneem dat minder as twintig persent van die
SA bevolking wit is, dan maak dit mos sin dat
net twintig persent van die witmense armer
word. Al gehoor van statistiek, ou Johan? En
het jy breintjie noual die verskil begin begryp
tussen co-op en co-ed?

Gloudina

> Dit sou so lekker gewees het as Suid Afrika hierdie scenario sou kon
> omswaai, maar ek is bevrees selfs Gloudina sal moet toegee daar is nie
> veel kans daarvan nie.
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16237 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 14:23:19 GMT, wrote:

> Ou Johan, is jy so dig

Ek het jou al lankal gesê ek is nie te slim nie ....

> dat jy iemand aanhaal
> wat dinge sê wat teenstrydig is met jou opinies,
> en jy merk dit nie eens op nie?

Ek glo nie aan oogklappe nie en gee nie om om 'n ander een aan te haal
as hy van my verskil nie.. Dis hoe 'n mens bietjie jou horisonne
uitskuif, Gloudina, iets wat jy gerus kan doen.

> Die man sê "die
> meerderheid van die populasie word welaf en die
> minderheid armer." Nogal 'n pluimpie vir die
> nuwe SA,

Hoe het dit nou enige iets met SA te doen waar almal net armer
word???????

> n'est-ce-pas?

Ek is te dom vir die Frans - vertaal asseblief....

> En die man verklaar:
> die mense wat armer word is, tagtig persent
> swart en twintig persent wit. Nou, as 'n mens
> aanneem dat minder as twintig persent van die
> SA bevolking wit is, dan maak dit mos sin dat
> net twintig persent van die witmense armer
> word.

Jy het nie 'n cooking clue van SA ekonomie nie, né! Die twee lande se
ekonomie verskil so hemelsbreed dat jy nie sinvolle vergelykings kan
maak nie - wat nog absurde aannames soos hierdie !??!

Kom ek doen dieselfde met jou. Hitler was baie mense se held - baie
mense hou van rugby - rugby word in SA gespeel - jy het uit SA gekom
(al was dit 'n baie ou SA) - daarom is Hitler ook jou held!

> Al gehoor van statistiek, ou Johan? En
> het jy breintjie noual die verskil begin begryp
> tussen co-op en co-ed?
(Nee, ek sukkel nog - dis so groot probleem - ek haak nog by die "c"
vas - hulle wil nie vir my verskillend lyk nie. duuhhh....)

Jou kop dwaal, Gloudina! Vra Izak om bietjie jou skrywe te modereer -
dalk sal dit keer dat jy so telkemale jou onkunde openbaar en so 'n
groot gek van jouself maak.
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16238 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 13:55:41 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

> Ek dink ons sal net die situasie kan
> red as ons gaan kers opsteek by lande
> soos Singapoer. Ek het geen kennis van die
> land nie, maar is dit nie waar dat dit baie goed gaan
> in daardie lande nie?

> ...sommer net ek, Simon

Ek was in 1995 in Singapoer. Ek het al heelwat gereis en kan met
oortuiging sê dat dit die mees moderne land/stad is wat ek al ooit
besoek het. Ongelooflik skoon. Een ding waarvoor Singapoer baie
bekend is, is hul streng strafreg. Die misdaadsyfers is ontsettend
laag in die land, meestal om twee redes: goeie opvoeding en daai
streng howe van hulle. Vir dwelmhandel, sal jy baie na aan die
doodstraf kom. Om verhoor te word neem ook nie maande/jare nie, maar
weke. Ons toerleier het ons mooi ingelig oor die stand van sake daar.

Net 'n paar interessante wette: as jy spoeg op straat, kan jy
moontlik beboet word daarvoor. Dieselfde geld as jy vullis in die
straat sou rondstrooi. Die meeste mense van Singapoer sal jou effens
aankyk as jy jou Coke blikkie sommer op die grond laat val. Wat
gebeur? Jy tel maar die outjie op en sorg dat hy in die naaste blik
kom. Weens al hierdie reëls word daar dus onbewustelik 'n grondslag
gekweek vir goeie gedrag onder die mense van die land. En dit lei
natuurlik tot minder misdaad.

Nog 'n interessante reël: daar is hysbakke in die stad, wat
outomaties toesluit indien jy (vir watter rede ookal) sou besluit om
in die hysbak te urineer... die hysbak sluit onmiddelik en 'n alarm
gaan af. Polisie daag op en daar staan jy in jou eie 'bewysstuk".
Wat gebeur dan met jou? En as jy ook in die strate mors? Jy word
doodeenvoudig voor die publiek verneder. Die owerhede gee vir jou 'n
lekker oranje jas wat jy moet dra, 'n lekker groot besem, en dan moet
jy vir so 'n week of twee na-ure die winkelsentrum se vloere uitvee.
Op jou rug is 'n kennisgewing oor presies wat jy verkeerd gedoen het!!
Dit het ek met my eie oë gesien. 'n Man in 'n pak klere wat staan en
gange vee, met 'n rooi gesig. Dus: publieke vernedering, en jy doen
nooit weer dit wat jy verkeerd gedoen het nie. Hierdie tipe metodes
van straf het een groot voordeel. Dit spaar die staat baie geld omdat
die tronke leeg gehou word. Die nadeel is natuurlik dat daar baie
mense is wat dit as 'n beperking van vryheid sien.

Oor die finansiële situasie in die land kan ek nie meer kommentaar
lewer nie omdat ek 3 jaar laas daar was. Die ekonomie het nogals
drasties verander in die laaste paar jaar in die Suid-Oos Asië streek.
Versleg. Ek het Singapoer interessant gevind en my TV sommer
spotgoedkoop daar gekoop. Dit is 'n lekker plek vir goedkoop
elektroniese toerusting, het 'n fantastiese dieretuin en Sentosa
Eiland is ook die moeite werd. Ek sou niemand egter aanraai om die
plek langer as so 4 dae te besoek nie, want ek was na 4 dae verveeld.
Nou vir die ander kant van die muntstuk: alles is net te perfek in
die land. Dit is vervelig! :o) Ek het my tyd in Indonesië baie meer
geniet. Jy stap deur 'n vallei en skielik staan daar 100 arm
kindertjies om jou. Elke een met 'n glimlag. Die helfte kaal, maar
dit pla hulle nie, en dan moet jy maar tevrede wees dat hulle die
volgende 5km agter jou gaan aanstap. Jy hardloop dan in die see in,
met die 100 agter jou aan wat sommer op jou rug spring van pure
plesier. Die aanhoudende gelag van die mense sal ek nooit vergeet
nie. Hulle sê mos al hierdie "eiland-mense" is so vriendelik. Ek
het vir die tolk gevra hoekom hulle so 'n 'fassinering' met ons
groepie gehad het. Sy antwoord: hulle het omtrent 10 jaar laas 'n
wit mens gesien.

Groete, Bryan

============================================
Please remove KAAP in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16239 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>

[sny]

>>
> Ou Johan, is jy so dig dat jy iemand aanhaal
> wat dinge sê wat teenstrydig is met jou opinies,
> en jy merk dit nie eens op nie? Die man sê "die
>

People in glass houses...

> meerderheid van die populasie word welaf en die
> minderheid armer." Nogal 'n pluimpie vir die
> nuwe SA, n'est-ce-pas? En die man verklaar:
> die mense wat armer word is, tagtig persent
> swart en twintig persent wit. Nou, as 'n mens
> aanneem dat minder as twintig persent van die
> SA bevolking wit is, dan maak dit mos sin dat
> net twintig persent van die witmense armer
> word. Al gehoor van statistiek, ou Johan? En
> het jy breintjie noual die verskil begin begryp
> tussen co-op en co-ed?

Jou Phd is nie in wiskunde of in statistiek nie, nie waar nie ? Gestel daar
is 'n sekere hoeveelheid mense wat armer word, noem dit X. 0.8X is swart en
0.2X is wit. Dit beteken nie dat 20% van alle wittes armer word nie ! Kom
ons plaas dit in perspektief. Neem aan dat, ag, sê 30% van die bevolking
besig is om te verarm. Uit SA se bevolking van 25 miljoen (?) sal dit dus
beteken dat daar 7.5 miljoen mense is wat verarm. As 20% van hierdie mense
wit is, uit 'n totale blanke populasie van 4 miljoen (?) beteken dit dat
daar 1.5 miljoen wittes is wat verarm. Dit kom neer op 'n syfer van 37.5%
van wittes in SA. Meer as die 30% van die totale bevolking. Dus is jou
gevolgtrekking nie geldig nie. As die syfer van totale persentasie van die
bevolking wat verarm as laer as 30% (sê 20%) geneem word, lyk die prentjie
anders: die hoeveelheid wittes wat verarm, as die 80-20 syfer nog steeds
gebruik word, is 1 miljoen, dws 25% van alle wittes. Ek hoop van harte dat
die totale hoeveelheid mense wat wel verarm baie laer is, hopelik onder 10%.

My syfers is grotendeels uit my duim gesuig, ek is nie seker wat die uitsleg
van die laaste sensus was nie, daarom het ek raaiskote geneem as syfers. Die
80-20 syfer neem ek uit Johan se boodskap waarop Gloudina so heftig
gereageer het. As enigiemand dalk beter syfers het, sal ek dit graag wil
sien.

Vriendelike groete

Henri-John

--
My views do not necessarily represent those of Telkom SA Ltd.
(or any affiliates).

H-J
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16240 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jul 1998 07:51:58 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Gloudien - miskien lees ek dit net mis, maar soos ek verstaan het Johan (wat
> in Amerika woon) met 'n Amerikaner (in Amerika) gepraat wat met 'n SA meisie
> getroud is. In die konteks van sy redevoering lei ek af dat hy verwys na die
> VSA, en sê dat daar 'n verskuiwing oor die laaste twintig jaar plaasgevind
> het waar jy met 'n gemiddeld meer welgestelde middelklas sit. In ander woorde
> - die wat wil werk in die VSA, word meer welgesteld. Die gaping in welstand
> tussen hulle en die wat nie wil werk nie word groter. Die res van sy
> redenasie oordie persentasie swart teenoor wit in die groepering wat nie wil
> werk nie, kan ek my natuurlik nie oor uitlaat nie. Dan gaan hy aan en sê dat
> hy twyfel of SA dieselfde sal kan doen (d.i. om diedie 'n soortgelyke
> groeiende gemiddelde welstandsyfer in die middelklasse te laat plaasvind). Sy
> stelling dat die gaping meer aan die arm kant plaasvind is nie 'n
> weerspreking nie , maar lini�re logika. Met ander woorde wat hy sê is as jy
> die hele middelklas op 'n lini�re skaal plaas, sal jy 'n laer
> populasiedigtheid kry in 'n sekere inkomstekategorie. Volgens hom het hierdie
> gaping in die populasiedigtheid het nou 'n hoër persentasie mense aan die
> welaf kant as twintig jaar gelede. Verder dui hy aan dat die bandwydte van
> hierdie laag gepopoleerde sone heelwat wyer is as twintig jaar gelede en dat
> die wat hulself aan die arm kant van hierdie sone bevind, die is wat nie wil
> werk nie.
>
> Ek hoop ek het dit op so 'n manier oorgedra dat dit jou sal kan help in jou
> soeke na waarheid, insig en uiteindelike verligting ;^}
>
> -Gideon-

Dankie Gideon - beter kon ek dit nie self gestel het nie!
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16241 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudien - miskien lees ek dit net mis, maar soos ek verstaan het Johan (wat
in Amerika woon) met 'n Amerikaner (in Amerika) gepraat wat met 'n SA meisie
getroud is. In die konteks van sy redevoering lei ek af dat hy verwys na die
VSA, en sê dat daar 'n verskuiwing oor die laaste twintig jaar plaasgevind
het waar jy met 'n gemiddeld meer welgestelde middelklas sit. In ander woorde
- die wat wil werk in die VSA, word meer welgesteld. Die gaping in welstand
tussen hulle en die wat nie wil werk nie word groter. Die res van sy
redenasie oordie persentasie swart teenoor wit in die groepering wat nie wil
werk nie, kan ek my natuurlik nie oor uitlaat nie. Dan gaan hy aan en sê dat
hy twyfel of SA dieselfde sal kan doen (d.i. om diedie 'n soortgelyke
groeiende gemiddelde welstandsyfer in die middelklasse te laat plaasvind). Sy
stelling dat die gaping meer aan die arm kant plaasvind is nie 'n
weerspreking nie , maar lini�re logika. Met ander woorde wat hy sê is as jy
die hele middelklas op 'n lini�re skaal plaas, sal jy 'n laer
populasiedigtheid kry in 'n sekere inkomstekategorie. Volgens hom het hierdie
gaping in die populasiedigtheid het nou 'n hoër persentasie mense aan die
welaf kant as twintig jaar gelede. Verder dui hy aan dat die bandwydte van
hierdie laag gepopoleerde sone heelwat wyer is as twintig jaar gelede en dat
die wat hulself aan die arm kant van hierdie sone bevind, die is wat nie wil
werk nie.

Ek hoop ek het dit op so 'n manier oorgedra dat dit jou sal kan help in jou
soeke na waarheid, insig en uiteindelike verligting ;^}

-Gideon-

>> Ja, ek het onlangs met 'n Amerikaner gesels wat met 'n Afrikaanse vrou
>> getroud is. Hy het my vertel dat hy dit kan agterkom as hy twintig
>> jaar gelede vergelyk met vandag. Waar daar eens 'n aneenlopende
>> spktrum armoede tot rykdom was, is daar nou 'n gaping besig om in die
>> middelklas te ontstaan - weliswaar nader aan die arm kant, sodat die
>> meerderheid populasie welaf word en 'n minderheid armer.

> Ou Johan, is jy so dig dat jy iemand aanhaal
> wat dinge sê wat teenstrydig is met jou opinies,
> en jy merk dit nie eens op nie? Die man sê "die
> meerderheid van die populasie word welaf en die
> minderheid armer." Nogal 'n pluimpie vir die
> nuwe SA, n'est-ce-pas? En die man verklaar:
> die mense wat armer word is, tagtig persent
> swart en twintig persent wit. Nou, as 'n mens
> aanneem dat minder as twintig persent van die
> SA bevolking wit is, dan maak dit mos sin dat
> net twintig persent van die witmense armer
> word. Al gehoor van statistiek, ou Johan? En
> het jy breintjie noual die verskil begin begryp
> tussen co-op en co-ed?
>
> Gloudina
>

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16242 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Ou Johan, is jy so dig dat jy iemand aanhaal
> wat dinge sê wat teenstrydig is met jou opinies,
> en jy merk dit nie eens op nie? Die man sê "die
> meerderheid van die populasie word welaf en die
> minderheid armer." Nogal 'n pluimpie vir die
> nuwe SA, n'est-ce-pas? En die man verklaar:
> die mense wat armer word is, tagtig persent
> swart en twintig persent wit. Nou, as 'n mens
> aanneem dat minder as twintig persent van die
> SA bevolking wit is, dan maak dit mos sin dat
> net twintig persent van die witmense armer
> word. Al gehoor van statistiek, ou Johan? En
> het jy breintjie noual die verskil begin begryp
> tussen co-op en co-ed?
>

Ek kan sien jy het beslis nie jou graad in wiskunde of logika gekry nie!
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16243 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jul 1998 09:12:38 GMT, bryni...@TheOffice.net (Bryan)
waffled:

> die land. Dit is vervelig! :o) Ek het my tyd in Indonesië baie meer
> geniet. Jy stap deur 'n vallei en skielik staan daar 100 arm
> kindertjies om jou. Elke een met 'n glimlag. Die helfte kaal, maar
> dit pla hulle nie, en dan moet jy maar tevrede wees dat hulle die
> volgende 5km agter jou gaan aanstap. Jy hardloop dan in die see in,
> met die 100 agter jou aan wat sommer op jou rug spring van pure
> plesier. Die aanhoudende gelag van die mense sal ek nooit vergeet
> nie. Hulle sê mos al hierdie "eiland-mense" is so vriendelik. Ek
> het vir die tolk gevra hoekom hulle so 'n 'fassinering' met ons
> groepie gehad het. Sy antwoord: hulle het omtrent 10 jaar laas 'n
> wit mens gesien.
Bryan, vertel asseblief meer stories en ervarings van jou stappery in
Indonesie - ek is lief vir hike, maar het nooi die guts gehad om na 'n
plek soos Indonesie of Nepal te gaan nie.
Jou vertelling is baie interesant!
...sommer net ek, Simon
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16244 is 'n antwoord op boodskap #16175] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 14:23:19 GMT, wrote:

> Ou Johan, is jy so dig dat jy iemand aanhaal
> wat dinge sê wat teenstrydig is met jou opinies,

Nog iets - hierdie ou het glad nie iets gese waarvan ek verskil nie!
Ek is maar 'n jaar in die VSA en weet nie hoe dit voorheen hier was
nie. Ek het bloot maar sy opinie herhaal en gbruik dit van nou af as
een van die insette wat ek het om my nuwe land beter te leer ken.
Hierdie ou het nie eers met my probeer redeneer nie - ek het hom bloot
gevra oor die gevoel wat ek hier kry van 'n beter verspreide
welvarendheid as in SA.

Gaan kots klaar op 'n ander plek, drink jou pille, gaan vir 'n session
met jou shrink en dan kom maak jy weer meer sinvolle plasings hier.

Ek begin nou stadigaan gatvol raak vir jou verdraaide en uitlokkende
strooi. Jy kan die besprekeing netso lewendig hou met sinvolle
besprekings (jy hoef nie altyd saam te stem nie).
Re: Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,... [boodskap #16317 is 'n antwoord op boodskap #16175] Wo, 22 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jul 1998 14:23:19 GMT, waffled:

> Ou Johan, is jy so dig dat jy iemand aanhaal
> wat dinge sê wat teenstrydig is met jou opinies,
> en jy merk dit nie eens op nie? Die man sê "die
> meerderheid van die populasie word welaf en die
>
Is jy nie die dig een wat nie kan sien dat 'n saak twe kante het
nie?!?!
...sommer net ek, Simon
Vorige onderwerp: Polisie begroting
Volgende onderwerp: Vooruitskouing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 12:26:56 MGT 2024