Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boere moord
Boere moord [boodskap #14936] Di, 19 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die volgende teks is elektronies uitgehaal uit die Dinsdag uitgawe van Beeld 1998 dit is geskryf deur Michelle Pieters (Misdaadverslaggewer)

BEELD kan op die internet gekry word by www.ebeeld.co.za

_______________________

Die moorde op wit boere en hul gesinnesal voortgaan tensy Apla lede deur die regering uit tronke gelaat word. Dit is die strekking van een van twee briewe wat moordenaars gelaat het op die toneel waar 'n boer, en sy vrou met vermoedelik 'n ysterstaaf in hul plaashuis in die Rustenburg omgewing doodgeslaan is. Die bebloede lyke van mnr. Don Delafield (65) en sy vrou, Verina

(52), is Sondag oggend deur mnr. Boet Kloppers (73), mev. Delafield se pa, op die plaas LeeuwPoort naby Rustenburg, gevind. Hulle is vermoedlik Saterdagmiddag tussen eenuur en vieruur vermoor.

Twee briewe wat met bloed besmeer was, is in die slaapkamer en die sitkamer gevind. Die poIisie wou geen kommentaar op die briewe lewer nie en het gese die inhoud is "sensitief".

Intussen het biskop Stanley Makgoba, PAC,president, aan Beeld gese hy veroordeel die moorde ten sterkste. Die PAC distansieer hom daarvan. Dit is moontlik dat die moordenaars Apla-lede was, maar dit is nie in ooreenstemming met die Party Beleid nie. Hy bet gese die moordenaars kan dalk mense wees wat hull voordoen as Apla-lede. Ons bestempel boere as kosbaar en is bereid om hulle te help waar ons kan.

Ontstoke boere in die omgewing het egter gese die boeregemeenskap word uitgemoor slegs omdat hulle wit is. Kloppers het vertel hoe hy op sy oudste dogter en skoonseun se lyke afgekom het. Die egpaar se plaashuis is sowat 60 m van die van

Kloppers. Mnr. Delafield het Saterdagmiddag rugby gekyk. Die televisie se klank was baie hard omdat hy hardhorend is. Sy vrou bet 'n koerant gaan koop. Hul aanvallers bet hulle vermoedelik dopgehou en agter die huis oor 'n hoe draadheining gespring. Mnr. Delafleld is in die sitkamer oorval. Sy moordenaars het sy bebloede lyk tot in die gang gesleep en , 'n kombers daaroor gegooi.

Volgens sers. Erica Changuion, 'n polisiewoordvoerder in Noordwes, het die moordenaars mev. Delafleld ingewag. Hulle het in die tyd 'n bottel whisky uitgedrink en hul sigaretstompies in die mat doodgetrap. Toe mev. Delafleld by die huis opdaag, is sy met sykouse en dasse vasgebind voordat sy met dieselfde

ysterpyp herhaaldelik oor die kop geslaan is. Sy is ook vermoedelik verkrag.

Volgens Kloppers het hy Sondagoggend onraad vermoed omdat sy dogter nie ouder gewoonte voor kerk by hom opgedaag het nie. Hy is na hul huis waar die egpaar se

aggressiewe hond bedwelm was. "Ek bet eers my skoonseun in die gang gekry. In die kamer bet ek my dogter aangetref. Ek het net die kombers effens opgelig. Ek was nie mans genoeg om na haar gesig te kyk nie. Daar was bloed die hele wereld vol" het Kloppers gese. Hy gaan nou sy familieplaas, waarop hy reeds byna veertig jaar boer, verkoop.

"Ek loop nou met my rewolwer in my sak. Die eerste d_ _ _ _r wat net skeef na my kyk, skiet ek," het Kloppers gese.

Volgens die polisie het die moordenaars met 'n haelgeweer en 'n klein kaliber pistool gevlug. Die haelgeweer het hulle by die draad gelos toe 'n skoot vermoedelik afgegaan het. Niks anders word ver mis nie.

_______________________

2 Mense dood vir 'n bottel Whisky, 'n pistool en die geleentheid om iemand seer te maak... Nou is daar tientalle boere wat bedreig voel. Dit sou my nie verbaas as hulle na enige bossie wat beweeg skiet nie. Hier kom nog groot marakas.

ALLE DANK AAN BEELD VIR 'N GOEIE BERIG.
Re: Boere moord [boodskap #14991 is 'n antwoord op boodskap #14936] Wo, 20 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , cybe...@netcafe.co.za says...
>
> Intussen het biskop Stanley Makgoba, PAC,president, aan Beeld gese
> ....
> Ons bestempel boere as =
> kosbaar en is bereid om hulle te help waar ons kan.
>

Komende van die organisasie wat Suid-Afrika geseën het met die slagspreuk
`Kill the farmer, Kill the Boer'.

---
John
Vorige onderwerp: threads
Volgende onderwerp: DIE DOOD: Die laaste woord.........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 16:34:25 MGT 2024