Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark
Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark [boodskap #14120] Di, 28 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Vanaf 2 Oktober 1998 word die Kalahari Gemsbokpark en sy eweknie in Botswana
een park, en sal bekend staan as die Kgalagadipark, en gesamentlik bestuur
word deur bewaringsowerhede van die twee lande, is verlede week bekend
gemaak.

Die park sal 37 991 vk km groot wees (Kruger Wildtuin 19 458), en dit word
beskou as 'n mylpaal in die skepping van parke oor landsgrense heen. Nog ses
sulke tipe parke word beoog in Suider Afrika, waarvan die kroonjuweel 'n
park sal wees bestaande uit die Kruger Wildtuin, Banhine in Mosambiek,
Gonarhezou in Zimbabwe, en die verbindingsgebiede tussen hulle. Hierdie park
sal 95 712 vk km groot wees.

In nog 'n verwikkeling, word beoog om die Mata-Mata hek tussen die
Gemsbokpark en Namibie" later vanjaar te heropen. Om te verhoed dat die park
bloot 'n deurgangsroete word, sal daar minstens 2 nagte in die park geslaap
moet word.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark [boodskap #14139 is 'n antwoord op boodskap #14120] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Moet ouens met hierdie soort taalgebruik nie maar geboikot word nie!?! Ek
stel voor dat niemand van nou af op hulle reageer nie...

Secret Squirrel wrote in article
...
> Jissis , dis NGkakGkak NNaam
>
> Squirrel
>
Re: Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark [boodskap #14180 is 'n antwoord op boodskap #14120] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
daniel[1]  is tans af-lyn  daniel[1]
Boodskappe: 7
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...
> Moet ouens met hierdie soort taalgebruik nie maar geboikot word nie!?! Ek
> stel voor dat niemand van nou af op hulle reageer nie...

Een ding wat my meer grief as mense wat kru taal gebruik is mense wat hulle
gedwing voel om te sensor wat ander lees.

My 2c

Daniel
Re: Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark [boodskap #14181 is 'n antwoord op boodskap #14120] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
daniel wrote in article
...
|
| Johan wrote in message ...
| >Moet ouens met hierdie soort taalgebruik nie maar geboikot word nie!?!
Ek
| >stel voor dat niemand van nou af op hulle reageer nie...
|
| Een ding wat my meer grief as mense

... wie is die "mense" Daniel, wees meer spesifiek dan bespreek ons dit 'n
bietjie. Voel jy jouself nie vry om enige iets op die NG te lees nie?

wat kru taal gebruik is mense wat hulle
| gedwing voel om te sensor wat ander lees.
|
| My 2c
|
| Daniel
|
|
|
Vorige onderwerp: Radio Hoeveld weier Afrikaanse advertensies
Volgende onderwerp: Re: Oos, Wes, Tuis bes? Nie altyd nie!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 15:24:19 MGT 2024