Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Johan en sy uit die mode gifpyle
Johan en sy uit die mode gifpyle [boodskap #15267] Do, 28 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >
En hoekom hoor ons
>> nou net van die seksuele manewales?
>> Wonder wat die ou agendatjie is.
>
> ... mense doen dit deesdae nog, Gloudina ...

Tannie het in haar lang lewe uitgevind
dat mense wat knaend oor seks PRAAT, die
is wat moeilikheid het in die seks
department. Die wat nie kan doen nie,
praat.

>
> ..Drink jou pille, drink jou pille ...! Jy yl.

Johan, ek drink geen pille nie. Maar
jou gepraat van "pille" is natuurlik
n poging te vind om te beledig. Jy
is so passe. Die era toe mans gepraat
het van vrouens wat sekere tye van die
maand uit aksie is, en mense wat "pille"
moet drink, is verby, saam met 'n ander
klomp ou male chauvinist pig sêgoed.
Jy dateer jou net deur so te praat. Net
soos ek my sal dateer as ek wonder of
jy nou deur die male menopause gaan, en
of jy dalk ook pille drink. Word wakker,
jy lewe nie meer in die male chauvinist
droom van 'n paar dekades gelede nie.En
ek hoop jy praat nie met soveel minagting
met ander vroue as wat jy hier op die
nuusgroep openbaar nie.

Gloudina
Re: Johan en sy uit die mode gifpyle [boodskap #15268 is 'n antwoord op boodskap #15267] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina en Johan, jullie praten steeds over "pille drink". Is dat de
gangbare uitdrukking voor "je pillen innemen"? Of bedoelen jullie iets
anders?

In het eerste geval vraag ik me wel af wat jullie met zetpillen doen ;-)

Groeten,
Arthur
Re: Johan en sy uit die mode gifpyle [boodskap #15269 is 'n antwoord op boodskap #15267] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> In het eerste geval vraag ik me wel af wat jullie met zetpillen doen ;-)

Foei, Arthur ! :-)

Hilda.
Re: Johan en sy uit die mode gifpyle [boodskap #15270 is 'n antwoord op boodskap #15267] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hilda heeft geschreven...
>> In het eerste geval vraag ik me wel af wat jullie met zetpillen doen ;-)
>
> Foei, Arthur ! :-)
>
Mijn excuses, Hilda. Ik kon het even niet laten ;-)
Re: Johan en sy uit die mode gifpyle [boodskap #15325 is 'n antwoord op boodskap #15267] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 May 1998 14:53:18 GMT,  wrote:

>>  ..Drink jou pille, drink jou pille ...!  Jy yl.
>
>           Johan, ek drink geen pille nie.

.... dis dalk die probleem .....!

>           Maar
>           jou gepraat van "pille" is natuurlik
>           n poging te vind om te beledig. Jy
>           is so passe.

... ag net so ligweg bietjie die draak steek.  (Is dit wat die passe
van jou beteken??)  Help - ek ken dit nie - my ma het my na matriek
uit die skool gehaal.

>  Die era toe mans gepraat
>           het van vrouens wat sekere tye van die
>           maand uit aksie is, en mense wat "pille"
>           moet drink, is verby, saam met 'n ander
>           klomp ou male chauvinist pig sêgoed.

...haai sies - en net hier bo kritiseer jy die gepraat oor seks en
sulke slaapkamerdinge en nou is dit jy wat dit hier so opblaas.  Kom
ek help jou maar jou reg voor jy iets verkeerd sê.   Ek het nou meer
eintlik pille soos BobMartins in gedagte gehad om jou te help om jou
gedagtes bymekaar te trek.   Asseblief jong, kom ons bly bo die belt -
ons kan maar so oor en weer redekawel, maar ek gaan ernstiger raak en
jou bloot ignoreer as jy weer so laag daal soos hierbo.

Dames se siklusse het GEEN PLEK OP 'n NG SOOS HIERDIE NIE!!

>           Jy dateer jou net deur so te praat. Net
>           soos ek my sal dateer as ek wonder of
>           jy nou deur die male menopause gaan, en
>           of jy dalk ook pille drink.

Wanneer doen 'n mens dit???  Laat weet - ek het nog nie oor die soort
van ding gelees nie.  Ewenwel, kom ons stel dit sagkens - ek dink ek
is dalk ietwat jonger as jy .... ek hoop!

>  Word wakker,
>           jy lewe nie meer in die male chauvinist
>           droom van 'n paar dekades gelede nie.

...o man, jy moet net my mooi drome met my kon deel!  Man, jy sal my
nie glo nie, maar in my drome staan al die dames op sulke voetstukke
en by elk is sulke Adonisse besig om hulle lof te sing.  En, man,
hulle almal bedank my omdat ek hulle so goed laat behandel!

>    En
>           ek hoop jy praat nie met soveel minagting
>           met ander vroue as wat jy hier op die
>           nuusgroep openbaar nie.

As jy meer gereeld die BobMartinsse neem sal jy onthou ek het al vir
jou gesê dat eerbied en respek verdien word ... jy kan dit nie eis
nie.  Is maar 'n wedersydse ding - moet net nie dink ek gaan kruip om
JOU respek te probeer verdien nie - ek sien sommer die minagting in
jou skrywe, maar nou ja, ek kan nie help vir jou lewenshouding nie.
Jy moet maar self in die bed slaap wat jy opmaak.

>
Kom ons wees meer positief, man, dit sal soveel lekkerder wees - ons
hoef nie met mekaar saam te stem nie, maar kom ek wees nou maar die
minste en sê dat ek sal probeer respekte toon al verdien jy hom nie
altyd nie.
Re: Johan en sy uit die mode gifpyle [boodskap #15326 is 'n antwoord op boodskap #15267] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 May 1998 21:37:02 +0200, "Arthur Hagen" wrote:

> Gloudina en Johan, jullie praten steeds over "pille drink". Is dat de
> gangbare uitdrukking voor "je pillen innemen"? Of bedoelen jullie iets
> anders?
>
> In het eerste geval vraag ik me wel af wat jullie met zetpillen doen ;-)

.. net waarvoor dit ontwerp is - ek hoop julle ook!!!

>
> Groeten,
> Arthur
>
>
Nou raak die paaartie rof - soos my pa altyd gesê het !
Arthur, pille drink is maar net die solliede medikasie met 'n sluk
water afsluk.

As jy regtig van die "ander" pille wil weet, moet jy maar 'n mediese
nuusgroep soek!! My ouma het altyd die deur toegetrek as daar met
daai pille gewerk word. Selfs die woord was half taboe.
Vorige onderwerp: Re: FLOU NUUSGROEP
Volgende onderwerp: tyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 21:46:07 MGT 2024