Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE VINNIGE KAMELE VAN AUSTRALIE.....
DIE VINNIGE KAMELE VAN AUSTRALIE..... [boodskap #15023] Do, 21 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Soos julle seker weet, is daar woestynkamele in die Australiese outback
wat lank gelede deur mense van die Arabiese lande ingevoer is.
Deesdae word hul meer gebruik vir plesierritte deur toeriste.
Maar daar is ook 'n ander gebruik:

Elke dag word kamele vol elektrone gelaai (dis nou E-Mail elektrone)
om deur die outback te ry tussen Sydney en Perth ens.
Dit is nog steeds al manier van kommunikeer hier wat E-mail betref
daarom is dit so stadig (die Aussies is maar partykeer agter die
klip...)
Die kamele wat van Sydney af kom dra ligter as die van Perth,
want daar is meer nulle as ene in hul E-pos (van al die kakpraat daar).
Dis 'n baie lang en droe pad, want dit gaan deur die outback
en reg onder die gat in die osoonlaag verby.
Dis dan wanneer die ouens moet gat skoonmaak om vinnig verby te gaan,
want die son bak die elektrone daar so hard dat party in protone
verander.
En as 'n nul in 'n een verander, dan neuk dit jou E-mail op.

Daar word vertel dat een van die SA immigrante wat hier
aangekom het, 'n Vannermerwe, 'n manier gekry het om die kamele
vinniger deur die outback te laat hardloop.
(Hy maak nou baie geld, want sy E-mail is nou al amper so
vinnig soos pos wat per boot gestuur word)
Toe een van die koerante hom vra hoe hy sulke super-vinnige
kamele het, het hy verduidelik dat sy geheim eintlik is om hul
baie meer water te laat drink. Dan het hul meer uithouvermoe.
En die manier om dit te doen is as volg:
Jy tel twee klippe op en volg die kamele as hul gaan water drink.
As hy dan sy bek in die water steek en begin drink,
en hy het amper klaar gedrink, kap jy die kameel se ballas hard tussen
die twee klippe. Soos die kameel snak en hyg na asem van die skok,
suig hy sommer water in ook, sommer baie meer water !

"Is it not extremely painfull?" vra die Aussie toe.
"Nee, waarom?", seg Vannermerwe,
"...net as my duime tussen die twee klippe beland".

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: DIE VINNIGE KAMELE VAN AUSTRALIE..... [boodskap #15158 is 'n antwoord op boodskap #15023] Ma, 25 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , gal...@ozemail.com.au says...
>
> "...net as my duime tussen die twee klippe beland".
>

Dankie Galjoen
Dis vir juweeltjies soos hierdie dat ek vir dae lank 'Ignore' druk op die
ander kak wat hier verskyn.

John
Vorige onderwerp: Algemeen Beskaafde Afrikaans?
Volgende onderwerp: afrikaanse wynen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:32:24 MGT 2024