Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » bedstatistiek en ander nice dinge
bedstatistiek en ander nice dinge [boodskap #16096] Do, 09 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
toe kom dit so dat ek een sonnige wintersondagmiddag my kar omsmyt op 'n stil
sinkplaatpad tussen babanango en melmoth. nadat die plaaslike kubaanse doktor
en sy staf na die beste van hul vermoens en hul karige hulpmiddels na my
omgesien het, land ek toe in die ortopediese saal van milpark hospitaal. die
bedstatistiek was 'n interessante weerspieeling van trauma in ons kultuur.

4 koeelwonde
2 sportbeserings
1 motorongeluk

die koeelwonde het bestaan uit een kaping, een banksekuriteitsvoertuigroof,
een bakleiery, en een ou wat homself per ongeluk geskiet het. daar was geen
onderskeid tussen ras te make nie.

dankie aan mphiwa mdlalose wat by my ongelukstoneel gestop het, die aasvoels
van my kar af verwilder het, my hospitaal toe gebring het, gesorg het dat al
my besittings aan my terugbesorg word, en gereel het dat my kar (wat oor was
daarvan) ingesleep word.

mphiwa is die lyfwag van die speaker van die kwazulu natal parlement.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: bedstatistiek en ander nice dinge [boodskap #16097 is 'n antwoord op boodskap #16096] Do, 09 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ev...@sportspace.co.za writes:

> toe kom dit so dat ek een sonnige wintersondagmiddag my kar omsmyt op 'n stil
> sinkplaatpad tussen babanango en melmoth. nadat die plaaslike kubaanse doktor
> en sy staf na die beste van hul vermoens en hul karige hulpmiddels na my
> omgesien het, land ek toe in die ortopediese saal van milpark hospitaal. die
> bedstatistiek was 'n interessante weerspieeling van trauma in ons kultuur.

Vertel meer van die beserings.
Waar is Milpark? En Babanango
en Melmouth. Ek het vergeet of
hulle op die Noordkus of op die
Suidkus is.

> dankie aan mphiwa mdlalose wat by my ongelukstoneel gestop het, die aasvoels
> van my kar af verwilder het, my hospitaal toe gebring het, gesorg het dat al
> my besittings aan my terugbesorg word, en gereel het dat my kar (wat oor was
> daarvan) ingesleep word.
>
> mphiwa is die lyfwag van die speaker van die kwazulu natal parlement.

En dankie dat jy vir ons vertel van
Mphiwa Mdlalose. Veral sodat hulle
wat ore het kan hoor.

Gloudina
Re: bedstatistiek en ander nice dinge [boodskap #16131 is 'n antwoord op boodskap #16096] Sa, 11 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Jul 1998 21:12:27 GMT, wrote:

Waar is Milpark? >>[/color]

Daar is een in Bobbejaansberg (he,he...Johannesburg, my geliefde
stad). Is dit die een?
En neem aan die een was in Natal.

Nou die dag in Beeld was daar n brief van 'n swart antie wat geskryf
het sy en haar pals was na n kerk-saamtrek in die nag op pad terug
Soweto toe toe hulle kar gaan staan het.

n Wit man en sy meisie in 'n Audie het hy hulle gestop, verneem wat
verkeerd is en vir hulle gaan petrol koop en toegesien dat hulle aan
die ry kom.
Vorige onderwerp: "Soebatsfontein" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: TV Nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 14:13:09 MGT 2024