Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Algemeen Beskaafde Afrikaans?
Algemeen Beskaafde Afrikaans? [boodskap #15142] So, 24 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:
>
> De term "zielkundig" wordt in Nederland niet vaak gebruikt. Er wordt meestal
> gesproken van psychisch. Is een psychiater in het Afrikaans dan een
> "zielkundige"?

Ek dink in Afrikaans sal ons die term "psigiater"
gebruik vir iemand wat 'n praktyk het, met nog
gewoonlik ook 'n mediese graad, en wat mense dan
behandel. Die term "sielkundige" het 'n wyer
betekenis. Dan is daar ook nog die "psigoloog"
(ongeveer die Engelse psychologist.)

Je spreekt wel over medische aandacht, waarom wordt daar dan
> niet geneeskundige aandacht gebruikt? Of betreft het in beide gevallen
> persoonlijke voorkeuren? Medicus of geneesheer?

"medies" is meer alledaags, "geneeskundig" meer
hoogdrawend. Mens praat nie so maklik van 'n
medikus nie, geneesheer is ook bietjie hoog-
drawend. Meestal is dit sommer doodeenvoudig
"dokter." "Ek gaan dokter toe." "Ek studeer
vir dokter."
>
> Wanneer ik het over taal in "Nederland" heb, doel ik meestal op ABN
> (Algemeen Beschaafd Nederlands); in bepaalde streken hoeven mijn beweringen
> niet te gelden. Bestaat er ook een ABA? Zo ja, waar wordt dat dan "van
> nature" gesproken? Voor ABN ligt het "hart" volgens mij ergens in de buurt
> van Haarlem.

Sover ek weet, bestaan daar nie 'n
ABA (Algemeen Beskaafde Afrikaans)
nie. Sedert Afrikaans as aparte taal
verklaar is, was daar 'n Akademie
wat taalbesluite geneem het. Ek weet
nie wat die toestand op die oomblik
is nie. Ek sal probeer om iemand in
Suid-Afrika te kry om hieroor te
skryf.

Gloudina
Re: Algemeen Beskaafde Afrikaans? [boodskap #15143 is 'n antwoord op boodskap #15142] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Ek dink in Afrikaans sal ons die term "psigiater"
> gebruik vir iemand wat 'n praktyk het, met nog
> gewoonlik ook 'n mediese graad, en wat mense dan
> behandel. Die term "sielkundige" het 'n wyer
> betekenis. Dan is daar ook nog die "psigoloog"
> (ongeveer die Engelse psychologist.)

In Afrikaans: "psigiater" is 'n mediese dokter (die uitgang "-giater" kom
van die Griekse "giatros" = mediese dokter - "giatros", op sy beurt, kom van
"higea" wat "gesondheid" beteken, en wat ons het in die woord "higiëne") wat
spesialiseer in die psigiatrie. Die implikasie (en, sover ek weet die
praktyk) is dat hierdie mense hulle beperk tot die behandeling van
patologiese psigiese toestande (geesteskrankheid)

"Sielkundige" (="psigoloog") is iemand wat _nie_ 'n mediese dokter is nie,
maar wat by die mediese en tandheelkundige raad geregistreer is om in die
sielkunde te praktiseer. Sulke mense sal dikwels ook sommige patalogiese
toestande behandel ('n kliniese sielkundige) maar kan 'n veskeidenheid ander
dienste lewer - voorligtingsielkundiges, opvoekundige sielkundiges,
bedryfsielkundiges, ens.

> Sover ek weet, bestaan daar nie 'n
> ABA (Algemeen Beskaafde Afrikaans)
> nie. Sedert Afrikaans as aparte taal
> verklaar is, was daar 'n Akademie
> wat taalbesluite geneem het. Ek weet
> nie wat die toestand op die oomblik
> is nie. Ek sal probeer om iemand in
> Suid-Afrika te kry om hieroor te
> skryf.

Die term "algemeen beskaafde Afrikaans" (ABA) word wel gebruik, en verskeie
definies word voorgehou (tipies: "daardie Afrikaans wat deur
Afrikaanssprekers, die media, ens erken word as goeie Afrikaans"). In die
praktyk sou ek reken dis die Afrikaans wat deur die ou SAUK gebruik is -
m.a.w. die dialek wat in Pretoria en die grootste deel van die voormalige
Transvaal gepraat word (uitgesonderd Meisieshoër :-)

Deesdae is dit nie meer politiek korrek om van ABA te praat nie, dink ek.
Die in ding is nou om alle dialekte en streekuitsprake as ewe aanvaarbaar te
beskou. Dit is nou moontlik om die nuus op die SABC te lees met 'n brei uit
die Overberg of die Swartland.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Was Verwoerd 'n Afrikaner?
Volgende onderwerp: DIE VINNIGE KAMELE VAN AUSTRALIE.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:15:43 MGT 2024